|
PAARL POST
Vakature: Joernalis
Paarl Post, een van die toonaangewende gemeenskapskoerante en wenner van die Cronwright Trofee vir Beste Gemeenskapskoerant in Suid-Afrika in 2002, het 'n vakature vir 'n jong, dinamiese en energieke, tweetalige joernalis met 'n toepaslike tersiêre kwalifikasie.
Die persoon in hierdie pos is verantwoordelik vir die volgende:
* Versamel van nuus en akkurate inligting oor gebeure in die groter Drakensteingebied.
* Die skryf van gebalanseerde berigte en artikels oor gebeure (in Engels en
Afrikaans).
* Die neem van kwaliteitfoto's geskik vir publikasie.
* Die uitbou van goeie verhoudinge met die gemeenskap van Drakenstein deur puik interpersoonlike vaardighede.
Die ideale kandidaat is iemand met minstens drie jaar ondervinding in joernalistiek of 'n verwante tersiêre graad of diploma. Die persoon moet die vermoë hê om onafhanklik te werk, asook in 'n span, onder voortdurende spertyddruk, met onreëlmatige ure.
Tikvaardighede en rekenaargeletterdheid is 'n vereiste. Die kandidate moet ook oor 'n geldige Kode 8-bestuurderslisensie beskik en moet toegang hê tot 'n eie voertuig vir werksdoeleindes.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste bied die maatskappy 'n mededingende pakket wat lidmaatskap van die pensioenfonds en mediese fonds insluit.
Belangstellende persone word versoek om hul CV te faks na die Redakteur by (021) 872-9280 of e-pos te stuur na edit@ppost.co.za voor 17:00 op Woensdag 20 Augustus. Geen laat CV's word aanvaar nie. Mense wat nie teen 22 Augustus gekontak is nie, kan aanvaar dat hul aansoek nie geslaag het nie.
Ingevolge Paarl Post Pty Ltd se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word. |