ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 7 October 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 14 October  2004 at 17:30

 Letters - Briewe

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Die stryd van 'n gestremde persoon

[ Top ]


ONS is net dieselfde - die enigste verskil is dat jy al jou ledemate het, en ons nie. 

Ons wil ook graag dinge doen soos julle doen- bergklim, fietsry, valskermspring, duik, hokkie speel - maar vir sommige van ons is dit nie beskore nie. 

Nie ons almal kan prosteses dra nie, rystoele kan nie oral in nie, want daar is nie voldoende opritte nie.

En as jy na die museum gaan op krukke, omdat jy 'n bobeen- amputasie gehad het- en jy gly op 'n gladde vloer en val, hoor jy net van die personeel wat daar werk "Ja, daar het al hoeveel mense geval!" Nie 'n hand wat uitgegee word om jou op te help nie, wat nog te praat van die vernedering!

Ons het nie gevra om so te wees nie, maar God het 'n doel en 'n plan met elkeen van ons se lewens.

Ons het miskien 'n ledemaat of twee verloor, maar ons breins makeer niks.

Sommige van ons is so gebore, ander deur ongelukke, en ander deur 'n dokter se nalatigheid maar dit daar gelaat.

Dankie dat God mense soos wyle dr Piet Rens op die aarde geplaas het, so nederig was hy, en altyd dieselfde.

Altyd 'n helpende hand uitgereik om te help en 'n oor om te luister. Soms kon hy niks doen nie, maar hy was altyd daar.

Niks was ooit vir hom en sy gesin te veel nie.

Gestremdes is ook mense, ons wil ook dinge soos gewone mense doen, maar soms kan ons nie by 'n fliek, restaurante en ander plekke uitkom nie, want daar is nie fasiliteite vir ons nie.

Baie kere moet ons wag vir mense op 'n sypaadjie, maar word gestamp deur dié wat verby wil kom.

Om oor die oop pad te loop, is 'n nagmerrie, want sommige mense dink die Hoofstraat is 'n resiesbaan.

Dinge wat julle as vanselfsprekend aanvaar, vind ons moeilik.

Dankie vir vriende en mense wat omgee. Soms 'n glimlag, soms 'n mooi woord. Gee ons ook asseblief net 'n kans, sien ons raak - as mense, nie gestremdes nie!

Nicky Dickinson


Bure en katte

[ Top ]


DIE bure om u wat so baie katte het behoort aangevat te word, nie die katte nie. Katte en honde (verwys na brief in die Paarl Post "Mense gee nie om vir hul honde nie") sal aanteel as hul eienaars nie vir hulle laat steriliseer nie.

Dis die eienaars se plig om toe te sien dat hul diere nie onbeheerd aanwas nie.

Die feit dat die kat kos in die huis geeët het, is ook 'n teken van verwaarlosing en swak versorging aan die kant van die eienaar.

Ek wonder hoe is die kat verwilder? As dit op die regte manier gedoen word, sal hy/sy nie gordyne beskadig nie.

Katte is baie skoner as honde, hulle het die ordentlikheid om hul afvalstowwe te begrawe.

Katreuke is net dié tyd van die jaar ernstig - dis paartyd. 'n Mens kan die reuke verwyder met die regte produkte.

Ek wens met my hele hart dat mense sal omgee vir die diere wat hulle by hulle inneem. Dan sal daar minder probleme wees vir hulle en die bure om hulle.

Plek vir almal


Lees weer padreëls

[ Top ]


MOTORRYERS van Mbekweni en Van Wyksvlei na Paarl wat gebruik maak van die robot in Jan van Riebeeckweg, moet asseblief hul padreëls weer lees.

 Die motorryers wat van Newton na Paarl reis, het voorkeer op altwee bane wat Paarl toe gaan.

Dit beteken, as jy van Mbekweni en Van Wyksvlei reis, moet jy wag vir die motoriste van Newton om eers hul baan te kies en daarna kry jy die kans om te ry.

Ek hoop u verstaan die eenvoudige padreël om ongelukkle te vermy.

J Lawrence


Dankie vir hulp

[ Top ]


EK wil graag die inwoners van S Francislaan and St Petrielaan in die Paarl bedank vir hulp met die ongeluk waarin my seun, Johan Ackerman, op Maandag 28 September betrokke was.

My opregte dank ook aan die ambulans en die SAPD vir hul flinke optrede.

Ek wil ook graag in verbinding tree met Brian Shaw.

Jan Ackerman 083-533-0033


So spaar ons water

[ Top ]


OP Saterdag 25 September teen skemeraand het 'n waterpyp in Foxglovestraat gebars. Dis nie juis 'n buitengewone gebeurtenis hier by ons nie en baie huise en tuine is al die afgelope paar jaar oorstroom as gevolg van gebarste waterpype.

Wat wel hierdie keer buitengewoon was, is dat ons onmiddellik 'n 100% waterbesparing in die buurt gekry het. Geheel en al geen water vir bad, tande borsel, toilette, skottelgoed en so meer nie! Want sien, ons nooddienste werk skynbaar nie meer na ure nie.

Die hoofwaterleiding word net sonder kennisgewing toegedraai, die werkers verdwyn en daar sit jy! Eers teen 09:30 op Sondagoggend, 14 uur later, het ons weer 'n lekseltjie in die pype gekry.

Nou wonder ek net of daar nie aan al die nie-noodsaaklike uitgawes van Drakenstein Munisipaliteit (skootrekenaars, selfone, nuwe ampsmotors, buitensporige salarisse vir ampsdraers, ens) besnoei kan word om verswakte waterpype te vervang nie.

Dalk kan die Munisipaliteit ook sommer geldjies bymekaarmaak om die klep teen Jan Phillipspad wat die afgelope 26 jaar elke somer byna maandeliks die gees gee en miljoene liters water laat wegloop, te vervang.

Terloops, ons ken daardie klep, want die water stroom elke keer agter ons huis verby en as ons nie elke keer die menere in die grys paleis laat weet nie, sal die damme sommer maklik leegloop!

Ansie Borman
AS Borman


Ek groet graag

[ Top ]


DANKIE vir die bevestiging van my gevoel (Ook inwoners, Paarl Post 30 September). 

Lyk my Oranjestraat het uiters gevoelige inwoners.  Die feit dat daar nog troeteldiere doodgery word, is blykbaar nie van belang nie, want dit lyk nie asof daar iets gedoen word aan die feit dat Kyalami geskuif het nie, aangesien almal nog sover kla oor dieselfde ding.

 Groet? Ek mag dalk een of twee drawwers of stappers gemis het, maar ek is grootgemaak dat as daar nuwe intrekkers is, 'n mens jouself kom bekend stel en kom kennis maak.

 Aangenaam. Ek is Anneke van Oranjestraat.  Jammer ek het nie gegroet nie - sal my bes doen volgende keer.

Anneke Marais-Cilliers, Oranjestraat 15


Honde se beste vriende

Editorial

[ Top ]


DIE werkers van die Dierebeskermingsvereniging sê mens raak later gewoond daaraan - aan die kermende honde wat ly aan brandsiek, aan die maer, uitgeteerde lyfie van 'n dier met stoppelhare plek-plek uitgeval. Aan smekende oë.

Vir hulle is dit net nog 'n dag se werk om in haglike omstandighede 'n hond uit sy pyn en lyding te moet gaan red.

Dit is die gesigte waaraan joernaliste blootgestel word, soos wat hierdie week die voorland van 'n Paarl Post-verslaggewer was. Beelde wat spook.

Ironies genoeg was dit die misdaadverslaggewer wat gereeld op moordtonele kom, en dus skynbaar gewoond moet wees aan hartseer en trauma, wat so geraak is deur die lot van die diere wat sy gesien het.

"Sluit hulle op", wil-wil die eerste reaksie van diereliefhebbers wees.

Tog wil die DBV eerder die mense van Drakenstein leer hoe om met die minimum geld, goed vir hulle diere te sorg. Of hoe om die opsie te kan uitoefen om nié troeteldiere aan te hou as hulle nie die middele of geduld het om vir hulle te kan sorg nie.

Dit is nie 'n maklike werk wat die DBV-helpers het nie. Hulle word geskel, gevloek en selfs gebyt. Daarby doen sommige hierdie liefdestaak vrywillig om vir 'n paar oomblikke 'n bietjie liefde te kan gee aan van die dierewêreld se mees onversorgdes.

En geld maak uit hul dienste gaan hulle nooit nie - nie as hulle R1 vra om mense te leer hoe om hul honde te bad nie! Daarby is die fondse wat tot hul beskikking is, maar nog altyd bra skraps gewees.

Soos reddingswerkers en lede van die SAPD is dit 'n baie spesifieke soort persoon wat besluit om 'n DBV-samaritaan te word. En soos hul kollegas in die nood- en beskermingsdienste, staan hulle nie gewoonlik voor in die koor as erkennings en trofees uitgedeel word nie.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]