|
OUERS in Paarl-Oos en Mbekweni is omgekrap oor die gebrek aan ruimte vir graad 8 en 9 leerders vir 2005.
Ouers en hul kinders, wat nie plek vir 2005 gekry het nie, sal op Vrydag 15 Oktober by die Huguenot Gemeenskapsaal byeenkom, sodat die Obos die leerders kan inskryf by skole waar daar plek is.
Die ouers het 'n memorandum aan Jannie Beukes van Obos gerig, waarin hullle eis dat:
* alle leerders wat nie geakkommodeer kan word naby hul woongebiede nie, by skole in Paarl-Wes ingeskryf word, waar daar wel plek is.
* die Departement, in oorleg met die skole in Paarl, skoolfooie bekostigbaar maak vir alle ouers.
* die Departement, in oorleg met die skole in Paarl-Wes, alle toevallige finansiële kostes eers met die betrokke ouers uitklaar.
* die Departement, waar noodsaaklik, voorsiening maak vir busvervoer vir leerders wat meer as 5km van die skole woon.
* die Departement verseker dat enige personeeluitbreiding wat die skole in Paarl-Wes geval, voorsiening maak vir die aanstelling van opvoeders wat die demografie van die leerders reflekteer.
Verder eis die ouers dat enige oplossing wat die Departement aanbied, moet inpas by die breë visie vir toekomstige onderwysbestuur in die omgewing. Kitsoplossings is onaanvaarbaar.
"Die Departement moet aan ons 'n toekomstige plan voorlê wat in die behoefte van al ons kinders in die vallei voorsien, veral in terme van die nuwe VOO band. Alle kinders het die reg tot kwaliteit onderwys. " |