|
Melanie Nieuwoudt van Hoërskool La Rochelle het 'n brons medalje by die nasionale byeenkoms gewen vir haar landbouwetenskaplike projek wat kunsmatige inseminasie van kleinvee vergelyk met natuurlike bevrugting.
Die drie was onder die vyftien projekte uit die Stellenbosch-streek (Boland, Weskus en Overberg) wat na Pretoria gereis het vir die nasionale byeenkoms waar byna 500 inskrywings deur belowende, jong wetenskaplikes van regoor die land meegeding het vir medaljes en spesiale trofees.
Al vyftien projekte het medaljes ontvang, terwyl spesiale pryse aan twee projekte (onder wie Keascher en José se projek) uit die streek toegeken is.
Vier leerders sal ook die streek op internasionale vlak verteenwoordig by expo's in Swede en Chile.
Volgens 'n trotse Erika Hoffman van die Instituut vir Wiskunde en Wetenskap Onderwys (IWWOUS) van die Universiteit van Stellenbosch, wat die groep leerders vergesel het, is dit die beste wat die Stellenbosch-streek nog by die nasionale byeenkoms gedoen het.
Die onlangse streeksuitdunne is gereël deur IWWOUS en die US se Fakulteit Natuurwetenskappe.
Die Expo bied jaarliks aan jong wetenskaplikes op skoolvlak die kans om hul staal te toon met uitvindings, ontwerpe en navorsing in 24 verskillende wetenskaplike kategorieë. |