|
ADMINISTATIEWE BEAMPTE
APPLOM PAKHUISSTELSELS BK,
'n onderneming in die Paarl, het tans 'n vakature vir 'n administratiewe beampte. Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om oor die volgende vaardighede te beskik en die volgende funksies te vervul:
Rekenaarvaardigheid en kennis van PASTEL.
Algemene boekhouding, insluitende debiteure en krediteure. Lone en salarisse, sowel as die indiening van alle statutêre opgawes. Algemene kantooradministrasie.
Die salaris is onderhandelbaar na gelang van die ondervinding van die suksesvolle kandidaat.
Stuur asb 'n verkorte CV na die personeelbestuurder murraypienaar@cybertrade.co.za.
Aansoeke sluit op 12 Oktober 2004. |