safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 7 November 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 14 November 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


ACDP raadslede het my erg teleur gestel

[ Top ]


TOT dusver het ek my nie eintlik veel gesteur aan die oorlopery tussen politieke partye nie, aangesien die party vir wie ek die afgelope twee verkiesings gesteun het immers nie hul geboortereg vir 'n bord lensiesop sou verruil nie. 

Of altans, so het ek gedink. 

Ek is egter wreed ontnugter toe twee van die ACDP Raadslede na die ANC oorgeloop het. 

Hoekom juis die ANC? Besef die twee Christelike leiers dan nie dat laasgenoemde party onder andere 'n voorstaander van aborsie is nie.

Om dus vanaf die kansel teen aborsie te preek, sal teenstrydig wees met hul politieke beginsels. Dit is om maar slegs een van hul nuwe party se aktiwiteite te noem. 

Dit laat my sommer wonder hoekom dié kêrels hulle in die eerste plek by die ACDP aangesluit het. 

Dit is nog vars in ons geheue toe die een ACDP Raadslid in die Boland Distriksmunisipaliteit in die begin van die termyn sy belangrike stem aan die ANC gegee het, wat toe tot gevolg gehad het dat 'n ANC Raadslid tot Burgemeester verkies is. 

As gevolg daarvan moes hul leier Michael Louis ook uit die party padgee.

Die een Raadslid het boonop die vermetelheid om te sê dat hy nie "in 'n hoekie" wil sit nie. 

My vriend, ek het nuus vir jou - met God sal jy nooit in 'n hoekie sit nie. Gaan lees gerus Psalm 2. 

Dit is baie duidelik dat julle in die Raad is slegs vir julle eie gewin en nie vir die breë Christelike gemeenskap nie. 

Ons het soveel vertroue in julle gehad, maar tot dusver het julle niks vir ons beteken nie. 

Ander partye hou vergaderings of gee terugvoering aan hulle kiesers, maar nie julle nie. 

Ek is regtig diep geskok en teleurgesteld. Ek kan nie meer langer stilbly en my emosies verder opkrop nie.

Ons wil vir die oorblywende ACDP raadslid sê dat ons baie trots op haar is.  Hierdeur bewys sy dat daar nog Christene met karakter is. Ook baie welkom aan André de Villiers. Dit is baie duidelik dat jy vir die regte redes oorgekom het. Die kaf is nou van die koring geskei en ons as ACDP kiesers staan bankvas agter julle.

Jennifer


Paarlse munisipale belasting eintlike 45% hoër

[ Top ]


IN sy aankondiging van tariefverhogings vir die nuwe belastingjaar het die Drakenstein Munisipaliteit verwys na 'n gemiddelde tariefverhoging van 9,1% en algemene inflasie van 13%.

In werklikheid was die tariefverhogings baie meer, veral gemeet aan die werklike verhogings in eiendomsbelasting wat ervaar is nadat hoër waardasies in ag geneem is.

Die verhoging vir dienste en belasting soos dit op elke belastingbetaler se belastingfaktuur verskyn het, was: Eiendomsbelasting - 13%; Riolering - 12,5%; Water - 14,5%; Vullisverwydering - 12,5%.

Dit is wel so dat elektrisiteit met 'n basiese verhoging van 6,5%% aangepas is, maar ons is van mening dat 'n verdraaide beeld aan die algemene publiek voorgehou is.

Jaarlikse inflasie is die afgelope maand vir die eerste keer die afgelope 18 maande op 'n vlak van sowat 10% deur die Departement van Statistiek aangekondig. Vanwaar 13%?

Wat nie genoem word nie, is die verhoging in belasting op eiendom nadat die nuwe waardasies in ag geneem is.

Die belastings op 14 kommersiële en industriële eiendomme in die Paarl waarvan ek weet, het gemiddeld met 45,4% gestyg. Die kleinste verhoging was 22% en die hoogste toename was 71% op een gebou.

Dit is vir geen besigheid in die Drakenstein munisipale gebied aanvaarbaar en gesond om stygings in belastings soos hierdie te betaal nie.

Het die Tesourie nadat jaarlikse verhogings bepaal was, die verwerking gedoen met die hersiene eiendomswaardasies?

Is die werklike verhogings in berekening gebring tydens die begrotingsbespreking? Indien wel, waarom is dit nie in die pers bekend gemaak nie?

AW van der Sluys

Jacques Carstens, munisipale bestuurder, reageer: Die werklike toeslag (sent in die rand) op eiendomme was nie tydens die begrotingsbespreking bekend nie, want die waardasiehof was toe nog besig om appelle aan te hoor teen nuwe waardasies.

Die finale tarief is eers vasgestel nadat die munisipale raad die verhogings in beginsel goedgekeur het, en finale berekenings oor finansiële behoeftes gemaak is.

Hoewel sommige eiendomme se belasting aansienlik hoër is sedert 1 Julie, is daar ander wat weer gedaal het omdat dit nie onderhou is nie, of omdat die gebied verswak het. Dit hang af van die eiendom se waarde in verhouding tot die res van die buurt.

Maar eienaars van geboue in die Paarl het in werklikheid vir vyf jaar klein verhogings gehad, omdat die waardasies steeds op die vorige markgebaseerde waardasies van 1996 gebaseer was.

In sommige gebiede soos Saron en Wellington wat nog nooit op markwaarde gewaardeer is nie, was dit styging veel skerper.

Daar word ook gehoop dat wanneer landelike eiendomme volgende jaar vir eiendomsbelasting in aanmerking kom, die belastingbasis groter sal wees en die verhoging beperk kan word.


Jobs are destroyed

[ Top ]


I HAVE to respond to Anne-Marie Bartie's comments on the AMB Car Care parking attendants.

She has this warped idea that she is creating jobs, but she is just creating a job for herself - certainly not for the people of Paarl.

The empty shops where taxpaying employees were previously employed are testimony to this fallacy of job creation.

And despite what she may say - her phone number is not available anywhere (the one on the car guards' cars does not work).

Life these days is very stressful. People are being retrenched, the free education that Madiba promised has become a dream and crime and grime is increasing at a rapid pace.

We pay more for health care, taxes, subsidising free water, free electricity and so on and so on. The political circus that is currently taking place is depressing to say the least and the poor shopper is frightened to park the car anywhere.

I witnessed a scene not so long ago where a traffic official was ticketing a parked vehicle. The yellow bib was standing there looking into the distance, the car wash person was watching the car being ticketed and the street children were harassing the poor long suffering shoppers, but the official was doing her job.

The reality is that parking has to be formalised by the Municipality. Give the attendants a municipal uniform and formalise the employment so that they earn salaries.

Enough is enough and the public does not earn enough to keep on giving and giving and giving. We have done so at the office.

Also fed up


Dankie 'Loerbroer'

[ Top ]


OP Donderdagaand 24 Oktober tussen 23:00 en 23:30 was my silwerblou Toyota Corolla geparkeer op die parkeerterrein voor die Paarl Hospitaal se Ongevalle-Afdeling.

Ek het vir my ma gewag, terwyl hulle by die X-straal afdeling besig was met haar beseerde skouer en arm.

Toe ek by my motor kom, was alvier die wieldoppe gesteel. Net toe ek wou ry om die saak te gaan aangee, kom die polisie daar aangejaag, op soek na my.

Vermoedelik was die ooggetuie wat onmiddellik die polisie geskakel het, 'n jong mediese (hospitaaljaar) student. Ons is saam daar weg om 'n verklaring te gaan aflê.

Danksy paraatheid en vinnige optrede het die polisie dadelik die drie vasgetrek en ek het ook my wieldoppe teruggekry.

Ek wil my opregte dank en waardering uitspreek aan daardie ooggetuie wat blitssnel gehandel het, vir sy daadwerklike optrede.

Dankie ook aan Paarl Polisie wat so gou op die toneel was en hulle taak vlot afgehandel het. Ons salueer julle op uitmuntende en eerbiedige wyse: "Dankie aan Loerbroer!"

M van Tonder


Redaksioneel:

Markeer die pas

[ Top ]


DIE ratte van die Drakenstein stadsraad het die afgelope ses maande skaars geroer.

Die stok in die wiel was die venster wat oopgemaak is vir raadslede om tussen partye rond te klouter.

Met al die gewik en weeg het die ratte begin roes, terwyl amptenare en raadslede die pas markeer het.

Komitee- en raadsvergaderings het oënskynlik normaal voortgegaan, maar inderwaarheid is min besluite geneem en deurgevoer.

Daar is baie geredeneer, en selfs gekorswil, in die raad- en komiteesale, maar raadslede wat reeds 'n hartsbesluit geneem het om van party te verander, het gehuiwer om standpunt in te neem.

Sake is eindeloos terugverwys na komitees en departemente vir verdere ondersoek en bespreking, terwyl daar gehoop en bid is dat die oorloop-venster sal oopgaan voordat 'n besluit nodig is.

Mense het skouer opgetrek en selfs gelag oor dié voetslepery, maar die gevolge is katastrofies vir Drakenstein.

Reeds meer as 'n week is al weer verby vandat die nuwe ANC/NNP vennote verlede Dinsdag die leisels amptelik oorgeneem het. Tot dusver is daar darem op nuwe portefeuljekomitees besluit en daar is ook voorsitters aangewys.

Die samestelling van die komitees en hul onderskeie take sal egter na verwagting nog 'n maand neem om te finaliseer - net betyds vir die Kers-reses.

Hopelik sal Kersvader 'n potjie olie vir Drakenstein present gee om die ratte aan die gang te kry vir 2003.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za