safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 7 November 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 14 November 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Lifestyle - Leefstyl


wteddie7SAGTE VRIEND. Die Wellington Rotariërs het onlangs 'n hele houer sagte speelgoed aan die kleintjies in die kindersaal van die Paarl Hospitaal geskenk. Dié speelgoed word jaarliks van Nederland ontvang en dan deur die Rotariërs versprei. Hier deel Suzette Henrick (Rotariërpresident) van die speelgoed aan die kleinspan uit. Foto: Leigh Reitz


Kralewerk vir Afrika

Leigh Reitz

[ Top ]


AS jy 'n voorliefde het vir kralewerk en die Afrika-tema om jou nek wil dra, dan is die Paarl Nagskuiling beslis die plek om 'n draai te gaan maak.

'n Projek is onlangs hier van stapel gestuur, waar inwoners van die skuiling die allermooiste armbande en halssnoere van krale vervaardig.

Projekkoördineerder Nicky le Roux is van mening dat dié projek dit nog ver kan bring, mits hulle die nodige befondsing kry daarvoor.

"Die koste om die krale en ander benodigdhede aan te koop, is baie laag, maar die mense hier in die skuiling wat die produkte maak, moet ook betaal word.

"Die krale word by 'n winkel in die stad aangekoop. Hier is tans vier persone wat betrokke is by die projek. Een inwoner, wat voorheen sulke werk verrig het, het die ander drie 'n maand lank opgelei," vertel hy.

Volgens Le Roux kan mense wat kralewerk wil hê, self die krale aankoop en dit aflewer by die skuiling, of 'n deposito betaal vir die werk.

Die pryse van die bykomstighede wissel tussen R20 en R8. Dit word ook uitgestal in The Upper Room-koffiewinkel in die dorp (Hoofstraat 290). Skakel Le Roux by 862-1812 of 082-7171-049 vir navrae.


Fees van geskenke

[ Top ]


WAT in 1995 bloot begin het as 'n fondsinsamelingsprojek vir 'n kerkkoor, het die afgelope sewe jaar gegroei tot een van die Kaap se grootste en opwindendste gebeurtenisse.

Vanjaar span die Stellenberg-Feesmark, wat nog tot Saterdag oop is, die kroon. Die Stellenberg-gemeentesentrum in Mountain View-rylaan, Bellville, word in 'n inkopieparadys omgeskep deur 146 voortreflike uitstallers - 17 meer as verlede jaar.

Onder die nuwe uitstallers is Maggie Boersen van Wellington met haar feetjies van klei. Vanjaar kan besoekers heerlike aandetes in die kleinsaal geniet teen R20 tot R25.

Die Stellenberg-Feesmark is oop weekdae van 10:00 tot 20:00 en Saterdag van 09:00 tot 17:00.

Navrae by Hester van der Merwe, 976-4519.


Vigs onder vergrootglas

[ Top ]


MIV, die vigspandemie en die rol van die kerk in dié wrede realiteit word Saterdagoggend om 09:30 in die Strooidak-kerksaal, Paarl, bespreek.

Dr Sam Pick, direkteur van Diakonale Dienste van die VGK, teoloog en skrywer van die boek "MIV/vigs - ons grootste uitdaging nog!", sal gesels oor dié krisis in ons land.

Dr J Taljaard gaan 'n mediese perspektief gee, terwyl Patty Thomas, wat MIV-positief is, sal vertel hoe dit haar lewe verander het en steeds daagliks raak.

Elmarie Engelbrecht sal dr Pick se boek bekendstel by dié geleentheid. Ds Lambert Jacobs sal ook praat oor Lux Verbi.BM as uitgewer.

In sy boek fokus dr Sam Pick op die omvang en implikasies van die moordenaarvirus, asook die pastorale taak van die kerk en elke Christen.

Hy het 'n Ph.D. in die Maatskaplike Werk verwerf en is dus die ideale persoon om dié probleem vanuit 'n maatskaplike sowel as teologiese perspektief te bespreek. Sy onderwerp vir sy doktorsgraad was "Die gebruik van gemeenskapsontwikkeling in die bekamping van gemeenskapsarmoede".

Belangstellendes wat hierdie gesprek wil bywoon is baie welkom, maar moet voor 8 November vir Melanie by 864-8273 of hmk@luxverbi-bm.co.za laat weet.


Last call for barbecue cook-off

[ Top ]


BRAAI enthusiasts are getting all fired up for the Western Cape regional barbecue cook-off to be held on Sunday 17 November. Barbecue teams have until tomorrow to enter.

The cook-offs take place at the Stone Cottages, Rhodes Drive, Newlands, opposite the entrance to the Kirstenbosch Botanical Gardens.

The Chateau Libertas National Barbecue Championships is at Canal Walk, Cape Town on 30 November and 1 December.

Any team comprising of 4 to 8 members can enter.

To enter call Peter van Niekerk, Regional event organizer at tel  689-8831; fax 689-9320, 083-516-3534 or e-mail pvnphoto@mweb.co.za. Tickets are R10 (adults) R5 (pensioners and children under 10).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za