safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 7 November 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 14 November 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


waliIMPRESSED. Dr Ali Bacher (right), executive director of the International Cricket World Cup, visited the Boland cricket grounds on Tuesday to evaluate the ongoing preparations for this prestigeous event which kicks off in February. Here he is in discussion with Ian Smith (middle), commercial director for the ICC CWC, and the newly elected mayor of Drakenstein, Herman Bailey. Pic: Leon Steenkamp


Paarl boosts confidence

[ Top ]


A MUCH-NEEDED triumph for the beleaguered Paarl team could not have come at a better time ahead of the important derby encounter with Young Peoples this weekend.

Paarl, fielding a near full strength team for the first time this season, had a surprisingly easy victory over Easterns at Parys Grounds on Saturday, and in the process gave themselves a boost for this weekend's important clash.

Ultalyn Ernstzen, standing in for Manfred de Kock on provincial duty, won the toss and sent the visitors in to bat in overcast conditions, and was soon rewarded when young Clint Philander (2/22) captured the first two wickets with a superb opening spell of medium pace bowling.

Thereafter Ernstzen (5/43) and Rohan Goetham (2/27) wrapped up the visitors' innings which ended on 104 runs.

Paarl reached the required total losing three wickets in the process with contributions from Marco Walters (19), young Rudi Andrews (18*) and Lynal Jansen (18*) continuing his impressive early season form.

The second team managed to draw their match against Wellington when they reached 175/7 after 60 overs in reply to the host's 195.

Allan Alexander (7/63) was the best Paarl bowler and also contributed 35 runs with the bat. Young Bradley Blanckenberg (46*) and Cliffie Walters (39) also batted well.

The third team fought valiantly against Worcester United II after having been set a target of 228 to win.

They were eventually dismissed for 199 after good batting from William-Anthony Petersen (60), Franco Muller (34) and Basil Petersen (25). Earlier Muller (4/69) and Courtley Pharaoh (2/33) were the best Paarl bowlers.

In other matches this weekend the third, fifth and sixth teams host Van der Stel, Brackenfell III and Worcester United III respectively at Parys while the fourth team travel to Wellington III. The second team have a bye.


Fourie wil Kavaliers op toer deurkyk

[ Top ]


ONDANKS spelers wat die Unie verlaat het in die naloop van 'n treurige seisoen, is Hawies Fourie, afrigter van die Boland, seker dat die Kavalier-span weer sy perd sal op-saal en die nuwe seisoen met vertroue tegemoet sal storm.

Die Kavaliers moes die prys betaal vir relegasie na Bankfin-skild kompetisie in volgende jaar se krag teen krag Curriebeker en moes die talent van Lean van Dyk (WP), Randile Julies (Arende), Ashwin Willemse (Leeus) en Wayne Julies (Cheetahs) aan ander unies afstaan.

Daarby is Carel van der Merwe (stut), Jan Ackerman (vleuel), Dale Santon (haker), en Pieter O'Neill (losskakel) nie weer kontrakte deur die Boland aangebied nie.

Die 33-jarige Santon, 'n veteraan met meer as 50 wedstryde in die Boland-trui agter sy naam en wat al twee keer in die Springbok-span opgeneem is, kan nietemin speelkans kry in die Super 12 as deel van Rudy Joubert se Bulls-oefengroep.

Volgens ingeligtes is die halsstarrige haker se gebrek aan toewyding op die oefenveld wyd bekend en kan dit een van die hoofredes wees vir sy weglating uit die Kavaliers. Joubert het egter 'n slag met Santon en kan hom dalk net in 'n werk-os vir die Bulls omskep.

"Miskien sal hy (Santon) in die groter geselskap van die Super 12 meer gemotiveerd wees," het Piet Bergh, hoof-uitvoerende beampte van Boland gesê.

Hy het bygevoeg dat Santon se pakket ook te lywig vir die Unie sou gewees het. Hoewel hy daarop gesinspeel het dat van die spelers hul kontrakte kwyt was weens swak vorm en ander weens persoonlike kwessies, wou hy nie verder uitbrei nie.

Nicky Smit (slot, Grens Bulldogs), Conrad Burke (haker, WP B-span en Maties-kaptein), Malan du Plessis (heelagter, Luiperds) en Jacques Badenhorst (losskakel, Luiperds) is die nuwe gesigte wat in 2003 die Boland-kamp gaan versterk.

Juriaan Prins, voormalige WP-senter wat tans vir London Welsh speel is ook op Fourie se inkopielys, maar onderhandelinge sal eers begin as die Kavaliers van hul toer terugkeer, het Bergh gesê.

Fourie sal egter genoeg tyd hê om sy spelers deur te kyk en met kombinasies te eksperimenteer wanneer die Kavaliers op 13 November na Argentinië vertrek.

Die Bolanders sal tydens dié toer van twee weke teen die klubs van Buenos Aires, Rosaria, Santa Fé en Tucuman te staan kom.

"Dit is moeilik om te sê hoe ons daar sal vaar, ek het nog nie die spanne gesien speel nie. Maar die belangrikste is dat wanneer ons terugkom, ek weet wie is die beste speler in elke posisie en wie is tweede beste sodat ons die seisoen goed kan begin," het Fourie gesê.

Leon van den Heever, Anthonius Verhoeven en Jaco Immelman sal nie die groep van 28 na Suid-Amerika vergesel nie.

Van den Heever is deel van die Springbok Sewespan, terwyl Verhoeven Saterdag trou en met wittebrood sal wees wanneer die span vertrek. Immelman ondergaan vandag 'n knie-operasies.

"Ons oefen reeds goed saam. Ek ken nou die spelers en die probleme wat daar bestaan. Ons kyk nou om te bou vir volgende jaar," het die breier gesê.

Ses Kavaliers is opgeneem in Gert Smal se voorlopige Stormers oefengroep van 37 wat Dinsdag bekend gemaak is.

Hulle is Henley du Plessis, Enrico Januarie, David Hendriks, Chris Potgieter, Leon van den Heever en Gustav Rademeyer.

Onder die agt beseerde spelers wat ook in aanmerking gekom het, is die Boland-stut, Andries Human.

 Boland sit steeds sonder 'n spanborg, maar volgens Bergh word daar reeds na moontlikhede gekyk.

"Die feit dat ons volgende jaar nie in die Curriebeker speel nie, maak dit nog moeiliker," het hy gesê.

Met die krag-teen-krag-beleid wat dreig om 'n skeuring in Suid-Afrikaanse rugby teweeg te bring, bestaan die moontlik dat die Kavaliers in 2003 wel in die Curriebekerkompetisie sal speel.

"Ons sal graag die kompetisie wil hou soos dit vanjaar was," het Bergh gesê.


Bacher loof Boland krieketveld

[ Top ]


"FANTASTIES, die veld lyk fantasties met daardie berge in die agtergrond. As die drie Paarlse krieketwedstryde wêreldwyd uitgesaai word, gaan dit nie net 'n groot advertensie vir die Paarl wees nie, maar ook vir Suid-Afrika."

So het dr Ali Bacher gesê, toe hy en 'n geselskap Dinsdag die Boland krieketgronde besoek het.

Die groep besoek tans al die stadions in Suid-Afrika, asook dié in Kenia en Zimbabwe waar Wêreldbekerwedstryde aangebied word, met die oog daarop om voorbereidings vir die toernooi te evalueer.

"Suid-Afrika en Holland speel albei opwarmingswedstryde hier, so dit beteken dat Paarl gasheer speel vir vyf wêreldbekerwedstryde.

"Die entoesiasme waarin die Boland-personeel die reëlings aangepak het, is indrukwekkend en ek is seker hulle sal Suid-Afrikaanse Krieket trots maak," het hy gesê.

Die spanne speel onderskeidelik op 4 en 6 Februarie teen Boland.

Hy het bygevoeg dat hy die versekering het dat al drie die wedstryde in piek-tyd in die onderskeie lande uitgesaai sal word, wat die bemarking van die dorp en land tot in die voorhuise van biljoene kykers sal verseker.

"Die Krieket Wêreldbeker is die grootste sportgebeurtenis wat Suid-Afrika nog aangebied het en gaan meer as om net krieket, maar ook om die bemagtiging van mense," het Bacher gesê.

Om elke Suid-Afrikaner te betrek, sal 'n "Road Show" - wat in Gauteng begin - deur al nege provinsies in die land trek om die toernooi te bemark voordat dit op 7 Februarie, 'n dag voor die opening, in Kaapstad aankom.

In 'n poging om voorheen benadeelde spelers ook deel te maak van die toernooi, is 50 000 kaartjies opsy gesit en sal dit volgens die goeddunke van die onderskeie krieketunies gratis aan spelers uitgedeel word.

Volgens Pietie William, hoof-uitvoerende beampte van Boland, ontvang hulle 3000 kaartjies en sal dit hoofsaaklik onder plaaslike MTN kriekethoërskole uitgedeel word. 

Boland stadion het 'n toeskouerkapasiteit van 9500 en saam met die media, eregaste en personeel, kan 10 354 mense 'n wedstryd aanskou.

Vir die wedstryd tussen Holland en Indië (12 Februarie) is daar slegs nog 1495 kaartjies beskikbaar, en die wedstryde van Kanada teen Sri Lanka (19 Februarie) 2991 kaartjies en Holland teen Pakistan (25 Februarie) 2715.


Oud-Gimmie 'n Stormer?

[ Top ]


WELLINGTONNER Schalk Burger is een van die 37 spelers wat Gert Smal gekies het vir sy voorlopige Stormers-groep.

Die 19-jarige bul van 'n flank, wat die skaal op 106kg laat kreun en 1,93m hoog toring, het vanjaar vir Maties se eerste span uitgedraf.

Dié oud-Gimmie het ook sy plek volgestaan in die WP o.19-span vir wie hy aan die begin van die seisoen drie wedstryde gespeel het.

Hy is egter gou-gou opgeroep na die o.21-span en het die res van die seisoen daar sy merk gemaak.

Die Bolander het tydens die o.21 Wêreldbeker vroëer vanjaar ook as plaasvervanger sy merk in die SA o.21-span gemaak, toe hy die beseerde Gordon Gilfellan vervang het.

"Ek het 'n lekker seisoen agter die rug, maar die kanse is maar bitter skraal dat ek enige speelkans in die Super 12 sal kry," het Burger Dinsdag gesê.

"Ek is bly oor die geleentheid en dit is beslis 'n kans wat ek moet vat," het hy bygevoeg.

Volgens Gert Smal het hy nog min van dié speler gesien.

"Ek het hom in 'n paar klubwedstryde gesien en gehou van dít wat ek sien - hy is beslis 'n goeie baldraer. Maar ek sal nog met hom moet werk om te sien waartoe hy in staat is," het die breier gesê.


Wellington woeker teen Worcester

[ Top ]


DIE eerste krieketspan van Wellington het die naweek met 'n gebalanseerde vertoning Worcester United se neuse in die stof gevryf.

Die Worcesteriete kolf eerste en danksy goeie boulwerk deur Wian Smith (4/45), Rudi de Bruin (2/29) en Gareth Fenton (2/35) word hulle beperk tot 210 lopies.

Wian Smith (76nun), Steyn Basson (69) en Warren Groeneveldt (30 nun) bring egter genoeg tyd voor die penne deur en Wellington haal die teiken met die verlies van slegs drie paaltjies.

In die wedstryd tussen Wellington en Paarl se tweede spanne teken Wellington 195 aan, met Richard Bennet (32), Cedric Williams (38) en Jaco Conradie (33) wat goeie bydraes lewer.

Paarl se A Alexander (7/63) maai onder die kolwers.

Die Paarliete was goed op pad om die wedstryd te wen, maar uitstekende boulwerk deur Richard Stroebel (3/13), Niel O'Connell (4/64) en Jaco Conradie (2/19) beperk hulle tot 175/9 in hul 60 beurte.

Paarl-Oos I het die naweek vir Stellenbosch/Distrikte met ses paaltjies op New Orleans geklop.

Die besoekers moker 139 lopies, met Zynodien Fredericks (4/21), Dennis November (2/18), Justin Watts (2/21) en Elroy Abrahams (2/24) wat die paaltjies laat kantel het.

Henrico Sampson (45) en Craig Abrahams (43) het die leeue-aandeel gehad in die Paarliete se kolfbeurt.

Paarl-Oos III het ewe veel sukses behaal teen Atlantis ook op New Orleans.

Die tuisspan eindig hul beurt op 185/10 danksy Jenovan Adams (52) en Phillip Oliver (27).

Adams volg dié vertoning op met 'n verwoestende boulsarsie waarin hy vier paaltjies plattrek in nege beurte vir die verlies van slegs 19 lopies. Hy en Eon Alexander (2/28) help boender die besoekers uit vir slegs 102. Paarl-Oos wen met 83 lopies.

 Young Peoples se eerste span het Saterdag erg in die hek geduik teen Hermanus.

Die Paarliete kolf eerste en teken slegs 96 aan, met net Bronwill Williams (32) wat met die kolf kon hond-haaraf maak.

Die tuisspan slaan die wenlopies sonder enige moeite met Edwin Jacobs (2/30) wat moedig probeer het.

Die tweede span het op Daljosafat 'n goeie vyf-paaltjie oorwinning oor Vredenburg/Saldanha behaal.

Die besoekers teken 188 aan, met David Gabriels (3/27) en Jarier Alexander (2/45) wat die kolwers die beste in toom gehou het.

Hardkoppige beurte deur Alec Dyssel (66), Gerhard Engels (28) en Kurt Martin (29nun) het die oorwinning vir Peoples verseker.

Saterdag is dit weer derby-tyd wanneer die eerste spanne van Peoples en Paarl kragte meet op Daljosafat.

Peoples II speel weg teen Wellington II, terwyl die derde span ook tuis teen Bergrivier II speel. 


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za