ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 8 April 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 15 April  2004 at 17:30

 Letters - Briewe

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Finansiële probleme nie politici se skuld

[ Top ]


EK verwys na die brief "Municipal finances a disaster" van 1 April en meen dit is uiters belangrik dat dit in die regte perspektief gestel word.

Ek stem nie saam dat die ANC/NNP koalisie kwansuis nie die finansies van die Drakenstein Munisipaliteit gesond kan bestuur nie. Die kwessies wat aangespreek moet word, is na my mening nie partypolitiek van aard nie.

Enige ander politieke party wat in beheer sou wees, sou dieselfde probleme ervaar het.

Die kwessies wat in die Ouditeur-Generaal se verslag aangehaal word, is meestal van 'n operasionele aard en nie beleid wat verontagsaam word nie.

Indien beleid, soos deur die Nasionale Tesourie voorgeskryf, deur die Uitvoerende Raad verontagsaam word, moet hulle verantwoordelikheid aanvaar.

Wanneer daar 'n gebrek aan interne finansiële dissipline is, moet die Hoof van Finansies en die Munisipale Bestuurder verantwoordelikheid aanvaar.

Die Uitvoerende Raad is verantwoordelik vir die finansiële beleid en die Hoof van Finansies en in 'n mindere mate die Munisipale Bestuurder is verantwoordelik vir die uitvoering en toepassing van die finansiële beleid.

Die akkuraatheid van die syfers soos in die jaarlikse finansiële state vervat (Inkomste- en Balansstaat) is die verantwoordelikheid van die Hoof van Finansies.

Wanneer vaste bates wat nie bestaan nie, op die vaste bates register verskyn, dui dit op 'n gebrek aan kontroles en spesifiek nie-nakoming van voorgeskrewe prosedures.

Die Hoof van Finansies, tesame met die afdelingshoofde, is verantwoordelik vir die instandhouding van die vaste bates register.

Dit is ook die verantwoordelikheid van die Hoof van Finansies om voldoende voorsiening vir slegte skulde in die balansstaat te maak. Dit kan volgens finansiële beleid en/of interne besluitneming geskied.

Die uitstaande skuld (debiteure) moet effektief deur die Finansiële Afdeling (Debiteure Kontrole) beheer word in lyn met die finansiële beleid van die Munisipaliteit.

Effektiewe kontantvloeibestuur en veral kontantreserwes versus leningskuld, is ook 'n belangrike funksie wat deur die Hoof van Finansies beheer word.

Dit is belangrik dat die punte wat in die Ouditeur-Generaal se verslag aangehaal word, deur die Hoof van Finansies so spoedig moontlik aangespreek en reggestel word.

Wanneer die punte 'n gebrek in die finansiële beleid reflekteer, moet die Uitvoerende Raad dit bespreek en 'n regstelling doen.

Die Uitvoerende Raad keur die jaarlikse begroting goed, maar die Finansiële Afdeling is verantwoordelik vir die sinvolle verslagdoening van die werklike finansiële posisie vergeleke met die begroting.

Die jaarlikse begroting word gesamentlik deur die Uitvoerende Raad en alle afdelingshoofde van die Munisipaliteit saamgestel.

Alfred Cupido


The proposed Paarl Mall disappoints

[ Top ]


LIKE most Paarlites, I was delighted to hear of the planned new shopping mall on the old Langeberg site.

However, having seen the pictures of the planned new complex in the Paarl Post, I am disappointed that the developer has lost a wonderful opportunity to create an innovative new concept on the same lines as those which have been so successful elsewhere.

It seems that we will again have the same sterile and unimaginative and dreary passages flanked by the usual boring shops which are repeated in one shopping mall after another all over the country.

In the United States, developers are now moving away from the warehouse concept as shoppers have tired of these dreary places and are staying away in droves. Some have even had to close down.

Developers in the USA are now going back to the village concept and are housing supermarkets and large chains in their own building, connected to other shops by means of open and people friendly walkways, coffee shops and restaurants while convenient parking is cleverly separated from the business area.

These, like "The Grange" in central Los Angeles, which has the feel and atmosphere of a village square, are proving to be a huge commercial as well as popular success for the developers as well as for the businesses which had sufficient foresight to secure space in these place.

I suppose that, for Paarl, it is sadly a lost opportunity.

Pieter H Viljoen


Hoekom doen ANC dan niks oor klagte?

[ Top ]


EK verwys na Paarl Post van 25 Maart en die persoon wat kla oor 'n raadslid wat ons mense se geld sommer net so vat.

Die waarheid moet uit, omdat hierdie storie jare al aangaan met dieselfde raadslid wat ons arme mense uitbuit.

Hoekom doen die ANC niks oor sy raadslid nie? Tog is hulle bewus wie die betrokke persoon is na vele klagtes oor haar.

Hoekom tug die Speaker van die Raad nie hierdie raadslid nie? Hy moes ook al klagtes ontvang het.

Dit is kommerwekkend om te sien hoeveel korrupsie plaasvind en tot watter graad en omvang dit styg.

Dit is nie reg dat skelm en oneerlike raadslede on s in die Raad verteewnoordig nie.

Ons vertroue in die politieke stelsel het 'n knou gekry. Watter geloofwaardigheid en vertrouenswaardigheid het sulke raadslede?

Laat die waarheid seëvier.

L Dempers

M Majiet, streeksekretaris van die ANC, reageer: Ons beskou die aangeleentheid in 'n  baie ernstige lig en onderneem om ondersoek in te stel na die beweerde klagte. Ondersoek kan egter slegs ingestel word met die hulp van die anonieme klaer en ons versoek hom/haar om ons dringend te kontak.


Kiesers hou koers

[ Top ]


OM tussen die vele plakkate teen die straatpale te kies, vir watter party om te ondersteun het ek besluit om "koers te hou".

Ek sal vir dieselfde party stem vir wie ek in 2000 gestem het.

Hier in Drakenstein was sake in orde, totdat die oorloopwet alles wat die kiesers vermag het, kom verbrou het.

Die oorlopers, het sonder hul kiesers se toestemming van party verander. Hulle kan nie vertrou word nie.

Die kiesers sal koers hou!

WJ Morrie


Wie het resep gegee?

[ Top ]


WIE het die "resep vir chaos" gegee waarvan raadslid Arthob Petersen gepraat het (Paarl Post 25 Maart). Niemand anders as die magsbehepte ANC nie!

Hulle het vir Marthinus, gevolg deur 16 voormalige DA-raadslede van Drakenstein, deur die "oorloopvenster" laat klim agter poste aan.

Noudat slegs ANC- en NNP-raadslede (vyf elk) in kantore by die burgersentrum sit (met "lap tops" waarmee hulle wát maak?) lees ons dat die geldsake nie behoorlik gekontroleer word nie.

Die kiesers het nou kans om dié resep te verander.

Sammy Andrews


Is Woensdag net 'n afdag?

Editorial

[ Top ]


ALMAL van ons wil 'n huis hê, werk, veilig leef en goeie mediese dienste ontvang.

Dit is tog ons reg, volgens ons nuwe demokratiese grondwet en grondves vir menseregte.

Nou, aan die vooraand van die nasionale verkiesing, is dit dalk nodig om net 'n bietjie stil te staan by dié regte wat ons eis.

Baie van dié regte is duur gekoop en met die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het die vreugdevure dan ook hoog gebrand.

Nou, tien jaar later, is die nuutjie nou ook nie meer so vreemd nie.

Skielik meng die verkiesing nou in met mense se vakansieplanne, die strand lok en daar is ook interessante rolprente om te gaan kyk.

Hoewel dit waar is dat baie kiesers ontnugter is met die optrede van politici, veral ná die oorloop-klousule, kan 'n mens nie jou burgerlike verantwoordelikheid ignoreer nie.

'n Demokrasie kan net so sterk wees as die somtotaal van sy kiesers.

Al tel elkeen se stem net een punt, kan daardie één kruisie tog 'n wêreld se verskil maak aan die uitslag van die verkiesing.

Dit is ook so dat 'n mens net kan saampraat as jy jou kruisie getrek het. Gaan stem dus vroeg en geniet daarna die afdag.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]