|
DIE Christusfees vind dié naweek op Wellington plaas in samewerking met Radiokansel en al die plaaslike kerke.
Hulle poog reeds sedert 2000 om Paasnaweek te omskep van 'n "vakansiefees" na 'n "Christusfees".
Dit begin Donderdag met 'n nagmaaldiens om 19:00 in die NG Moederkerk.
Terselfdertyd is daar 'n deurnagwaak- en voetewasseremonie by St Albans en St Monicas, terwyl VGK Bergrivier 'n halfnag van gebed het en NG Wellington-Oos 'n Pasgamaal.
Ds John Smith van die Strand, deel van die Kompasfees, lewer die middag om 17:30 'n eenman-toneelstuk in die VGK Wellington se saal in Parkstraat (Breedt-saal). Die stuk is "Die Getuies" en toegang is gratis met 'n kollekte.
Op Goeie Vrydag is daar eredienste in verskeie kerke en die aand om 19:30 'n passiespel in Victoriapark. Indien dit reën, verskuif die passiespel na die stadsaal in Jan van Riebeeckstraat.
Saterdag word daar voedselpakkies uitgedeel en om 11:00 is daar 'n liefdesmaal in Victoriapark.
Sondag begin met 'n opstandingsbiduur om 06:30 in die begraafplaas, gevolg deur Paasdienste in verskeie kerke.
Om 17:00 is daar lofprysing en sang op Boland stadion, gevolg deur 'n gospel show en die Radio Kansel Feesdiens met prof Hannes Adonis.
Vir meer inligting, kontak Lea Adams 082-959-1869, Melanie by die kerkkantoor 873-1561 of Kobus Nagel by 082-777-2353.
* Mense word ook gevra om nie-bederfbare produkte te versamel om tydens Paasnaweek aan behoeftige gesinne uit te deel. Navrae aan Naomi Pekeur, 864-3740. |