ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 8 April 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 15 April  2004 at 17:30

People - Mense


Trust gestig om Danie te help

[ Top ]

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

DIE uurglas is besig om leeg te loop vir Danie du Toit (31) van die Paarl, wat verlede jaar gediagnoseer is met leukemie.

Danie is direkteur van 'n SMS-maatskappy en was ook op sy dag 'n provinsiale skaakkampioen.

Daar word reeds maande lank vergeefs gesoek na 'n geskikte beenmurgskenker om sy lewe te red.
Sedertdien is Danie se milt verwyder in

wtoitFC

EGPAAR. Danie du Toit en sy vrou, Comien. Die egpaar het twee seuns, vier en ses jaar onderskeidelik, en 'n tweeling van drie jaar.

'n poging om sy toestand te verlig. Die gesin doen 'n  beroep op enige persoon wat bereid is om sy of haar bloed te laat toets vir moontlike skenking.

"Die proses is pynloos, maar die moontlike skenker moet R200 aan die Sunflower Fonds (Friends of the SA Bone Marrow Foundation) betaal," verduidelik Rika Botes, wat betrokke is by die poging.

"U plaas die R200 in ABSA rekeningnommer 405 183 4719, neem die depositostrokie na die naaste PathCare patoloë en lig hulle in dat u skenk vir Danie du Toit.

"Almal van ons het egter nie R200 nie en daarom het vriende van die gesin die Danie du Toit-fonds gestig."

Enige donasie kan in dié fonds betaal word: ABSA 911 962 5384.

"Ons werk teen tyd, soveel vrywilligers moontlik is nodig. Die geld sal gebruik word om te betaal vir skenkers wat nie die geld het nie."

Skakel Rika 083-231-4426.

Lewensdrome

Die Du Toits, wat afstam van Guillaume Johannes du Toit van Franschhoek, hou op Saterdag 1 Mei 'n familiefees.

Vanjaar is dit ten bate van Danie en 'n mediese suster sal dié dag beskikbaar wees om bloed te trek.

Alle Du Toits wat die dag wil bywoon, kan Tanya (082-780-1337) of Elsie (082-854-1033) skakel.

"Elkeen van ons het drome van hoe ons toekoms moet lyk. Waar ons gaan werk en woon, waarmee ons ons lewens wil vul en die mooi dinge waarmee ons ons wil omring.

"Ons leef dikwels asof tragedie ons nie sal tref nie. As u só geseënd is, of as u al die ander kant van die lewe ervaar het, help ons asseblief vir iemand wie se lewensdrome ingrypend verander het," pleit Rita.

* A Paarl man with leukemia has appealed for help from blood donors


Skoolhoof oorlede

[ Top ]


'n BEKENDE inwoner van die Paarl, Kallie Rust (56), is verlede Vrydag in die N1 City-hospitaal ná 'n lang siekbed aan kanker oorlede.

Kallie was by uitstek 'n mens vir mense en het sy lewe aan die onderwys toegewy.

Hy was hoof van Sonop Primêr tot hy as gevolg van swak gesondheid die onderwys vaarwel moes toeroep.

Kallie was 'n toegewyde sportadministrateur. Hy was vroeër ondervoorsitter van Young Peoples krieketklub. Met sy siekte het die klub hom vereer as ere-president.

Hy was tot met sy dood ook voorsitter van Young Peoples rugbyklub.

Kallie word oorleef deur sy vrou, Maureen, en twee kinders, Marshall en Carlin.

Die begrafnisdiens is Saterdag om 09:00 by die huis in Okkerneutlaan 11, New Orleans, en om 10:00 in die Calvynse Kerk.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]