|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
 |
|
|
 |
|
|
 |
|
|
|
Thursday 8 April 2004 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
This site will be updated on 15 April 2004 at 17:30 |
|
 |
|
|
|
|
|
|
Sport |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
TOESAK. Francois Julies van Riverstones maak reg om op 'n aanvaller van Bo-Kaap Rangers toe te sak in hul wedstryd wat Saterdag op Daljosafat gespeel is. Die WP-klubliga het die naweek afgeskop, met Riverstones wat die seisoen met 'n 11-11 gelykop-uitslag begin het. |
|
|
|
|
|
Boland atlete wen hope medaljes |
|
|
|
[ Top ] |
|
|
|
|
|
|
|
DIE Boland Jeug en Junior Atletiekspan wat bestaan het uit 53 atlete, het by die onlangse SA Jeug en Junior Kampioenskappe in Bloemfontein 28 medaljes ingeoes.
Dit is die meeste medaljes nog wat 'n Boland-jeugspan by 'n Suid-Afrikaanse Kampioenskappe gewen het.
Benewens die sewe goud, 10 silwer en 11 bronsmedaljes wat hulle ingepalm het, het 'n verdere 19 atlete na die finale van hul onderskeie items deurgedring.
Uitblinkers in die span was Wenda Theron met vier medaljes, Elizka van der Merwe met twee medaljes, en die Paarliet Marné van den Burg ook met twee medaljes in die paalspring en hoogspring.
Ross Jordaan het weer eens die Boland Junior Gewigstoot-rekord verbeter na 17,44m. Albei die 1000m Medley Aflosspanne vir mans en vroue het ook die Boland-rekords in hul onderskeie items verbeter.
Wenda Theron het met haar tyd van 24:69 in die 200m vir o.18 vroue net-net nie daarin geslaag om die 22 jaar-oue Boland-rekord te breek nie.
Sewentien provinsies was verteenwoordig by die kampioenskappe en Boland was derde in die medaljetelling ná Sentraal-Gauteng en Gauteng-Noord.
Volgens Richard Stander, uitvoerende hoof van Boland Atletiek het Boland die gaping wat bestaan het in die standaard van atletiek tussen die noordelike provinsies en die suidelike provinsies vanjaar aansienlik verklein.
"Boland Atletiek beoog om in die nabye toekoms die toonaangewende provinsie in Suid-Afrika te wees. Ons sukses is te danke aan die doelgerigtheid van die afrigters betrokke by Boland se Sentrum van Uitnemendheid wat die span voorberei het," het Stander gesê.
Ander plaaslike atlete wat ook medaljes verwerf het, is Maurice Fischer (hoogspring, goud), Keenan Watson (verspring silwer), Regan Julius (verspring brons).
Ander medaljewenners is Jaco Bruwer (h/g, goud), Francois Germishuys (p/s, Goud), Heinrich Gonzales (h/g, goud), Nicole Loesch (p/s goud), Karin le Roux (h/g, goud), Ross Jordaan (g/s silwer), seuns o.18 4 x 100m aflos (silwer), Johan Kruger (h/g silwer), Anje Crocker (h/g silwer), Vroue o.20 4 x 100m aflos (silwer), Wenda Theron (200m silwer, 100mH silwer, v/s brons), vroue o.18 1000m Medley Aflos (silwer), Elizka van der Merwe (g/s brons, h/g silwer), Wilmar Visagie (h/s brons), Chatlin Smith (400m brons), Rowan Prins (1500m brons), Ian Kucharcki (p/s brons), Ruzanne Harris (10000m Stap brons), Colleen Lesch (400m brons), Somarlie du Plessis (h/s brons). |
|
|
|
 |
|
 |
Wes-Kaap Sewespan behou titel |
|
|
 |
|
 |
DIE Wes-Kaapse o.18 Sewespan het sy titel op aanskoulike wyse verdedig tydens die onlangse SA Spele wat in Oos-Londen gehou is.
In hul eerste wedstryde het die Wes-Kapenaars vir Limpopo (29-7) en Oos-Kaap B (34-7) geklop, maar 24-14 teen Gauteng vasgeval.
Dit het die verdedigende kampioene egter aangespoor en hulle hardloop oor 'n opgesweepte Oos-Kaap A 19-7 en verneder vir Vrystaat in die eindstryd met 'n 33-7 loesing.
Die Wes-Kaapse B span het ook goed gedoen, maar is in die halfeindstryd uitgeskakel terwyl die C-span net-net teen Mpumalanga vasgeval het in die plaat-halfeindstryd.
Agt spelers van die Wes-Kaap is ook in die voorlopige SA o.18 groep opgeneem wat in Desember in Australië aan die Jeug Statebondspele gaan deelneem.
Die name sal bekend gemaak word, sodra die Suid-Afrikaanse Rugby Voetbalunie (Sarvu) die groep goedkeur.
Plaaslike spelers wat in die Wes-Kaap span gespeel het, is Bradwill Swartz (Paulus Joubert), Franzel September (Bergrivier) en André Smith (Paarl Gim).
"Die feit dat ons ons titel suksesvol kon verdedig, is 'n bewys dat ons in die Wes-Kaap - en veral die Paarlvallei - iets reg doen," het die spanbestuurder, Kenneth Williams gesê.
Die WP-man Wilfred Cupido en talentsoekers van die Boland, Rudolf Francis, DJ September, en Enrico Franse het die provinsie platgery op soek na talent.
Volgens Williams moet Sarvu meer geld belê in sewesrugby sodat meer spelers die geleentheid kan kry om hul individuele vaardighede te kan opskerp.
"Daar is baie meer Eugene Francisse, Denville Demasse en Marius Jouberts in die vallei, maar skole, klubs en gemeenskappe sal moet nouer saamwerk as ons meer Springbokke uit die vallei wil oplewer," het Williams gesê. |
 |
|
 |
Easter cycling event held |
|
|
 |
|
 |
THE Yorkshire Cycling Club hosts an Easter Monday track cycling meeting from 10:00 at the Faure Street Stadium in Paarl.
This is one of the final events where cyclists can prepare themselves for the national track championships which will take place at the Bellville Velodrome from 29 April to 1 May.
Cyclists will also have the chance to compete in events similar to those which will be held at the national champs.
Events include match sprint, 1500m, six laps Australian pursuit, Devil and 20 km points. For the veterans there are 800m, 1500m and 3km races.
The women can participate in the 500m time trial 1500m and the 3km race. The u.10 to u.16 riders can particpate in the 800m, 1500m and the 3 km. The u.10 to u.14 riders can also participate in their respective 500m time trials.
There will also be events for development riders where they can participate with any other kind of bicycle.
Admission is R10 (R5 for scholars) and gates open at 08:30. Enquiries: Peter Nicholson on 082-671-1022. |
 |
|
 |
Lack-lustre Sundowns settle for draw |
|
|
 |
|
 |
THE willingness of Chelsea Football Club to scrap for everything rewarded them with a 2-2 draw against a highly rated Sundowns of Mbekweni at the Rocklands sportsground on Sunday.
The home team never let Sundowns settle at any stage, pushing them to make errors and tackling like men possessed.
It was clear from the onset that this was a result they desperately wanted and they went after it with determination and commitment.
In contrast Sundowns appeared disinterested. They were casual and lethargic, expecting things to happen for them, instead of making things happen.
Sundowns wasted an opportunity to increase their lead on the log, missing a few chances at goal. In contrast Chelsea played for a point and stuck to their defensive pattern.
Both Sundowns' goals were scored by Eric Maxamba.
Sundowns' coach, Robert Meyer, is surely not happy with his team's performance and will now put pressure on his players to pick up an away win in their next game on Tuesday against Jamestown Football Club.
Cosmos FC wasted an opportunity to catch up with the frontrunners when they were beaten 3-2 by Ajax Cape Town at home on Sunday. |
 |
|
 |
Hillcrest val vas teen Mamre |
|
|
 |
|
 |
VERBROUDE skoppe pale toe het Saterdag vir Hillcrest hul wedstryd teen Mamre op Mamre gekos.
Die skare is op mooi hardloop-rugby trakteer, in die wedstryd wat 22-15 in die tuisspan se guns geëindig het.
Die besoekers se agtsteman, Adam Arendse, was Hillcrest se uitblinker, terwyl die res van die pak ook goed vertoon het onder leiding van Hansie van Wyk.
Hillcrest se drieë is deur Shelton Benn en Mervin Booysen gedruk. Booysen het sy eie drie verdoel en Conroy Gertse het met 'n strafdoel geslaag.
Gertse en Booysen het albei hul skopstewels by die huis gelos wat fataal vir die Wellingtonners was.
* Hillcrest United het voorverlede week in 'n taai wegwedstryd vir Piketberg Rangers 12-9 geklop.
Klipharde voorspelerspel het die wedstryd gekenmerk, met geen drieë wat gedruk is nie.
Conroy Gertse was die besoekers se held en het al Hillcrest se punte met sy skopskoen aangeteken, nadat hy drie strafskoppe oorgeklits het.
Hillcrest se tweede span was ook in goeie vorm en het met 14-10 (0-10) gewen. Jacques Philander en Mario Oransie het Hillcrest se drieë gedruk, met Mario Jones wat albei verdoel het. |
 |
|
 |
Rangers begin liga op hoë noot |
|
|
 |
DIE manne van Paarl Rangers het Saterdag vir Young Stars in die eerste ligawedstryd met 38-17 (31-0) geklop.
Hoewel die wedstryd nie mooi rugby opgelewer het nie, kan Rangers tevrede wees met hulle spel. Dit was juis die regtervleuel, Ashley Jacobs, wat 'n goeie wedstryd beleef het, en gesorg het vir die meeste punte deur twee pragdrieë te druk.
Rangers het in die eerste helfte die oorhand gehad, met Young Stars wat in die tweede helfte verwoed aangeval het.
Jacobs (vleuel, 2), Aubrey Fortuin (skrumskakel), Johannes van Reenen (agsteman), Randall Petersen (heelagter) en Desmond Davids (slot) het Rangers se drieë gedruk. Mark Adams (losskakel) het met vier doelskoppe geslaag.
Rangers II het met 83-7 gewen.
Paarl Rangers speel Saterdag in Weston Hoërskool se toernooi op Vredenburg.
Vervoer vertrek 07:30 vanaf Paarl-Oos Biblioteek, Paulusstraat en is R40 vir volwassenes en R20 vir kinders onder 10 jaar. Die toegangsgeld by die toernooi is R7. |
 |
Great MTB action at Dirtopia this weekend |
|
|
 |
|
 |
IF you love mountain biking, there is no better place to be than at the fifth annual Dirtopia Mountain Bike Festival at the Tarentaalkraal campsite near Greyton this weekend.
The festival kicks off on Friday with four days of adrenaline rushing mountain bike activities - from endurance races for the fit riders to the more laid back and entertaining activities like bicycle polo, dirt jumping and family outrides.
Among the 15 official mountain bike events to choose from, a new addition this year is the Freeride Challenge on Saturday afternoon - a first in South Africa and only recommended for expert downhill riders.
Other favourites include the Pedal Power Association's Enduro with 15km, 40km and 75km route options, the Dual and Big Flair Air Dirtjumping Competition and the Trophy Race - a more traditional lap race.
A "Dirtpass" will get you into all events and includes camping fees for four nights, entry to all the events, a free festival T-shirt and a cool Dirt schwagbag.
An adult pass will cost you R350 while children under the age of 15 get the run of the festival at R250 each.
Pre-event entries closed on 2 April but late entries will be accepted.
If you're not up to a four-day camping experience, you can still share in the adventure at a camping fee of R60 per person per night. You will then be able to enter separately for the events that meet your fancy.
Revelers looking for a good time without the adventurous stuff will be charged R25 cover charge to see local Stellenbosch band Akkedis in action. Spectators can enter free of charge.
To be a part of the action you can enter online at www.dirtopia. co.za or contact Arina van der Vyver on 083-284-5932. |
 |
|
 |
Gardens laat Weermag swoeg |
|
|
 |
 |
 |
 |
|
'n SKARE van sowat 2000 het Saterdag toegekyk hoe Young Gardens vir Weermag op Delft in 'n taai wedstryd 19-12 geklop het.
Dit was Gardens se agttal wat weer eens beïndruk het en die swaarder pak van die tuisspan aangevat het.
Die stutte Garth Lewis en Chrisbin Meyer het met hul stormlopies ente veld gewen, met die lostrio van Neville Fortuin, Loppie Hendricks en Louis Moses wat in die verdediging uitgeblink het.
Agterlangs was Chesley Theo, speler van die wedstryd, en Byron Claasen die besoekers se staatmakers.
Anwar Daniels het Gardens se drie gedruk terwyl Theo met vier strafskoppe en 'n doelskop geslaag het.
Gardens vertrek Vrydag na Gansbaai vir 'n Paasnaweek-uitstappie teen R100 per persoon. Die bus vertrek om 16:00 vanaf Food O'Rama. Navrae: Chrisbin by 082-713-5973. |
|
|
|
|
|