|
|
 |
 |
|
Aand van nostalgie |
|
|
 |
 |
|
DIE plaaslike vermaaklikheidsgroep 'Angels' tree op 16 Mei om 19:30 in die Huguenot gemeenskapsaal op.
'The Best of the Angels Showcase', is die eerste sang- en dansproduksie van die groep vir die jaar.
Vianca Adams, leier van die groep, sê hulle doelwit is nog steeds om die breë spektrum van die uitvoerende kunste te ontwikkel en bekend te stel.
Hulle gebruik byvoorbeeld dansers uit die gemeenskap en werk ook met die R&B groep 'Unexpected' vir die konsert. |
 |
 |
|
Die gaskunstenaar vir die aand is Margaret Stuart, 'n oud-lid van die groep.
Kaartjies is R20 en is beskikbaar by die Angels. Vir besprekings, kontak Vianca by 073-189-2964 of Felicity by 868-2349. |
 |
 |
|
Paarliete vereer vir kultuurbydrae |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
TWEE Paarliete gaan eersdaags deur die Paarl Afrikaanse Skakelforum vereer word vir hul bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.
Hulle is die alombekende ds Jaco Thom van die NG Toringkerk-gemeente en André Bester, onderwyser aan die Hoër Jongenskool Paarl.
Uit Ds Thom se pen het daar nie minder nie as 24 boeke verskyn en het hy ook verskeie humoristiese Afrikaanse operettes die lig laat sien.
Vir hierdie onbaatsugtige werk sal die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) se toekenning vir besondere kultuurprestasie op die gebied van Afrikaanse skryfwerk, Bybelse romans en godsdienstige lektuur op Woensdag 21 Mei tydens 'n plegtigheid by die Afrikaanse Taalmuseum aan hom oorhandig word.
By dieselfde geleentheid word die FAK se oorkonde vir besondere bydraes tot Afrikaanse jeuglektuur, -toneel, -teater en -musiekfeeste aan Bester oorhandig.
Die spreker vir die aand is kultuurkenner Hennie de Wet, Besturende Direkteur van die FAK-direksie. Hy sal praat oor, "'n Afrikaanse gemeenskap gerat vir die eise van die tyd", watter kopskuiwe gemaak sal moet word en hoe gemeenskappe besiel kan word om opnuut 'n verskil te maak.
Mense wat belang stel om die geleentheid by te woon kan Elaine Joubert by 863-2326 skakel. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Pop star in Paarl |
|
|
 |
 |
|
ON Friday 16 May, Peters Cellars in Paarl hosts South African pop star Kay Vee for a concert as part of her Musica Rocking Future Road Show. Doors will open 21:00 and tickets are R20.
In 2001 Kay Vee fronted the successful band 'Fly' and she has spent the majority of 2002/3 touring with the Rocking Future Roadshow, a music and education based schools exhibition.
The show reaches out to the youth and encourages them to follow their dreams, just as she has. |
 |
 |
|
Komedie in Meulteater |
|
|
 |
|
|
|
 |
DIE Paarl Teaterklub se nuwe produksie, die komedie "Doller as Kop-Af", word van 16 tot 31 Mei om 20:00 saans in die Ou Meulteater, Paarl, op die planke gebring.
"Doller as Kop-Af" (As long as they're Happy deur Vernon Sylvaine) is in Afrikaans vertaal deur Jacques Loots, en verwerk deur Pieter Strümpher om in die hedendaagse Paarl af te speel.
Dié komedie handel oor 'n konserwatiewe pa (Pieter Strümpher) se stryd om begrip vir sy eksentrieke vrou (Celia Kok), drie dogters (Minette Wentzel, Gwen Knörr en Margaux Raats), en ewe eksentrieke skoonseuns (Mario D'Emiljo en Lochner van Rensburg) se hedendaagse lewenstyl.
Voeg daarby 'n beroemde sniksanger (Allen Knibbs), 'n ietwat verbouereerde huishoudster (Biebie Brits), 'n nuuskierige joernalis (Ian Anderson), 'n sielkundige vol planne (Klaus Schnack) en 'n ander vrou... en die aand belowe net pret.
Die regie is deur Pieter Strümpher, bygestaan deur Joey de Koker.
Kaartjies vir die openingsaand se galafunksie teen R50 per persoon, is beskikbaar by Print Right (872-7209), en sluit 'n ete en wyn in.
Kaartjies vir ander opvoerings is onderskeidelik R25 of R20 per persoon op Saterdae. |
 |
|
 |
 |
|
Plaaslike kunstenaars presteer |
|
|
 |
 |
 |
 |
|
VEERTIG van die 120 deelnemers uit die Wes-Kaap het met medaljes teruggekom ná hul deelname aan die SA-uitdunne vir die Wêreldkampioenskappe vir uitvoerende Kunste op Rustenburg.
Hulle het 42 goue medaljes verower, asook 37 silwer en 31 brons.
Drie van die kompetisie se algehele wenners is ook in dié groep.
Franco Tredoux het die afdeling vir seuns o.12 gewen, Sanet Kriel was die wenner in die afdeling Vroue 25-29 en Aarisha Gaffoor vir meisies o.12.
Franco neem klas by Marinda Hunter in die Paarl en Sanet is 'n leerling van Andrew Strauss, terwyl Aarisha van die Kaap is. |
|
|
|
|
|
|
|
|