safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 8 May April 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 15 May 2003 at 17:00

Nuus - News


Clamp down on taxis

Malané Bosman

[ Top ]


wtaxiTRAFFIC officials and Police have declared war on taxi operators who prowl the streets without permits or proper documentation.

This follows a two-hour blockade of the Berg River Boulevard on Tuesday morning, when 40 taxi owners and drivers protested outside Paarl's traffic department.

Officials at the adjoining fire station immediately put Drakenstein's substations on alert as they feared taxis parked on the street could hamper the exit of bigger machines.

ABOVE: PROTEST. Protesting taxi owners and drivers barricaded Berg River Boulevard in front of the Paarl Traffic Department on Tuesday.

While tempers threatened to flare, traffic offiicials Solly van den Heever and Corrie Cornelissen listened to the taxi people's grievances.

"Zanemvula Xakaza has been expelled from the taxi industry in Mbekweni but he still operates there," a spokesman for the taxi association Cata said.

"We want the traffic department to explain why he is not arrested."

Xakaza, a former Cata chairman voted out of the association, now has a permit to transport passengers from Klapmuts to Paarl.

Traffic officer Adneshal Vos and Capt Aubrey Marais of the Paarl Police reacted immediately. Xakaza's taxi, carrying  only him and his driver, was stopped in Jan van Riebeeck Drive, Dal Josaphat.

He was escorted to the police station where he settled outstanding traffic fines totalling R1 200. Only then did the protesters remove their taxis from the roadway.

Xakaza gave traffic officials a list of 21 illegal taxis operating in the Paarl-Mbekweni area. He also pointed out several taxis in the blockade which, according to him, were without legal permits.

"Justice must be done, but then we should all receive the same treatment," Xakaza said.

Meanwhile traffic officials had noted down the licence plates and corresponding permits of the picketers.

Several violators were apprehended at Vlakkeland yesterday.


Hy kén sy skelms

Susan Botha

[ Top ]


EK ken die laaste en die eerste skollie in Mbekweni. En as 'n kind vandag gebore word, weet ek môre van hom. Só vertel sersant Mongezi Morris Moss van sy besondere verbintenis met die gemeenskap wat hy bedien.

Hierdie kennis van hom het al menige slagoffer van misdaad goed te staan gekom, soos Wilna Coetzee van die Paarl kan getuig.

Wilna het 'n hart vir oumense en siekes. Sy kan tereg beskryf word as 'n sieketrooster van ouds. Met haar kruie-preperate, wat sy self meng, besoek sy siek mense tuis, gee masserings en dokter waar sy kan.

Só stop 'n jong man onlangs na haar motor en vra dat Wilna na sy ma moet kom kyk.

Nog 'n jong man staan nader en knoop 'n gesprek aan, eers met haar en dan met haar dogter.

"Die volgende wat ons sien, duik hy deur die venster en gryp my selfoon wat op die vloer lê terwyl dit herlaai. Voor ons kan keer, is hy straat af met my foon."

Gewapen met die verdagte se naam omdat die meeste van die omstanders hom ken, is sy toe Mbekweni polisiestasie toe.

"Nadat ek my storie vertel het, sê hulle toe vir my daar is net een man wat nou kan help, en dit is sers Moss," vertel Wilna.

"Dit was ook nie lank nie, of hier kom hy by my aan waar ek by die pensioen-uitbetalings sit.

"Hy het my verseker ek hoef nie bekommerd te wees nie, hy sal my foon terugkry." So gesê, so gedaan - en 'n week later was haar selfoon terug.

"Ek ken mos die mense van Mbekweni," vertel sers Moss. Hy het die verdagte persoon gaan haal en dié het kort voor lank met die hele mandjie patats vorendag gekom.

Hy het die foon aan 'n vrou verkwansel wat dit weer aan 'n vrou in Kraaifontein verkoop het.

Sersant Moss het nie nog lang praatjies met die mense gemaak nie: "Ek het vir die vrou gesê sy beter die volgende oggend agtuur in my kantoor wees, mét die foon, of ek kla haar en die vrou van Kraaifontein aan, saam met die man wat dit gesteel het, en sy maat."

Wilna het ingestem om die saak terug te trek, sou sy haar selfoon terugkry - en so het dit ook gebeur.

"Ek kon nie help nie, ek het in trane uitgebars in sersant Moss se arms toe hy my foon terugbring."

Wilna vertel dat sy pas 1000 etikette laat druk het vir kruiemiddels en sonder haar selfoon en selfoonnommer, sou dit waardeloos wees.

Alles is  nie goeie nuus nie: die foon se simkaart is weggegooi en saam daarmee hope nommers van siek mense. "Ek hoop maar die mense bel my weer." Haar nommer by die huis is 862-5866.

Sersant Moss se suksesse is ook nie net beperk tot selfone nie. Hy het die afgelope tyd ook sy vernuf ingespan om vuurwapens terug te kry.

Volgens insp Biga Jones, speurhoof van Mbekweni, het sersant Moss by twee geleenthede gesteelde vuurwapens teruggekry, een in White City en die ander in Bellville.

*A Mbekweni policeman assisted a distraught motorist in retrieving her cellphone from a thief.


Verdagtes vinnig vasgevat

Malané Bosman

[ Top ]


AL vyf vermeende moordenaars van die bejaarde Sheila Stander wat verlede week op die plaas Waterval in Klein Drakenstein  aangerand is, is in hegtenis.

Jackson Tandiswa (18) se gesin woon op Waterval plaas, Michael "Tuko" Donkiri (18) en sy neef Lucas "Pumsi" Donkiri (18) is van die naburige plaas Schoongezicht, terwyl die twee 17-jarige verdagtes uit aangrensende plakkerskampe kom.

Dié bende jeugdiges is voorlopig borg geweier nadat speur-insp Johan Coetzee die hof kon oortuig dat hulle 'n geskiedenis van huisbraak en geweld het.

Die weduwee Stander, wat die boegoewater-aanleg op Waterval bestuur het, is die Sondagnag in haar woning oorrompel.

Sy het geslaap toe daar deur 'n badkamervenster geklim is. Haar twee wolfhonde en 'n basterjie het erg geblaf, maar het later die aftog geblaas.

Die vrou het 'n ernstige beserings opgedoen voordat sy vir dood gelaat is.

Spoorsnyers en polisiehonde het die spore na die informele woonbuurte in Daljosafat gevolg.

Volgens polisiewoordvoerder kapt Johnny May was dit inligting uit die gemeenskap wat dieselfde aand nog die deurbraak moontlik gemaak het.

Lede van die weermag en misdaadvoorkomingseenheid van die Paarl het speur-insp Nardie Groenewald bygestaan toe hy twee van die verdagtes in 'n plakkershut gearresteer het waar hulle glo onder die invloed van dwelms geslaap het. Die gesteelde goedere is by hulle gevind.

Dinsdagnag het inspekteurs Coetzee en Groenewald weer huise in Fairyland deursoek.

Na 'n twee-uur-lange jagtog te voet, waarby hondegeleiers Vaatjie van Eeden, Luther Lombaard, Godfrey Jacquire en Pietie Booysen asook insp Moos Fortuin van Paarl-Oos deelgeneem het, is die ander drie verdagtes aangekeer.

Een van hulle het 'n bekentenis aan 'n landdros afgelê. Die beskuldigdes doen op 8 Mei weer in die Paarl Landdroshof aansoek om borg.

* Five men have been arrested for the murder of a widow on a farm in Klein Drakenstein.


Betaal eie koste, sê hof

[ Top ]


DIE hofgeding tussen Boland Ussasa en die 17 skole van Paarl en Stellenbosch, wat groot skeuring in skoolgeledere en die gemeenskap veroorsaak het, het tot 'n einde gekom.

Die saak spruit uit 'n tydelike interdik wat die betrokke skole op 16 Augustus verlede jaar by die Kaapstadse Hooggeregshof aangevra het teen hul skorsing uit Boland Ussasa.

Die interdik is dieselfde dag toegestaan. Twee weke later het Boland Ussasa die skorsing van die skole opgehef.

Die skole het die hof om 'n kostebevel in hul guns gevra, wat Boland Ussasa geopponeer het. Boland Ussasa het  nie gevra dat 'n kostebevel in sy guns oorweeg word nie.

Regter HJ Erasmus het in sy uitspraak op 24 April vanjaar beveel dat die interdik wat op 16 Augustus 2002 verleen is, opgehef word en dat geen bevel ten opsigte van koste gemaak word nie. Elke party betaal sy eie regskoste.

Die dispuut spruit uit die feit dat die grense van die rugbyvoetbalunie van Boland en Westelike Provinsie verskil van die Ussasa grense wat betrekking het op ander skolesportsoorte in die twee gebiede.

Die betrokke skole in die Paarl en Stellenbosch omgewing val, wat rugby betref, binne die grense van die WP en het tradisioneel deelgeneem aan die Westelike Provinsie Rugbyvoetbalunie se skolerugby-programme. Die leerders van dié skole beoefen egter hul ander sport in die Boland. In onlangse jare het dit tot spanning aanleiding gegee.

'n Aksiekomitee waarop die hoofde en Boland Ussasa as rolspelers dien, is vanjaar gestig om gesamentlik die probleem op te los.

* The Supreme Court has set aside an interim order concerning schools' sport in the Boland and refused to grant a cost order against Ussasa.


Sportassistente vir skole 'n suksesverhaal

[ Top ]


DIE Paarl Beheerliggaam Vereniging, in samewerking met die Wes-Kaap Onderwysdepartement (Weskus-Wynland OBOS) en die Departement Sport en Rekreasie, gaan vanjaar hulle Sportassistent-program in skole uitbrei.

Volgens Lloyd Fortuin, voorsitter van die Paarl Beheerliggaam Vereniging, was die program wat in 2002 begin het, 'n reuse-sukses.

Nie net het 31 skole by die program gebaat nie, maar die program het ook werk verskaf aan jong mans en vroue wat pas matriek geskryf het.

Skoolhoofde het die program geloof en gesê dit het onderwysers se taak met sportadministrasie baie verlig.

Skole wat kodes wou inkort of afskaf, kon voortgaan om vir leerders meer sport te bied.

Leerders en sportspanne was beter voorberei vir wedstryde en oefenkampe, en in sommige gevalle het leerders selfs provinsiale kleure ontvang danksy dié program.

Die algemene motoriese vaardighede en fiksheid van leerders het verbeter deurdat liggaamlike opvoeding weer aangebied is.

Joey Sitzer, senior kurrikulumadviseur vir liggaamlike opvoeding en lewensoriëntering in die gebied, sê skole het beslis voordeel uit die skema getrek.

"Sport verg nie net geweldige opoffering van opvoeders nie, maar skole het jaarliks groot finansiële uitgawes om sport te bedryf.

"Die Opvoeder-assistent het beslis waarde toe te voeg tot die uitbouing van nie net die skool se sport nie, maar ook die opvoeding in die breë."

Volgens Sitzer het die program ook verder ten doel om die geweldige werkloosheid onder jongmense aan te spreek.

"Mans en vroue ouer as 18 jaar met matriek wat 'n voorliefde vir sport het, goed kan organiseer en daarvan hou om met mense te werk, sal beslis in aanmerking kom om in die program opgeneem te word."

Jongmense kan die nodige aansoekvorms by die prokureurskantoor van Lloyd Fortuin in Jan van Riebeeckweg, Paarl, afhaal van Woensdag 14 Mei af (kantoorure). Voltooide vorms moet hulle teen 30 Mei bereik.

Die sportassistent sal hoofsaaklik help met die buitemuurse sportprogram van die skool. Gedurende die skooldag sal die assistent aan die sportorganiseerder en lewensoriëntering opvoeder/s gekoppel word.

Hulle sal van Maandag tot Donderdag in die skole wees, waar hulle behulpsaam sal wees met die organisering van die leerders in die lewensoriënteringsklas en hulp tydens die praktiese liggaamlike opvoedingsklas.

Ná skool sal hulle help met die organisering en afrigting van sport, algemene sportadministrasie en ook om sportspanne na en van sportgeleenthede te vergesel.

* The successful sport assistants programme in Paarl schools is to be extended.


Paarl kry eie sportkantoor

[ Top ]


DIE streekkantoor van die Wes-Kaapse Departement van Sport en Ontspanning het onlangs sy deure in die Paarl geopen.

Die kantoor is geleë in die gebou van die Frank Pietersen Musieksentrum in Sanddriftstraat en staan onder leiding van Lisle Lombard (hoof-sportbevorderingsbeampte), Glenn Goldman (senior sportbevorderingsbeampte) en Deirdré von Cullwitz (administratiewe klerk).

Volgens Lombard vergemaklik die skuif na die Paarl hul werk, naamlik die ontwikkeling en bevordering van sport in die Boland en Overberg streke.

Maar dit gaan nie net oor die bevordering van sport soos ons dit ken op die sportveld nie.

"Kinders speel nie meer nie, hulle weet nie meer wat speel is nie. Ons probeer weer sport en die positiewe uitwerking wat dit het, asook die genot wat hulle daaruit kan put, by hulle tuisbring," verduidelik Lombard.

"Ons het elke vakansie 'n program waar ons die kinders fisies laat speel, maar ook met hul verstand laat werk, soos byvoorbeeld, die speel van slangetjies en leertjies op 'n groot bord. Hulle is daarna so moeg dat daar nie tyd is vir kattekwaad nie," sê sy.

Die reël van sulke sport- en ontspanningsdae tydens skoolvakansies en vakansiedae soos Erfenisdag, Vrouedag en Jeugdag, word aangehelp deur die 31 Sport Stepping Stone, of SSS-sportbeamptes wat voltyds help met sportbevordering en -afrigting by 30 skole in die Drakenstein gebied.

"Ons het beamptes by skole in Franschhoek, Pniel, Wemmershoek, Simondium, Paarl en Mbekweni. Hulle help tydens Liggaamsoefening-periodes en met afrigting na-skool.

"Elke Vrydag deurloop die beamptes afrigtingsessies by die verskillende sportfederasies," verduidelik Stanton Kamalie, koördineerder van die SSS-beamptes in die Boland.

Behalwe vir openbare vakansiedae word Sport- en Ontspanningsdae ook gehou waar daar uitgereik word na 'n verskeidenheid gemeenskappe, veral dié op landelike gebiede.

"Ons help ook met die bestuur van sportklubs en -federasies deur sportleierskap- en administrasiekursusse aan te bied."

Sportontwikkeling kan egter net plaasvind as die nodige administratiewe en bestuursstrukture in plek is en dit is een van die groot oogmerke van die De-partement, sê Glenn Goldman, en dit is hier waar 'n sportraad of -forum 'n groot rol speel.

"In baie dorpe is daar sportgeriewe wat opgegradeer moet word. Klubs moet by die plaaslike sportraad 'n aansoek indien, die sportraad rig 'n aansoek aan die Munisipaliteit wat op hul beurt, met die Departement skakel wat die aansoek vir finansies sal oorweeg," sê Goldman.

"Daarby reël ons net met die sportrade wanneer ons feessportdae en ander geleenthede op dorpe beplan. Om dié rede is daar taamlik navrae oor die stig van sportrade op kleiner dorpe," voeg Lombard by.

Atlete kwalifiseer dikwels vir provinsiale, nasionale en internasionale deelname, maar 'n gebrek aan finansies ontneem hulle om verder deel te neem.

Die Departement Sport het geld beskikbaar om sodanige sportmense te help.

"Daar is ad-hoc befondsing beskikbaar, maar 'n individu kan nie daarvoor aansoek doen nie. Die atleet se aansoek moet by die betrokke sportfederasie ingedien word. Die aansoek asook 'n motiversingsbrief van die federasie word dan na die streekskantoor van die Departement Sport gestuur, waarna ons weer 'n motiveringsbrief skryf en dit deurgee na hoofkantoor," verduidelik Lombard die proses.

Die gebied wat die Paarl-kantoor dek, is egter baie groot en daar kan nie in een jaar by al die dorpe sportgeleenthede gereël word nie.

Daar word verwag dat die gemeenskappe die voortou moet neem in die bevordering en ontwikkeling van sport in hul eie omgewing, met die Departement Sport wat slegs 'n ondersteunende rol speel.

Mense of instansies wat met streekskantoor in die Paarl wil skakel, kan Lisle Lombard skakel by 872-1337 of 082-781-9832 of skryf aan Departement Kultuursake en Sport, Posbus 3653, Paarl 7620.

* The Western Cape Department of Sport has opened a regional Boland office in Paarl.


Miljoene vir dromme

[ Top ]


EK stem nie met dié nonsens saam nie, het raadslid Bokkie Claasen, voorsitter van die gemeenskapsdienste komitee, Dinsdag gesê oor 'n besluit dat ongespandeerde geld op die huidige kapitaalbegroting gebruik moet word vir die aankoop van vullisdromme.

Haar ontevredenheid spruit uit 'n voorstel van die finansiële komitee wat verlede maand deur die uitvoerende komitee (waar sy teenwoordig was en geen beswaar gemaak het nie) aanvaar is.

Hiervolgens is 'n paar projekte uitgesonder wat nie afgehandel kan word voor die einde van die huidige boekjaar nie.

Die projekte sluit in Plaaslike Ekonomiese Ontwikkelingsprojekte (R600 000), 'n jeugprogram (R550 000), die identifisering en ontwikkeling van tydelike grond vir huisloses (R1 miljoen), beplanning en opgradering van veeldoelige sentrum (R1 miljoen) en die ondersoek en opgradering van bestaande munisipale geriewe (R150 000).

Daar is besluit om die R3,3 miljoen te gebruik om kapitaal items aan te koop, soos 240 liter vullisdromme met wiele. Die oorspronklike projekte behoort dan weer op die volgende begroting te verskyn.

Die besluit is deur die uitvoerende komitee aanvaar, waar  slegs burgemeester Herman Bailey gevra het hoe dit moontlik was dat die geld nie spandeer is op die projekte waarvoor dit begroot is nie.

Dinsdag was Claasen sigbaar ontstig toe sy besef het dat die veeldoelige sentrum wat nou weer op die langebaan geskuif is, vir Paarl-Oos bedoel was.

"Daai man gaan tronk toe!" was haar kommentaar nadat die feit onder haar aandag gekom het.

"Ek is geskok," het raadslid Titus Williams (DA) gesê.

"Paarl-Oos wag al 15 jaar vir 'n sentrum en nou gaan hulle vullisdromme koop.

"Daar is ook duidelik gesê daar kan nie volgende jaar vir 'n setrum begroot word nie, só daar sal nog 'n jaar verbygaan voor ons iets kry."

Hy het gevra dat die kwessie as 'n dringende saak na die finansiële komitee verwys word.

"Ek verstaan nie hoekom daar altyd aan die einde van die (boek)jaar 'n klomp geld oor is nie," het hy bygevoeg.

"As daar begroot is vir iets, hoekom word dit nie daarvoor gebruik nie?"

Raadslid Claasen het 'n sterk pleidooi gelewer vir die gemeenskap se behoefte aan 'n sentrum: "Pa's wat gaan werk vir hulle kinders word beroof en uitgetrek dat hulle net hul sokkies aan het.

"Ons mense vergaan daar buite. Ons het in 1969 die middedorp verlaat en daar is nog niks vir ons nie. Die hele Rug is besmet, 'n mens kan nie eers jou deur op 'n skrefie oop los nie."

Die komitee het saamgestem dat die aangeleentheid met die finansiële komitee verder gevoer moet word.%


Eis laat vaar teen Boetie Theron

[ Top ]


'n R100 000 eis om skadevergoeding, wat in die Wellington landdroshof teen 'n vooraanstaande burger van die dorp toegestaan is, is teruggetrek.

Die eisers, Chris Bellingan van Bellville en sy vriendin Rosemary de Beer, het Vrydag verlede week dié teenopdrag aan die hof oorgedra.

Dit was  'n week nadat die eis by verstek toegestaan is en die voormalige Wellingtonner van die Jaar, Boetie Theron, beveel is om R100 000 op te dok.

Nadat landdros Patrick Ross op 25 April uitspraak gelewer het, het dit bekend geword dat die Theron-egpaar reeds 'n aansoek by die Kaapse Hooggeregshof ingedien het waarvolgens Bellingan ingevolge die Wet op Kwelsugtige Gedinge verhoed sou word om met sy aanspraak voort te gaan.

Daar is Woensdag verlede week per ooreenkoms tussen die twee partye besluit dat die aansoek in die Hooggeregshof tot 19 Mei sal oorstaan sodat 'n vergelyk bereik kan word.

Twee dae later het Bellingan sy oorspronklike eis om skadevergoeding vir 'n mediese toestand waarvoor Theron verantwoordelik sou wees, laat vaar.

Volgens sy eggenote, Trudie Theron, spruit Bellingan se litigasie uit wraaksug omdat 'n verhouding tussen haar en Bellingan doodgeloop het.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za