|
moes instrumente ter waarde van R147 000 inboet.
"Die weermag het uit die bloute laat weet hulle kom," het Knoetze gesê.
"Op die oomblik wil niemand pa staan vir die besluit nie. Dit wil lyk of die opdrag deur die onderwysdepartement gegee is. Volgens die weermag word daar net opdragte uitgevoer."
Met die uitfasering van kadette in 1993, is gewere en kadetuniforms aan die weermag teruggegee, maar die skool kon die instrumente vir die simfoniese blaasorkes en vir musiekopleiding hou.
Boishaai het getrou inventaris gehou en die weermag het jaarliks inspeksie kom hou. Daar was nooit klagtes oor die versorging van die instrumente nie.
"Die blaasorkes is die trots van die skool," het Knoetze gesê.
"Hoe kan die leemtes vervang word, met een nuwe tuba reeds R33 000?"
Van Boishaai staan nege trompette, drie Franse horings, twee eufoniums, een tuba, 'n simbaal en 'n bastrom nou in 'n pakhuis in Youngsfield.
Orkeslede sal na ander instrumente moet verander en al die bladmusiek moet oorgetransponeer word.
Leerlinge wat musiek as vak neem, moet ook inderhaas van instrument verander, in sommige gevalle na swakker maar beskikbare instrumente.
"Dis 'n dringende saak. 'n Orkes moet bly oefen," het Knoetze gesê.
Die orkes is bekend vir uitvoerings in kerke, by skole se orkesaande, kransleggings- en ander seremonies.
"Dit sal nie dieselfde wees nie."
Die saak word deur kmdr Mike Oldham van die Vloot ondersoek. Oldham is voorsitter van 'n komitee betrokke by orkesinstrumente. Volgens Knoetze is Oldham nooit ingelig oor die onlangse stappe nie.
"Ons maak werk van die situasie, en ons kry simpatie van die weermag.".
* The Paarl Boys' High symphonic wind band will not close down, despite the removal of musical instruments by the SANDF. |