|
|
 |
 |
|
Arts - Kunste |
 |
Alabama hier |
|
|
 |
DIE Alabama- studentegeselskap van Potchefstroom is vanaand in die Wellington stadsaal.
In hul nuwe opvoering, Triptiek 2004, word konsertgangers op 'n emosionele en soniese panorama geneem: van gewone, lekker ligte musiek tot uiters eksperimentele vertoonstukke.
Alabama se "Triptiek" het drie dele: in "Divertimento" word die bestaande Alabama styl gehandhaaf, in "Shema" word na 'n meer kontemporêre vokale |
|
|
 |
styl gestreef, en in "Timbila" ontgin Alabama die rykdom van klank deur eksperimenteel sy horisonne te verbreed.
"Triptiek ontgin sanggewys die harmoniese rykdom wat daar in 'n kleiner vokale groep verskuil lê, en poog om dit op 'n wonderlik jong studente- en geestige manier aan die gehoor oor te dra," sê Pieter de Bruin, regisseur van Alabama.
"Triptiek" is baie meer kompak as die tradisionele Alabama vertoning, met 'n uitstekende balans tussen sang, dans, diepte en komedie.
Kaartjies vir die vertoning is teen R35 beskikbaar van André Gilliland Oogkundige (Markpleinsentrum) op Wellington. |
 |
Bastille Fest soon |
|
|
 |
|
 |
FRANSCHHOEK will be celebrating the Bastille Festival on 17 and 18 July,
There will be boules and berets; mouth-watering menus from award winning chefs; cheeses and chocolates; music, wine, art and antiques.
Enjoy flyfishing and fabulous food with French flair; organic olive oils and vegetables and delicious home-made bread.
Franschhoek lives up to its reputation of the country's food and wine - capital, with food prepared by the village's top chefs, matched with award-winning wines from the valley. Learn from chefs such as Margot Janse, Topsi Venter, Reuben Riffel and Roger Clement what to drink with sushi, Mediterranean mezze and tasty Thai.
Trout will be tagged red, white and blue in the Franschhoek mountain streams on Bo La Motte, Dewdale, Montmartre and Normandie for the Fly Fishing competition. There is a daily prize, as well as an overall prize at the end of the day.
Mountain- bike riders combat the mountain roads, streams and fynbos mountainsides in the annual Dewdale Classic. There will be three distances 50km, 25km and 12km. Contact Geddan Ruddock on 082- 578- 3017.
The ancient pastime of Boules in France is revived for the entertaining Annual Bordeaux Trophy. Registration is outside The Bordeaux Street Gallery at 09:30 on the Saturday morning. Your team of three can pre-register by picking up forms from the Information office or e-mail Pat Morgan on domaineda@ mweb.co.za.
Well-known ceramic artists and photographers, as well as enthusiastic youngsters from the local schools will be exhibiting their work in the Town Hall and Museum.
Don your beret and a French accent and enjoy "Jacques Brel - A Rough Diamond" at the Barnyard Theatre at Bridge House School on Saturday 17 July.
Tickets are R150 per person and include a French country meal and a selection of fine cheeses. Local wines are available from the Barnyard Bar.
All theatre bookings can be made through Robyn on 874 -1505 or theatre @bridge house.org.za.
Friday 16 July at 18:30 concert pianist Christopher Duigan will be playing a celebratory programme of piano classics at the Dutch Reformed Church. Tickets are R60 from Franschhoek Wine Valley Tourism Office on 876-3603.
Cape Town's only brass concert band will perform on Saturday 17 July in the Marquee 13:00 to 16:00. |
 |
|
 |
Ballet en opera in Drakenstein |
|
|
 |
|
 |
KAARTJIEVERKOPE vir Kunstekaap se drie spesiale Boland-konserte in die Paarl en Wellington het pas geopen.
Die eerste konsert is Woensdag 28 Julie in die Paarl met 'n verdere twee konserte op Vrydag 30 Julie in Wellington.
Die konsert in die Paarl vind om 19:00 in die ouditorium van die Polisiekollege plaas en die Wellington-konserte word om 15:00 en 19:00 in die CP van der Merwe-saal in Wellington gehou.
Al drie konserte bestaan uit ballet- en operatreffers van Kaapstad se twee professionele geselskappe.
Die eerste Wellington-opvoering is op leerders gemik en die tweede is vir die publiek.
Die balletprogram bestaan uit solo's, tweepasse en ensembles uit verlede jaar se "Classic Highlights" met die bekorende musiek van Tchaikovsky, Glazunov en Bizet, asook hoogtepunte uit die uiters gewilde "Swingtime at the Ballet" van Sean Bovim waar ballet 'n nuwe baadjie aantrek, en die klassieke dansstyl lewe kry op die maat van jazzmusiek uit die dertigs en veertigs.
Balletsterre van Kaapstadse Stadsballet sal in aksie wees. Dit sluit in die danspare van Tracy Li en Daniel Rajna asook, Marrianne Bauer en Johnny Bovang wat saam met die geselskap optree.
Die operaprogram bied aan gehore die geleentheid om opera as 't ware te ontdek met die uitvoering van "Monde and the Magic Box". Dit is 'n nuwe, energieke hip-hop vertoning met Kaapstad Opera se vokale ensemble wat die storie vertel.
Die verhaal van Monde gaan oor 'n tiener wat op 'n opwindende reis geneem word en treffers uit operas en blyspele beleef.
Uittreksels uit La Traviata, Turandot, Fledermaus, West Side Story en Les Miserables behoort by oud en jonk byval te vind.
"Die kaartjies van alle vertonings beloop slegs R10 om sodoende aan almal die geleentheid te bied om professionele teater by te woon," sê Marlene le Roux, direkteur van gehore ontwikkeling en onderrig, by Kunstekaap.
Kaartjies vir die Paarl-konsert is verkrygbaar van Anthea Martin by telefoon 082-851-1047.
Die Wellington-vertonings se kaartjies is beskikbaar by Christell Witbooi, tel 072-308-0022. |
 |
|
 |
Kamermusiekfees op Stellenbosch |
|
|
 |
|
 |
Die Internasionale Kamermusiekfees en Slypskool, aangebied deur die Departement Musiek by US, vind van 16 tot 25 Julie op Stellenbosch plaas, meestal by die Endler-saal.
Hierdie Fees, die eerste van sy soort in SA, bied 'n opwindende keurspel van konserte deur bekende internasionale en nasionale musici en nuwe, opkomende studente.
Vanaf Sondag 18 Julie tot Dinsdag 20 Julie om 20:00, sal studente van onderskeidelik die Universiteit van Graz (Oostenryk), die Hochschule für Musik in Zurich (Switserland) en die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles (VSA) konserte in die Endlersaal lewer.
Van Woensdag 21 Julie tot Vrydag 23 Julie sal internasionale en nasionale dosente onder wie Cobus Swanepoel, Nina Schumann, Peter Martens, Suzanne Martens, Francois du Toit, Jean-Louise Moolman, Jürgen Swietering, Denise Sutton, Marian Lewin, Gary Roberts, Heinrich Armer, Elna van der Merwe, Zorada Temmingh, Corvin Matei, Liezl-Maret Jacobs en John Wille, saamspan in drie konserte.
Op 21 Julie sal klassieke en vroeg-Romantiese werke van Mozart, Schubert en Schumann aangebied word. Die daaropvolgende aand is gewy aan kamermusiekwerke van Johannes Brahms. Op Vrydag 23 Julie sal werke uit die twintigste eeu te hoor wees.
Die hoogtepunt van die Fees is die gala-simfoniekonsert op Saterdag 24 Julie om 20:00. Die bekroonde pianis Nina Schumann sal as solis optree in 'n uitvoering van Rachmaninoff se Derde Klavierkonsert, Opus 30.
Ook op die program is Roelof Temmingh se Concertino en 'n uitvoering van Dvorák se Negende Simfonie, Opus 95 "Van die Nuwe Wêreld".
Hierdie konsert word die volgende dag, Sondag 25 Julie, om 16:30 herhaal.
Van Saterdag 17 Julie tot Vrydag 23 Julie sal daar ook elke dag om 13:15 gratis etensuurkonserte in die Fismersaal plaasvind.
Die program vir Woensdag 21 Julie bestaan uit werke deur Suid-Afrikaanse komponiste. Die MTN Musiekprojek lewer op Donderdag 22 Julie 'n uitvoering, terwyl die Frank Pietersen en Indabana Musiekensembles op Vrydag 23 Julie 'n gesamentlike konsert lewer.
Besprekings vir aandkonserte kan deur Computicket gemaak word. |
 |
|
 |
Action at Barnyard |
|
|
 |
|
 |
THE Barnyard Theatre at Bridge House presents "Jacques Brel - Rough Diamond" on Saturday 17 July as part of Franschhoek's Bastille Celebration.
Christian Deni and Stella Konik take a deeper look at the man behind the music with some of Brel's best work.
Jacques Brel's life was a great adventure. He lived intensely, following his feelings, his rebellions and his passions.
This musical theatre show sets out to present Jacques Brel's music, life and thoughts in a simple, minimalist, intimate way.
The show is hosted by Franschhoek Vallee Tourisme and tickets are R150 (meal included).
* On Friday 23 July the Réunion Island Polyphonic Orchestra performs at the theatre.
The 45 music pupils, aged between 13 and 20 are ambassadors representing Réunion's musical youth through their numerous trips abroad.
They will be performing a wide range of music from Latin to jazz, from light classical music to music from films and well-known international melodies.
Tickets are R45 (senior citizens R30 & students R15).
* On Saturday 31 July producer Duck Chowles presents a tribute to the late and great legends of rock and roll - dedicated to those late musicians and singers who remain etched in our memory because of the mark they made on both the musical world and society.
In "Forever Young" De Wet Wraight pays tribute to his favourite artists Buddy Holly, Roy Orbison, John Lennon and the King himself.
Desiree Henning portrays the ultra-sexy Marilyn Monroe, Dusty Springfield and Janis Joplin.
All in all, this nostalgic trip back in time, is a two hour non-stop party that cannot be missed.
Tickets are R90. Doors open at 18:30 and the show begins at 20:00. Book at tel/fax 874-1505 or 082-371-3267. |
|
|
|
|
|
|