safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 8 July 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 15 July  2004 at 17:30

Aida

 Letters - Briewe


Goeie diens van Munisipaliteit het my spaan gered

[ Top ]


DIT is weer daardie tyd van die jaar wat Paarl se inwoners gereeld voertuie met UFO's op hulle dakke sien rondry (UFO's staan hier vir "Unidentifiable FLOATING Objects").

Die Isuzu Bergrivier Kanomarathon kom vinnig nader (14-17 Julie) en al wat kanovaarder is probeer maksimum tyd op die rivier spandeer.

 So het ek dan ook Sondag 27 Junie gaan "trip" teen die rivier af, maar my vreugde was van korte duur. Ek het my spaan by die groot keerwal tussen Mark- en Lady Greystraat verloor. Dit het deur 'n gleuf geglip en spaan was vasgekeer binne-in die hol kern van die keerwal.

Groot was my teleurstelling, aangesien so 'n itempie nogal 'n paar bokke kos en my pret vir die dag vir eers neusie verby was.

Ek het egter opgemerk dat daar 'n mansgat op die wal van die rivier teen die keerwal is en aangeneem dat dit met pype verbind is met die keerwal.

Dit was egter gesluit en ek het besluit om Maandagoggend deur die amptelike kanale te probeer om my geliefde spaan uit die koue water van die Bergrivier te red.

Ek het toe Maandagoggend die reddingspoging by Drakenstein Munisipaliteit se hoofkantore begin. Ek was maar 'n bietjie skepties oor in watter mate hulle sou aandag gee aan my ietwat absurde storie, maar ek was aangenaam verras toe die Munisipaliteit se Stormwater-afdeling dadelik begin reëlings tref het om die reddingspoging te verwesenlik.

Die mansgat is oopgemaak en my spaan is onder groot applous van die munisipale werkers gered van 'n potensieel gewisse waterdood.

Hiermee wil ek dan net my opregte dank uitspreek teenoor alle personeel van Drakenstein Munisipaliteit wat betrokke was by die poging, vir hulle vriendelike en flinke diens.

Jannie Kirsten, Porterville


Welsyn behandel ons sleg - wie kan ons help?

[ Top ]


DRIE maande gelede het my man sy bankrekeningnommer verander weens 'n polis wat uit sy rekening getrek word. Hy het toe Absa Bank toe gegaan om sy rekeningnommer te verander, sodat daar nie meer geld uitgetrek kon word nie, wat hy toe onmiddellik reggekry het.

Hy is toe dieselfde dag nog terug na die Welsynkantoor om  sy nuwe bankrekeningnommer vir hulle te gaan gee, omdat hulle sy ongeskiktheidstoelaag in die bankrekening inbetaal.

Al wat Paarl Welsyn toe moes doen, is om die nuwe rekeningnommer onmiddellik deur te faks na hul kantoor waar hulle die geld deponeer. Maar drie maande later was die bankrekeningnommer nog nie deurgefaks nie.

As ons dit self kon gedoen het, sou ons dit onmiddellik gedoen het, maar dit moet deur die Welsyn gedoen word.

Hulle weet tog baie van ons mense is afhanklik van die maandelikse toelaag, so is ons ook. Ek was self drie maande gelede daar om aansoek te doen vir my dogtertjie.

Onder lyk dit heel bedrywig, maar bo in die kantore is dit 'n kuierplek vir vriende en familie en baie van hulle loop op en af en gesels.

Ek het vir my so vererg vir die wanorde dat ek 'n sigaret binne in die kantoor brand gesteek het en begin rook het. Die dame agter die lessenaar het self vir haar ook een aangesteek. Nou vra ek jou waar is die orde in daardie plek?

Deur hulle wat nie regtig besorgd is oor ons mense daar buite nie, was daar die afgelope drie maande 'n huisgesin wat swaar gekry het.

Ek wil net vra, is daar nie iemand bokant die mense wat daar werk wat ons arme mense kan help wat so behandel word nie?

Dit lyk of hulle nie omgee vir ons mense nie. Iemand moet die mense kom regsien en dissipline kom leer.

Waar is Marius Fransman? Hulle praat van armoede verlig, maar ek dink nou meer dis armoede verleng.

Baie ontstelde afhanklike gesin

Garth Morkel, hoof van die Paarl-kantoor, reageer: Die kantoor neem kennis van die klagte en opvolging hiervan sal prioriteit geniet ten einde te verseker dat soortgelyke situasies verhoed word.

Onprofessionele gedrag van personeel word beslis nie binne die kantoor geduld nie. Kliënte wat soortgelyke ervarings tydens dienslewering beleef, word versoek om dit onmiddellik by die distrikskantoorbestuurder aan te meld. Daar sal ook met die briefskrywer kontak gemaak word ten einde die probleme soos ervaar op te volg.

Die Departement Maatskaplike Dienste en Armoedeverligting beskik oor 'n tolvrye nommer 0800-220-250 waar klagtes oor dienslewering aangemeld kan word en die publiek word versoek om hierdie diens te benut.


Property tax on farms

[ Top ]


I REFER to the report "Property Tax on Farms" (Paarl Post, 17 June) stating that "farmers in the Paarl urban area pay slightly more at 0.552c in the Rand".

If this is in comparison to Stellenbosch town farms at 0,5334c in the Rand, it is indeed only slightly more, 3,5% to be exact; if however the comparison is to the balance of farms in the Drakenstein municipal area at 0,25c in the Rand (surely the more valid comparison!) the "slightly more" is 121%!

This begs the question: Why? Are those who made this decision prepared to provide an answer?

Farm owner

The municipal manager, Jacques Carstens, replies: The tax on the socalled town farms was increased by the same percentage as other properties in town, but they are taxed at a rate about 48% than other properties in the developed area.

Tax on farms outside the urban area will be phased in over a period, in accordance with tax legislation.


Careless contractors a pain

[ Top ]


I WANT to thank Paarl Post for publishing the article "How to get the most from your building contractor" on 17 June.

I wish I had this before I started building last year. It would have spared me a lot of headaches and money.

These 'guidelines' should be provided in pamphlet form by the Master Builders Association to everyone handing in plans at the Municipality to warn of the pitfalls, and listing notorious incapable 'builders' who should not be contracted.

There are unqualified unscrupulous people in Paarl who advertise themselves as 'builders', unashamed to even paint their trade on their trucks, whose workmanship is deplorable.

Not even six months after the building was completed, the walls are cracked right through and leak like a sieve.

I struggled for mon-ths to get the contractor back for repairs, who only came because I threat-ened to expose him in the Paarl Post, but still a haphazard incomplete job was executed with no supervision.

To view this atrocious workmanship, feel free to inspect.

8 La Mode Street, Paarl


Mayor  promises action

Editorial

[ Top ]


THIS week our mayor assured the people of South Africa - on national television - that the Drakenstein municipality will look after its own.

Mbekweni's squatters are to be moved within the next six months, as soon as the infrastructure for their new (home)land has been put in place.

They are to be designated new land, a meadow to the east of Mbekweni, where small farmers now graze their beef, milk cows, goats and pigs.

The squatters, who for nearly a decade have been living with their backs to the railway line and their faces to Drommedaris Street, with high voltage power lines over their heads, are not sure they want to move.

In fact, they prefer to stay where they have been squatting illegally for all these years. Their children have a school nearby and all the amenities are within reach.

They would however prefer safer living conditions. And that is just what Escom is now forcing the Drakenstein Council to provide.

The authorities will no longer be able to keep their eyes closed to the plight of the homeless - not with the nation having heard the mayor's undertaking to act.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]