safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 8 July 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 15 July  2004 at 17:30

Aida

People - Mense


Maatjies vir Metro

[ Top ]


SY het geweet waar om aan te klop vir hulp as sy seer en alleen is. En toe noem haar redders die bruin-bont tefie Metro.

As Metro 'n reuntjie was, sou die Paarlse ambulansmanne van die Metro-nooddienste haar Makro gedoop het, lag die manne met die helende hande en die groot harte.

Metro lyk soos die nageslag van 'n gewillige ma en 'n geoefende pa.

Sy het Vrydag saam met 'n wit steekhaarbrakkie wat elke dag die ambulansmanne by die stasie aan die Bergrivier Boulevard besoek, daar aangeloop gekom.

wmetroFC

TUIS. Metro die aanloophondjie, is tuis by Leon Brand en sy kollegas by die Paarlse ambulansstasie.

Die brakkie is oudergewoonte weer later vort, maar die nuweling het haar doodluiters tuisgemaak.

Die ambulansmanne het maar later vir haar 'n ou hospitaalkombers neergesit, maar Metro het besluit die mat voor die verwarmer in die beheerkamer is haar nuwe lêplek.

Haar bakkie hondepille bly volgemaak. Haar eens maer magie staan koeëlrond en Metro het al klaar besluit, hierdie manne sal sy oppas. Vreemdelinge word met 'n skewe kyk begroet.

Die manne besin nou - sal hulle vir haar soos die honde in die sneeuberge leer om met 'n houertjie vuurwater om die nek te help met reddingsaksies?


Bekende hokkiegees oorlede

[ Top ]


EEN van die bekende hokkiegeeste in die Paarl is Sondagmiddag na 'n kort siekbed by sy huis in Rhonestraat in die Paarl oorlede.

Jacobus (Kootjie) Liebenberg (76), 'n oud-personeellid van die Munisipaliteit, het 'n maand gelede 'n beroerte-aanval gekry en was sedertdien bedlêend.

Liebenberg was vir jare betrokke by hokkie in die Paarl en het die sport gedra en tot groot hoogtes aangevoer.Sy broers Bennie en Elwan het Suid-Afrika in dié sport verteenwoordig.

In die straat waar Kootjie groot geword het, het hy al die kinders leer hokkie speel en daar is uiteindelik sewe Springbokke deur die straat, Helpmekaarstraat in Huguenot, opgelewer.

Hy was 'n ruimhartige, filantropiese mens wat vir sy medemens omgegee het.

Kootjie word oorleef deur sy broers Chris, Faan en Elwan.


Businessman dies

[ Top ]


A WELL-KNOWN Mbekweni businessman, Mpumelelo Mhambi (51), passed away unexpectedly on Friday from an aneurism in the brain..

Mhambi, the owner of Coozer Stores, started his business in 1992 after working as a clerk at Berg River Textiles.

He was well-known in the boxing community and coached many youngsters over the years. He was also involved with the Mombela rugby club.

He was actively involved with the St Ebenezer's Methodist Church, assisting with bookkeeping and fundraising.

He leaves behind his wife, Noxolo, his children Thamara Dyani, Thembelani and Sonwabo, a grandson Bahle and a brother Thandekile.

He will be laid to rest on Saturday following a service at 10:00 in the church in Phokeng Street.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]