|
Drakensteingebied tussen die ouderdomme van 14 en 18 jaar woon die skool by.
Volgens die skoolhoof, Khulile Melthafa, wil hulle die stigma wat aan die skool verbonde is, uitwis.
"Baie mense is nog onder die wanindruk dat ons skool steeds 'n soort verbeteringskool is en dat net stout kinders ons skool bywoon," sê hy.
In werklikheid is daar vandag 'n lang waglys vir leerlinge wat graag die skool wil bywoon.
Gary Roux, metaal-onderwyser by die skool, sê die kinders se onvermoë om teorie onder die knie te kry, demp nie hul entoesiasme om praktiese vaardighede onder die knie te kry nie.
"As die kinders hier by die skool kom, glo hulle nie altyd in hulself nie, maar sodra hulle hul eerste praktiese werk gedoen het, dan wys hulle vir almal en voel baie trots daarop."
"Toe die kinders in hul eerste jaar by my begin, kon hulle nie eens 'n liniaal reg gebruik nie, maar nou bou hulle al metaalkaggels," sê hy.
In sy klaskamer staan posbusse, visrokers, braairoosters, klein en groot braaiers. Die leerlinge het self die veiligheidshekke en diefwering van die skool gemaak.
Die seuns leer ook van bouwerk en hoe om bakstene te lê. In die houtwerklokaal staan kampstoele, kroegstoele, tafels en babastoele.
Maar dis nie net die seuns wat almal aan die praat het nie. In die kunsklas kan die meisies spog met modieuse lyfbande wat lyk asof dit uit Parys uit kom. Daar is ook handsakke, mandjies en portrette tot mooi materiaallappies.
In die naaldwerkklas is daar kussings, rompe, hemde en gordyne te kus en te keur.
"Aan die einde van elke jaar hou ons 'n opedag as die kinders se vorderingsverslae uitgedeel word. Hier word hulle werk vir die jaar uitgestal en word die goedere teen afslagpryse verkoop," sê Melthafa.
Dit vorm dan deel van die skool se fondsinsameling.
Die leerlinge bly net vir drie jaar by die skool en word benewens praktiese vaardighede ook onderrig in vakke soos basiese wiskunde, kommunikasie en lewensvaardighede.
* Students at the Paarl School of Skills are learning sustainable skills. |