|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
getuig van presiesheid, musikale insig en foutlose spel. "Hierdie is ongetwyfeld een van die groot talente onder ons jong musici en met die regte leiding en versorging behoort hy vorentoe 'n waardige wenner van enige internasionale kompetisie te wees," sê Serfontein. Bruce Williams (Pinetown) was tweede, gevolg deur Nico Laurens (Naboomspruit), Esthea Kruger (Stellenbosch) en Sylvia Jen (Pretoria). |
|
|
|
|
EEN van die besondere gebruike in die NG Kerk Franschhoek is die jaarlikse musiekkonsert die Saterdagaand voor Pinkster in die kerk. Vanjaar val dit op Saterdag 11 Mei en die St George Sangers tree om 19:30 onder leiding van Barry Smith op in 'n uitvoering van Vivaldi se Gloria, 'n tydlose komposisie in die kerkmusiekliteratuur. Die soliste is die jong sopraan Zanne Stapelberg en die bekende mezzo-sopraan Hanneli Rupert, wat lank 'n lid van die gemeente was. Die orrelis Grant Braesler sal ook enkele orrelsolo's speel. Die kunstenaars word deur 'n kamerorkes ondersteun. Na afloop van die uitvoering sal die konsertgangers op 'n vingerete getrakteer word. Kaartjies teen R60 elk (ete ingesluit) is by die kerkkantoor verkrygbaar. Navrae by 876-2431. |
|
|
|
|
DIE woorde van die liedjie 'Dreams' het onlangs op die internasionale ruimtestasie honderde kilometer bokant die aarde weerklink En hier onder op die aarde sing die koerante saam: "Liedjie ontroer", "Die vervulling van 'n droom", "Shuttleworth emosioneel oor lied wat aan hom opgedra is". Dwarsoor die wêreld is gekyk na die televisie-onderhoud met Grant, Mark Shuttleworth se broer, waarin hy vertel van die CD wat spesiaal gemaak is deur die orkes Motion, om saam te val met die lansering van Suid-Afrika se eerste ruimtevaarder. Oral is mense saam met Mark meegevoer deur die lied, waarvan die woorde gedra word deur die stuwende klank van die tromme waarin die hartklop van die ruimtevaarder so te sê gehoor kan word. Net soos Gimnasium in 1994, 1995 en 1996 tydens Interskole meegevoer en aangevuur is deur daardie einste tromme en daardie einste tromspeler - Ronnie Belcher, een van Motion se stigterslede, die anker van die orkes en saam met die ander lede medeskrywer van die lied. Die hele Paarl kan trots wees, want hierdie produk het heelwat plaaslike elemente. Daar is Zanddrift Vineyards (toe nog Belcher wynplaas) waar Ronnie sy eerste hale uitgevoer het op 'n leë ghriesblik. Hier het Ronnie ook 'n kelder as oefenkamer ingerig vir sy orkes Alchemy. Sy trommestel kom ook van 'n musiekwinkel op Wellington. Dan is daar Boishaai, wat tydens daardie Interskole-jare aan die anderkant van die pawiljoen meegevoer is deur die kitaarspel van De Wet van der Spuy, nou Motion se produksiebestuurder. De Wet het drie dae voor die lansering die CD aanmekaar gesit in sy klankateljee in die Paarl, Gemini 1, voor dit saam met Grant Rusland toe is. Nog 'n oud-Boishaaier, Timothy Reid, is Motion se verhoogbestuurder. Die grimeerder/stileerder, Althea McPherson, is 'n oud-Hugenoter en die konsertfotograaf, Wayne Reid, studeer by Boland Kollege. Ronnie het terwyl hy juweliersware-ontwerp by die Kaapse Technikon studeer het, saam met medestudente Malcolm Burger en Braam Cilliers die orkes Grämlich gestig. Die ander lede was Esther Roos en Steven van Heerden. Toek Grant verlede jaar as sanger bykom, is die naam verander na Motion om te pas by die nuwe styl en rigting. Vir navrae, bel Ronnie (083-486-9644) of Malcolm (082-668-1045). |
|
|
|
|
THE Café Delvera will host the last fine dining evening of the season on Tuesday. Café Delvera is ending this season on a high note with special guest Jacques Borman of La Motte wine estate, a local maestro of the fine art of blending and one of the outstanding winemakers of his generation. A four-course dinner with specially selected wine to compliment the food, will be served at 19:00. Tickets are R125 per person. Café Delvera is situated on the R44 between Paarl and Stellenbosch, part of Delvera Complex. For more information contact Juanita on 884-4085. |
|
|
|
|
DIE bekende plaaslike sanger Ameen 'Rappin' Donkey' Levy is ná twee en 'n half jaar terug op die musiektoneel met 'n splinternuwe CD wat in September vrygestel gaan word. Die CD bevat nege nuwe snitte, waaronder 'Space Muis' en 'Hier kom die donkie' - Rappin' Donkey op sy heel beste. Die bekendstelling van die CD sal in die Paarl plaasvind en 'n gala-aand word beplan met topkunstenaars soos Rockets, Groove Station en Fire Ball. Ricardo-tjommies en Rappin' Donkey sal ook optree. Ameen het ook die baie gewilde 'Rappin' Donkey Show' wat elke Saterdagaand van 21:00 tot 24:00 op Radie KC (107.7 fm) gehoor kan word. Hy doen 'n beroep op veral Bolandse kunstenaars om hom by 862-1618 te skakel vir blootstelling op sy program, want Ameen staan elke Saterdag 'n halfuur af daaraan om jong en nuwe talent 'n kans te gee. |
|||
|
|||