safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 9 May 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 16 May 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Laat ons hande vat vir land se probleme

[ Top ]


ONLANGS het die burgemeester van die Boland Distriksraad, Clarence Johnson, verwys na die direkte verband wat daar bestaan tussen die oorsake van Vigs en probleme soos ongeletterdheid.

Soms as ons gewone mense na so 'n grootse probleem soos Vigs kyk, voel dit vir ons of ons te klein is om iets daaraan te kan doen.

Ons uitlatings daaroor bly dan filosofies van aard en gaan nooit verder as ons eie sitkamermure nie.

Maar as ons die probleem afbreek in kleiner dele kan ons dit regkry om werklike doeners te raak.

By die NG Kerk Paarlberg leer vrywilligers al reeds 'n baie praktiese kursus sodat hulle ander mense kan leer lees en skryf.

Mense wat belang stel daarin om 'n verskil in die lewens van ongeletterdes te maak, kan ons gerus kontak.

Kom ons Paarliete vat hande en doen daadwerklik iets aan die probleem van ongeletterdheid, en uiteindelik ook om 'n probleem soos Vigs hok te slaan.

Kontak my by 872-5297 of jnbasson@new.co.za.

Jonette Basson


Drie hoera's vir hierdie eekhoringjagter

[ Top ]


NA aanleiding van 'n klagte in Paarl Post van 2 Mei wil ek graag sê: Drie hoera's vir Alet Swanepoel se buurman.

  Uiteindelik is hier iemand wat iets daadwerkliks probeer doen aan die eekhoringplaag wat die inwoners van Courtrai teister.

Ek woon reeds 34 jaar hier en dit is slegs die afgelope drie jaar dat ons bewus geword het van die eekhorings.

Ek wonder of Alet bereid sal wees om almal by wie skade aangerig word, te vergoed.

In die hele Courtrai is nie 'n enkele neuteboom wat nie kaalgestroop word deur die eekhorings nie.

By my huis het hulle toegang verkry tot die dak deur die rondings van die asbesplate. Hulle het my telefoon en alarmstelsel se drade op plekke kaalgevreet.

Nadat ek met baie moeite en koste alle openinge verseël het, het hulle probeer om gate in die fassie te vreet.

By 'n buurvrou het hulle ook in die dak gekom, die alarm buite werking gestel deur die drade kaal te vreet, en snags so makietie gehou dat sy nie kon slaap nie, terwyl hulle urine teen die mure afgeloop het.

By 'n ander buurman het hulle gate in die stoep se plafon gevreet om daar nes te maak.

Hulle word net al meer en indien geen beheer toegepas word nie, sal die toestand beslis later heeltemal onhoudbaar word.

Philip Barnard


Eekhorings is dan sulke oulike troeteldiere

[ Top ]


ONS kan ook nie verstaan waarom die eekhorings uitgeroei moet word nie. Ons het 'n eekhoring as troeteldier en sy is baie dierbaar.

Sy slaap in 'n mussie aan 'n tou in my dogter se kamer en kom en gaan elke dag.

Wanneer sy moeg en honger is, kom sy terug, eet haar amandels en speel vreeslik met die honde en kinders.

Terwyl sy nog te klein was om alleen buite te speel, het sy 'n sandkissie in die kamer gebruik.

Sy is ontwurm, ontvlooi en teen hondsdolheid ingeënt.

Hier by ons, hoog teen die berge, het ons 'n probleem met rotte. Word die skade wat aangerig word aan neut- en avokadopeerbome nie veroorsaak deur rotte nie?

As ons mak eekhoring wild raak, sal ons beslis weer 'n kleintjie grootmaak.

Ada Cloete


Nooddienste se stryd om seuntjie te red

[ Top ]


MAANDAG omstreeks 09:30 het die huishulp van ons buurvrou met haar tweejarige seuntjie slap in haar arms oor die pad in Noorder-Paarl gehardloop gekom en gegil dat hy in die swembad geval het.

Terwyl ek probeer het om die seuntjie by te bring, het ons die noodnommer 10111 geskakel waarna Metro Nooddienste binne tien minute op die toneel aangekom het.

Die drie ambulansmanne het vir ongeveer 'n uur hul bes probeer om die seuntjie deur te haal, maar sonder sukses.

Ek kon sien dat die manne baie goed opgelei is en hul taak na die beste van hul vermoë uitvoer. Hulle het hul taak met uiterste ywer, doelgerigtheid en professionaliteit uitgevoer.

Mnre David Cupido, Christopher Pino en Donovan van Schoor, die betrokke lede, verdien beslis meer as net 'n klop op die skouer.

Manne, ons is trots op julle!

Julle verdien alle Paarliete se ondersteuning.

Reinald Matthysen


Klaer moet leer pret hê

[ Top ]


NA aanleiding van "Annoyed resident" se klagte oor die raserige motorfietsryer in Paarl Post van 2 Mei: Almal in Bergstraat weet van hierdie klaer wat dit so het teen die "ignorants van die platteland" (wat hom ook insluit), die verkeerspolisie en die "spoiled brats with very little grey matter".

Hy skel ook op die kinders as hulle met hul kaskarre in Bergstraat afjaag en pes die verkeerspolisie aanmekaar.

In Bergstraat woon die dierbaarste mense en ons sal nou 'n punt daarvan maak om hom te leer watse pret dit is om in 'n skuinsstraat af te jaag in dolle vaart op 'n kaskar met die wind op sy lyf.

Sy eerste keer mag dalk nie vrywillig wees nie, maar ek kan hom verseker, daarna sal hy smeek vir sy beurt op die kaskar!

Blommetjie


Beywer vir plaaswerkers

[ Top ]


ONS as plaaswerkers van die Paarl neem kennis van mnr Herman Bailey se aanstelling in die kantoor van die Wes-Kaapse Minister van Landbou.

Ons vertrou dat mnr Bailey ons  plaaswerkers se behoeftes en belange baie ernstig op die hart sal dra en hom regtig sal beywer vir die vooruitgang van ons as werknemers op die plase.

Ook vertrou ons dat sy besoeke sal wees tot op grondvlak van die werkers en nie net sal eindig by kantoor en plaaseienaar nie.

Sterkte aan mnr Bailey in sy nuwe amp.

Opgewonde plaaswerker

Mnr Bailey kan gekontak word by sy kantoor, tel (021) 483-3355. - Red.


Editorial:

Exciting projects

[ Top ]


A NUMBER of exciting projects are due to give a boost to the depressed economy of the Paarl Valley.

The Skuifraam Dam has received the green light from the government, which means a huge construction project will start near Franschhoek within the next year or two.

Not only will many jobs be created in the short term, but the new dam could lead to an increase in tourism, should a resort catering for water and outdoor sports be developed at the dam.

In Paarl, the deterioration of the CBD has led to an increasing loss of shoppers to malls elsewhere.

That is why the news that the proposed shopping mall east of the Paarl railway station is to go ahead, is welcome indeed.

The new Paarl Mall could be the kickstart required for the economic rejuvenation of Paarl. It could trigger a general improvement of the CBD, ensuring that money spent remains in local coffers.

The exciting proposal that a new entrance to the town be created at the Cecelia Street bridge will not only improve the accessibilty of the mall, but will also alleviate the traffic bottleneck on Main Street South between the N1 and the Berg River Boulevard.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za