|
DIE jaarlikse winterskool in wiskunde, natuur- en skeikunde en rekeningkunde vir matrikulante word weer vanjaar deur die Mathcard-sentrum by Hoërskool Gimnasium in die Paarl aangebied.
Dit vind gedurende die laaste week van die wintervakansie, van 15 tot 19 Julie, plaas.
Alle skole se matrikulante is baie welkom. Koshuisakkommodasie sal beskikbaar wees.
Brosjures met die volledige program en inskrywingsvorm is beskikbaar by Hoërskool Gimnasium, Mauritz Uys Uitrusters, Wynland Apteek (Noorder-Paarl), Waltons en Wellington Toerismeburo.
Vir meer inligting, skakel 872-0307 (telefaks) of 082-854-3611. |