safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 9 September 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 17 September  2004 at 17:30

Aida

Arts - Kunste


wplayFC

TONEEL. Gimnasium Hoër se toneelspelers in "Sleutels Gita" is van links (agter) Salomé van Staden, Lara Hanekom, Christelle Strauss, Stefanie Dippenaar, Chrisli Oosthuizen en Jeanné Maree met (middel) Johann van der Merwe en Simoné la Grange en (voor) Hanmari de Wet en Adri Uys. Sleutels Gita word op 17 September in die Kunstekaap opgevoer, as deel van die Hoërskool Dramafees.


Paulus hou karnaval

[ Top ]


'n GROOT karnaval word weer op Vrydag 24 en Saterdag 25 September deur Paulus Joubert Sekondêr op hul skoolterrein aangebied.

Daar sal vermaak vir oud en jonk wees, met 'n mallemeule wat weer die groot aantrekkingskrag sal wees. 'n Disko en vertonings deur verskeie sang- en dansgroepe sal sorg vir verdere vermaak.

Vir die kleinspan is daar 'n pretpark en allerlei interessante speletjies. 'n Biertuin en restaurant sal ook beskikbaar wees.

Alle lekkernye, soos soetgebak, worsrolletjies, koeldrank en ook halaal-gebak, sal te koop wees. Talle stalletjies is nog te huur. Rittekoepons is ook reeds beskikbaar by die skool.

Vir navrae, skakel die skool by 862-3480 of Ivor Collins by 083-346-3889 of 862-2250.


Skrywer praat

[ Top ]


DIE Afrikaanse Taalmuseum bied 'n skrywersaand aan op Donderdag 16 September om 18:30 vir 19:00.

Die skrywer wat optree, is die bekende Marzanne Leroux-van der Boon (Foto met vergunning van Sarie.) Sy is die skrywer van 19 romans en het reeds verskeie toekennings vir haar werk ontvang, onder meer die ATKV-prys vir beste prosa 2004 vir 'Granate bloei in Jerusalem'.

Toegang is R30. Bespreek by Malikah op 872-3441 teen 15 September.

* Marzanne se boeke sal ook te koop wees.


'Angels everywhere' in Meulteater

[ Top ]


'ANGELS EVERYWHERE' is die nuwe teaterproduksie wat die Kaap aan die praat het en speel af in Manenberg tien jaar na demokrasie.

Maandag, Dinsdag en Woensdag om 20:00 is dié stuk in die Ou Meulteater in die Paarl te sien.

Die talentvolle geselskap bestaan uit konseptuele brein, Abduragman Adams, Ilse Oppelt (van Fishy Fêshuns-faam), Charlton George (Onder Engele en Molo Fish) en waagarties Grant Powell.

Onder die fyn regisseursoog van Oscar Petersen (Joe Barber) vat dié vier die gehoor op 'n kleurryke reis deur die strate, huise en harte van die mense van Manenberg.

Kaartjies is by Print Right, tel 872-7209, of Denise Ontong, 072-222-3686, beskikbaar.


Kantate oor Rut

[ Top ]


DIE VGK Huguenot Gekombineerde Koor (die Kerkkoor, Vrouedienskoor en Mannekoor) bied Sondag 19 September om 18:00 'n gewyde kantate "Ruth the Moabitish Gleaner" deur John Witty aan, gebaseer op die Bybelse boek Rut.

Die koorleier van die gekombineerde koor is Marinda de Vries en die begeleier op klavier is Deon Liebenberg.

Die kantate vertel van die lotgevalle van Naomi en haar twee skoondogters Rut en Orpa.

Die soliste is Estelle Thomas (Rut), Frances Olivier (Naomi) en Diamon de Vries (Boas).

Die kwartet en semi-koor bestaan uit Rachel Herandien, Juveline Koopman, Furgus Ayford, Roxian Ayford en William Fischer.

Kaartjies is R15. Vir navrae kontak Marinda de Vries by 873-1931 of 072-824-4745.


Celsius sing in Meulteater

[ Top ]


ENIGE plaaslike musiekliefhebber sal moet saamstem dat daar op die gebied van Afrikaanse musiek die laaste paar jaar opwindende nuwe klanke opgegaan het. En steeds is dit die einde niet! 

Die opwindende, nuwe groep Celsius is sowat 'n jaar gelede gevorm, en hul musiek word al wyer gehoor.

Celsius tree op Vrydag 17 September om 19:30 in die Ou Meulstraat teater op.

Kaartjies is beskikbaar teen R40 by Judith Terblanche, 082-322-7979 of by die deure.

Celsius bied vars, nuwe Afrikaanse musiek. Die groep het 'n unieke klank wat bestaan uit twee stemme met die akoestiese klanke van twee kitare, perkussie en klavier as begeleiding.

Hulle maak ligte, kontemporêre, oorspronklike Afrikaanse musiek. Die groep is besonder veelsydig en maak gebruik van verskillende style, bv ballades, jazz, blues en folk. 

Die vyftal waaruit hierdie groep bestaan, is André Serfontein (sang, komponis en akoestiese kitaar), Anne Havemann-Serfontein (solo- en agtergrondsang), Etienne Louw (klassieke kitaar), Altus Venter (perkussie) en Gerhard Niemand (klavier). Al die lede is woonagtig in die Boland en Helderberg omgewing.

Celsius het in Desember 2003 hul debuutalbum, 'Anderkant', bekend gestel.


Foto's wys Wellington

[ Top ]


DIE Wellington Toerismeburo het hoë kwaliteit, eg-Wellington inskrywings vir hul Wellington fotokompetisie ontvang.  

Daar is selfs skilderye van drie van die foto's gemaak wat tydens die fotokompetisie se uitstalling gesien kan word. 

Die uitstalling kan Dinsdag en Woensdag slegs van 13:00 tot 17:00 in die Wellington Stadsaal besigtig word.

Van Donderdag 16 September tot 7 Oktober sal die wenfoto's in die onderskeie afdelings na die Wellington Museum verskuif word waar die publiek dit Maandae tot Vrydae, 09:00 tot 17:00 en Saterdae, 09:00 tot 13:00 kan sien.

Daar is ook 'n reeks foto's en twee Wellington CD's wat te koop aangebied sal word.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]