|
|
 |
 |
|
Nuus - News |
|
|
 |
 |
|
IN TRANSIT. Transit robbers made off with nearly R400 000 when they ambushed the cash carriers, Paarl AC Rottweiler, outside the Paarl municipal building on Tuesday. Ambulancemen David Engelbrecht and Patrick Kowa, with security guard Wehlan Counter, assisted his wounded colleague Jan Dreyer on the front seat of the security vehicle. |
|
|
Robbers shoot security guard |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
|
 |
SHOTS sent pedestrians scurrying for cover in central Paarl on Tuesday when armed robbers ambushed a security van carrying cash from the municipal buildings.
The driver of the Paarl AC Rottweiler vehicle, Jan Dreyer, was shot in the leg before the robbers made off with nearly R400 000.
His assistants, Dirkie Rooi and Wehlan Counter, escaped unhurt.
Employees in the Imatu office on the corner of Weiss and Malay Streets had noticed dark-skinned strangers in the vicinity earlier that morning.
As soon as the security van emerged from the municipal parking area at 11:00, two of the "loiterers" pulled balaclavas over their faces and held up the driver.
Eight accomplices, with their faces hidden and toting firearms, jumped from a bakkie that had pulled in front of the security van, blocking the road.
The two security guards riding shotgun were ordered from the van while the sealed cashboxes were removed. The bleeding Dreyer was left slumped behind the steering wheel.
Within seconds the street was quiet again, with shocked onlookers staring as blood dripped onto the tarmac next to the driver's door.
Arriving emergency personnel broke the spell. Police and traffic officials cordoned off the scene and dispatched officers to block escape routes from Paarl.
A white pickup with the same make and registration number as that of the vehicle used by the robbers, was sighted near Wellington and the police gave chase.
But when the bakkie turned into a farm on the Hermon Road and was surrounded, the occupants were as astonished as the police.
The driver was from Philippi, and had for months been purchasing milk in bulk from the Klein Eikeboom farm. He drives a new white Toyota bakkie, with the registration CA 186938.
The transit robbers had duplicated the number on their getaway vehicle, an older, white Toyota bakkie.
This pickup was found deserted on the corner of Santraline and Horak Streets in Denneburg at 01:30 yesterday morning.
Police discovered empty cashboxes and discarded cheques in the vehicle. The robbers had disappeared. It was later established that the getaway vehicle had been stolen in Philippi.
A reward has been offered for information leading to a successful arrest. Detective-Inspectors Johan Coetzee and Jason Pietersen (807-4056/ 807-4000) can be contacted. |
 |
|
 |
NNP kwyn in stadsraad |
|
|
 |
|
 |
DIE NNP-getalle in die Drakenstein stadsraad het gekrimp van 17 tot slegs vier - Bokkie Claasen, André de Villiers, Danie Kotzé en Titus Williams.
De Villiers het besluit om in die NNP te bly, terwyl die ander drie se posisie nog nie duidelik is nie.
Claasen en Williams het nog geen aanduiding gegee van hul standpunt nie, terwyl Kotzé sê hy het nog genoeg tyd om te besluit.
Nadat 9 NNP-raadslede na die ANC oorgeloop het, staan die ANC-getalle in die munisipale raad van 58 lede tans op 36.
Een NNP-lid, Jean Smit, het teruggekeer na die DA, en drie lede, Miriam Adriaanse (dogter van Bokkie Claasen), Carel Heyns en Solomon Ross, het hulle by die Onafhanklike Demokrate geskaar.
Geskorste lede
Intussen het die drie geskorste lede van die ACDP ook aangekondig dat hulle die party gaan verlaat. Een van hulle is raadslid Ether Kearns, wat nog nie besluit het by watter party sy gaan aansluit nie.
"Ek glo steeds in die grondwet en beginsels van die ACDP, maar die optrede van sy leiers het my diep teleurgestel en ontnugter," sê raadslid Kearns.
Sy het met die Paarl Post gepraat na aanleiding van die voorval in die laaste raadsvergadering, waar sy die saal moes verlaat omdat sy deur haar party geskors is.
Kearns sê sy en nog 14 lede is reeds vroeg in die jaar mondelings verwittig van hul skorsing.
Daar is drie Drakensteiners onder dié veertien. Die ander twee is dr Norman Kahlberg (Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit) wat intussen oorgeloop het na die DA, en Sharon Davids, voorsitter van die Drakenstein-streek (wat nie 'n raadslid is nie).
Die skriftelike aanklagte het hulle eers in Julie ontvang en tot op datum is daar nog geen arbitrasie of verhoor gehou nie.
Die grondwet, wat bepaal dat nuwe lede deur 'n komitee van kerkleiers gekeur word, en geen nuwe lid 'n leiersposisie mag beklee voordat die lid hom/haarself bewys het nie, is geminag, meen hulle.
Raadslid Kearns sê sy sien nie haar weg oop om langer by die ACDP te bly nie: "Ek het nog twee weke oor om te besluit oor my politieke toekoms."
Sharon Davids ondersteun dié standpunt en sê sy kan haar nie meer met die "onchristelike" optrede van die ACDP vereenselwig nie en gaan bedank uit die party.
Kearns en Davids het die naweek met hul ondersteuners vergader en hulle ingelig oor hulle besluit
Verdere oorlopery kan nog plaasvind tot Woensdag.
* The NNP members in the Drakenstein town council have dwindled from seventeen to four. |
 |
|
 |
Tronk toe ná moord |
|
|
 |
|
 |
LUIDE applous deur inwoners van Pniel het Dinsdag in die Kaapse Hooggeregshof die vrou wat tronkstraf opgelê is vir die dood van hul gewilde Deon de Wet, op haar eensame pad gestuur.
Petroleen de Wet (36) is tot vier jaar tronkstraf gevonnis, 'n lewe gans anders as dié waaraan sy as die eggenoot van die skatryk sakeman gewoond was.
Sy was tot hierdie week op borgtog van R15 000 en het elke hofsitting netjies versorg bygewoon. Dinsdag het sy egter op 'n hopie agter in 'n polisievangwa gesit, op pad na haar nuwe lewe in die tronk.
Haar mede-aangeklaagde Ivan Benting (32) is tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis vir sameswering om aan te rand en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
De Wet was 30 toe hy vier jaar gelede in sy bed doodgeskiet is.
Petroleen se ouers, afgetrede vrugtehandelaars Norman en Maureen Parks, woon ook in Pniel.
Die twee De Wet kinders, Deodette (11) en Leigh (8), sal nou by familielede van Deon de Wet bly. Volgens familie is sy sakebelange ná sy dood verkoop en die geld in 'n trust vir die kinders geplaas. |
 |
|
 |
Jewellery boxes emptied |
|
|
 |
|
 |
IT is only money, at least my family is safe.
Thus was the brave reaction of a Paarl woman who lost jewellery worth more than R200 000 to burglars at the weekend.
Tacey Wise was out for two hours on Saturday afternoon when burglars pushed the security bars from a window facing Templier Street and climbed into her bedroom.
They emptied the contents of her wardrobes onto the floor and tipped the jewellery onto her bed.
"They knew what they were looking for," Wise said.
"They took all the solid gold, diamonds and sapphires and were very selective with the silver and other stones.
"I used to leave the jewellery at the bank, but the cost of hiring a vault has become astronomical."
Wise seldom wears her jewellery, century old heirlooms from her godmother and valuable pieces given to her by her late husband, an amateur jeweller.
"But it is only money. At least my family is safe," she says.
"I am only really sad about the silver cross I have had since my confirmation 50 years ago.
"And they broke my musical jewellery box - they even took the ballerina!"
The 6cm long stirling silver cross has a raised centre with the typical Celtic pattern all over the piece.
Among the more than 30 pieces missing, is a gold ring with a large garnet, another gold ring with three garnets and small diamonds in between, a gold bracelet with five gold sovereigns, a key lock and safety chain.
"If I had known it would be stolen, I could have sold it all, and had a house built.
"I've made up my mind. If I get it back, I will sell some and donate the money to the Police Widows and Orphans Fund, and for the rest, I will build that house."
Detective-Insp Hennie Williams (807-4000) investigates. |
 |
|
|
Manne op en wakker |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
|
 |
DIT help as 'n man nie kan slaap nie, en natuurlik ook as jy twee fikse polisie-konstabels het om te kom uithelp.
Dis hoe twee kalante wat by 'n motor in Oranjestraat, Paarl, probeer inbreek het, verlede week aan die pen gery het.
Toe 'n wakker inwoner Woensdagnag om 03:20 die polisiestasie inlig oor die inbraak by 'n geparkeerde motor, is die twee studentkonstabels op patrollie dadelik in kennis gestel.
Garth Fredericks en Ansley Andrews is haastig na Oranjestraat waar twee jeugdiges baie verbaas was om die gereg so vinnig op hul spoor te sien.
Die linker-agterruit van 'n geparkeerde motor was reeds gebreek.
"Die twee het tussen twee motors gehurk, maar toe hulle ons sien, het hulle genael," het konst Fredericks gesê.
"Hulle hardloop toe nogal in twee verskillende rigtings, maar hulle het vergeet ons is ook twee!"
Konst Andrews het ná 100m opdraend sy verdagte in Houtstraat vasgepen en Fredericks het na 200m afdraand sy man in die Hoofstraat vasgevat.
Sammy Michaels en Juan Baartman, 18-jariges van Chicago, Paarl-Oos, is van diefstal uit 'n motorvoertuig aangekla.
"Ons is fiks gemaak in die polisiekollege," het die twee konstabels gelag, "maar so 'n gehardloop maak moeg!'
Groot geld
*Sy beursie het die grypdief laat val, maar die koevert met R7 200 het saam met die man in Noorder-Paarl verdwyn.
André le Roux, stewig-geboude Paarlse paneelklopper, lyk beslis nie soos 'n sagte teiken nie, maar dit het 'n aanvaller nie verhoed om hom in die Hoofstraat te beroof nie.
Le Roux het Dinsdag verlede week om 19:30 voor 'n winkel op die hoek van Moll- en Hoofstraat stilgehou,
"Toe ek uitklim, voel ek 'n stamp van agter teen my," het Le Roux gesê. "En daar hardloop die man."
"Hy het my beursie gegryp, én die lang koevert met geld wat ek moes gaan bank."
Le Roux het rondgekyk en gesien hoe die man die beursie laat val. Hy het dit opgetel en die man agternagesit totdat hy in die wingerde teen Paarlberg verdwyn het.
"Daar het 'n groep van so 30, vermoedelik 'n bou-span, ook op die sypaadjie gestaan en alles rustig aanskou. Ek wou eers die polisie bel, maar wat help dit tog.
"Ek het nou wel baie verloor, maar ek moet seker dankbaar wees. Dit kon erger gewees het," het Le Roux gesê. |
 |
|
 |
Kollege se leerlingskappe 'n werklikheid |
|
|
 |
|
|
DIE Hugenote Kollege op Wellington het 'n splinternuwe program vir leerlingskappe in maatskaplike hulpwerk ingestel.
Die leerlingskappe is spesiaal ontwikkel om mense wat voorheen benadeel is, die geleentheid te bied om hulself beter toe te rus terwyl hulle 'n voltydse betrekking beklee.
Die klem word veral op praktiese werk geplaas.
Hugenote Kollege is die eerste voorsiener van dié diens in die land.
Hulle het onlangs begin met die opleiding van vrywilligers vir die Departement Maatskaplike Dienste en Bevolkingsontwikkeling van die Noord-Kaap.
Dié program is deur die Minister van Openbare Werke, Stella Sicgau, in Galeshewe naby Kimberley van stapel gestuur is.
Die Noord-Kaapse Departement Maatskaplike Dienste en Gemeenskapsontwikkeling het 37 vrywilligers uit die Francis Baardstreek, 32 uit die Siyandastreek, 14 uit die Namakwastreek en 17 uit die Pixley Ka Semestreek geïdentifiseer vir opleiding as Maatskaplike Hulpwerkers.
Die opleiding van die vrywilligers uit die Francis Baard- en Pixley Ka Semestreek sal by die Hofgebou in Kimberley gedoen word, dié in Upington vir die Siyandastreek by die Streekskantoor en dié in Springbok vir die Namakwastreek by die Okiep Lodge.
'n Aantal fasiliteerders wat vroeër vandeesmaand in Wellington opgelei is, sal die opleiding in Springbok waarneem.
Aangesien dié provinsie so groot is, het die Kollege begin om mentors en koördineerders op te lei om te help met die proses.
Dié mentors en koördineerders sal studente modereer en assesseer onder leiding van die Kollege se dosente.
Werkgewers is volgens wet verplig om 'n maandelikse heffing te betaal vir vaardigheidsopleiding.
Wanneer 'n werkgewer van sy personeel laat oplei, kan die koste van die vaardigheidsontwikkelingsfonds verhaal word.
Die leerlingskap in maatskaplike hulpwerk is gerig op mense wat kan lees, skryf, onafhanklik kan leer en nie oor 'n graad 12-kwalifikasie beskik nie.
Leerlingskappe sal leerders in staat stel om van een vlak van opleiding na 'n volgende te vorder en sodoende verdere kwalifikasies te verwerf.
Opleiding kan, na gelang van die behoefte, by die Kollege plaasvind, of op die perseel van die werkgewer.Na voltooiing van die opleiding ontvang leerders die kwalifikasie "Further Education and Training Certificate in Social Auxiliary Work".
Dit is 'n NQF vlak 4-kwalifikasie waarmee hulle by die SA Raad vir Maatskaplike Diensberoepe as maatskaplike hulpwerkers kan registreer. |
|
|
 |
 |
 |
 |
|
|
|
|
|