|
week in Stellenbosch te sien was by die streeksuitdunne vir die Boland, Weskus en Swartland.
Die Universiteit van Stellenbosch se Instituut vir Wiskunde en Wetenskap Onderwys (Iwwous) en die Fakulteit Natuurwetenskap het as die gasheer van die streeksuitdunne opgetree.
Die Expo word jaarliks gehou en bied kans aan jong wetenskaplikes op skoolvlak om hul staal te toon met uitvindings, ontwerpe en navorsing in 24 verskillende wetenskaplike kategorieë.
By die Matie Expo het Melanie 'n goue medalje in die Landbouwetenskaplike afdeling gewen, met haar projek wat die kunsmatige inseminasie van kleinvee vergelyk het met natuurlike bevrugting.
Daarby het sy die Eskom-prys vir die beste projek deur 'n meisie ontvang, asook 'n spesiale prys van die Departemente Genetika en Plant- en Dierkunde van die Universiteit van Stellenbosch.
José en Keascher se navorsingsprojek oor vuur, wat in die energie-kategorie ingeskryf is, is ook beloon met 'n goue medalje.
Shana Roux en Chenell May van New Orleans Sekondêr het silwer ontvang. Brons het gegaan aan Chaneal Damons en Angelique Seekoei van Orleansvale, Joneil Michaels en Faith Prins (Paulus Joubert Primêr), Lauren Green (William Lloyd) en Thaakier Cook en Saleegh Sheik van Al Azhar. |