|
|
 |
 |
|
Sport |
 |
Zola rules Paarl race |
|
|
 |
LOCAL athletes dominated the Paarl Mountain half-marathon that was held on Saturday, with a confident Thembelani Zola (right) from Mbekweni securing victory.
The foursome of Zola (Mr Price Maties), Nkosana Mponeng (Wellington Athletics Club), Pieter Koopman (Mr Price Celtics) both of Wellington and Sibusiso Mbingeleli running for Topform took the lead from the start breaking away from the pack early.
At the 8km mark Zola started to pull away with Koopman and Mbingeleli giving chase, leaving Mponeng to choke on their dust some 500m behind.
The Wellington athlete however continued to keep them in sight and caught up with the two at the 16km mark.
At this stage Zola was leading with a comfortable lead of close to two minutes having fiercely pounded up the slopes of Paarl Mountain. |
|
 |
 |
|
|
LOCAL athletes dominated the Paarl Mountain half-marathon that was held on Saturday, with a confident Thembelani Zola from Mbekweni securing victory. |
|
 |
A kilometre later Mbingeleli again pulled away from Mponeng and Koopman, while the latter also split, with Mponeng giving chase in the third place.
The field stayed like that with Zola crossing the line in 69:58, Mbingeleli followed 67 seconds later with Mponeng clocking a time of 71:45.
Koopman was content with his fourth place.
"I was running my own race and didn't worry to catch up with Mponeng," said Koopman, who still holds the race record of 67:38 after the race. He is currently training for a marathon which takes place in China in December.
Mponeng described the weather and conditions as "100%" and said that the biggest competition of the race was for second and third position.
"Zola was in control the whole time."
His victory in the 71st Paarl Mountain half-marathon marks Zola's fourth consecutive victory in as many weeks having won the Atlantis and Kyocera 15km races and the Beaufort West half-marathon.
The first woman to finish was the Maties athlete Anneline Roffey in 89:36. Mareé Burger of Paarl Athletics Club finished in the third place in 96:08. |
 |
|
 |
Paarliet met raket tot ridder geslaan |
|
|
 |
|
 |
DIE Paarlse muurbalspeler, Kobus van der Vyver, se sportloopbaan het onlangs 'n groot hupstoot gekry met sy insluiting in die SA o.25 muurbalspan.
Dié SA o.25's oftewel die SA Knights soos hulle ook bekend staan, gaan in Desember na Londen, Skotland, Wallis en Ierland toer.
Die Paarliet, wat vir die Milnerton Muurbalklub speel, is tans die nommer vyf senior manspeler in die WP.
Hoewel hy tydens die SA Kampioenskappe in Junie as deel van die WP-span reeds in die eerste ronde sy wedstryd verloor het, het hy die keurders genoegsaam beïndruk om vir die nasionale o.25's gekies te word.
Van der Vyver is ook die enigste WP-speler in die sesmanspan.
Dit is die eerste keer dat hy in enige SA muurbalspan opgeneem is.
"Ek het dit oorweeg om te onttrek weens 'n gebrek aan finansies, maar al die top spelers waarmee ek tot dusver gepraat het, sê dit is 'n moet.
"Die toer is fantasties vir jou muurbal en doen wondere vir jou spel," sê Van der Vyver.
Die span sal 35 wedstryde speel tydens hul ses weke oorsee teen teenstanders wat onder die top 100 spelers in die wêreld tel.
"Baie van die Suid-Afrikaanse spelers wat al op die toer was, bou sulke goeie kontakte op dat hulle dikwels deur van die oorsese klubs genooi word om vir 'n ekstra paar maande daar te speel," vertel hy geesdriftig.
Van der Vyver benodig R40 000 vir die toer en enige donasies en borgskappe sal welkom wees. Hy kan geskakel word op 082-829-6002. |
 |
|
 |
Burke op flank vir Kavaliers |
|
|
 |
|
 |
IN 'n interessante skuif, sal die haker en kaptein van die Boland Kavaliers, Conrad Burke, Saterdag as flank uitdraf teen die Luiperds op Wellington.
Beserings aan die flanke Chris Potgieter (enkel), Kobus le Roux (knie) en Denzil Frans (gekraakte skeenbeen) het die afrigters, Hawies Fourie en Denver Pienaar, genoodsaak om Burke op die posisie in die begin vyftiental in te sluit.
Die groot impak wat die plaasvervanger-haker, Gustav Rademeyer, op wedstryde gehad het, is ook beloon met sy insluiting in die beginspan.
Hoewel daar wel 'n flank in die vorm van Angelo Brinkhuys op die bank is, het Burke se leierseienskappe dit nodig gemaak om hom in die span te behou. Flank is egter nie 'n nuwe posisie vir Burke nie wat in heelwat wedstryde na die sykant van die skrum verskuif het, as Rademeyer sy verskyning op die veld maak.
Die Kavaliers draf 16:00 op. In 'n voorwedstryd speel die Boland o.20's om 14:20 teen die Luiperds.
Die span is Antonius Verhoeven, Ryno Benjamin, Piet van Zyl, Jacques Badenhorst, Jongikhaya Nokwe, Solly Goosen, Charl Blom, Henley du Plessis, Jaco du Toit, Conrad Burke (k), Henk Eksteen, Dawid de Villiers, Tommy Dixon, Gustav Rademeyer, Fabian Brandt. |
 |
|
 |
Angstige dae vir Peoples |
|
|
 |
|
 |
SPELERS en ondersteuners van Young Peoples Rugbyklub gaan vir die volgende agt dae op hete kole sit.
Die Tiere se 26-15 nederlaag teen Elsiesrivier Saterdag beteken dat dié klub nou afhanklik is van 'n paar gunstige uitslae om in die WP se eerste liga te bly.
Peoples het weer eens nie vir die volle 80 minute voluit gespeel nie.
Die tuisspan het vir 60 minute saamgesels, maar toe dinge 'n bietjie rof begin raak het, het die span heeltemal uit die bus geval.
Dit was weer 'n geval van swak verdediging op kritieke tye, terwyl power besluitneming en nog slegter stelskopwerk die Tiere se grootste remskoen was.
Leon Williams, Bernard Davids en Irvin Martin het vir Peoples drieë gedruk.
Die tweede en derde spanne het 21-8 en 3-0 gewen.
Die Tiere speel oor 'n week teen Paarl Rugbyklub en dit is 'n wedstryd wat hulle sal moet wen.
Peoples sal egter presies weet waar hulle staan ná die naweek se uitgestelde wedstryd tussen die twee agterosse, Hamlets (30) en Korrektiewe Dienste (17). As Hamlets die bewaarders ore aansit, skuif hulle uit die relegasiesone en maak hulle plek vir Peoples wat tans 33 punte het.
Hamlets se orige wedstryd is teen Silvertree wat tans vierde lê en beslis een van die sterker spanne in die liga is.
'n Wen sal egter nie onmoontlik wees vir die span van Mamre nie en dan kan dit probleme voorspel vir die Paarlse Tiere. |
 |
|
 |
Paarl Rugbyklub lyk goed |
|
|
 |
DIE manne van Paarl Rugbyklub het Saterdag met skitterende rugby in die tweede helfte vir Strand 31-20 in hul wegwedstryd geklop.
Ondanks 'n felle aanslag deur Strand se voorspelers het die Paarliete die botoon gevoer en die een aanval na die ander op Strand se doellyn geloods - én hul geleenthede in punte omskep.
Spelers wat die oog gevang het was Jacques Hendricks, Stefan Grobbelaar, Johannes Voster en die kaptein, Morné Kershoff.
Hendricks, Marco Martin en Trevor Fransman het drieë gedruk terwyl Hendricks twee doelskoppe en vier strafskoppe oor die pale geklits het.
Paarl II en III het onderskeidelik 21-7 en 5-3 verloor. |
 |
Gaan fietse na vir Lentebyeenkoms |
|
|
 |
|
 |
FIETSRYERS kan Saterdag die nuwe seisoen behoorlik vanuit hul sale begroet wanneer Yorkshire Fietsryklub sy Lente Fietsry Uitdaagbyeenkoms aanbied.
Dit is vanjaar die vierde keer dat die byeenkoms gehou word en 'n vol program word vir die dag beplan.
Fietsryers sal by Ivanhoe Park in Klein Drakensteinweg bymekaarkom vir die byeenkoms wat deel uitmaak van Yorkshire se 85ste bestaansjaarvieringe.
Wedrenne vir groot tot klein sal aangebied word en sluit in 'n 1km driewielwedren vir twee- tot agtjariges, 'n 20km prettrap vir die hele gesin, ontwikkelingsklinieke en -wedrenne vir skoliere en wedrenne vir geregistreerde fietsryers.
Deelnemers aan die 20km prettrap kom ook in aanmerking vir 'n gelukkige trekking.
Prysgeld vir die Boland Ligawedrenne beloop R3500. Die wenner van die hoofwedren - die Ope - sal R800 ontvang. Die volgende vier ryers sal ook kontantpryse wen. Lotingspryse is ook op die spel vir deelnemers aan die 20km prettrap.
Inskrywingsvorms is beskikbaar by Kevin Green Sport, Bredastraat of skakel 083-949-4501 of 083-292-4691 vir navrae. |
 |
|
 |
Roses maak klaar |
|
|
 |
DIE span van Roses United sluit Saterdag 'n baie veeleisende seisoen af met 'n wegwedstryd teen Villagers Worcester op laasgenoemde se tuisveld.
Die wedstryd behoort baie opwindend te wees aangesien die vorige wedstryde tussen die twee spanne gekenmerk was deur goeie hardlooprugby.
Roses het slegs een wedstryd die afgelope maand gespeel en sal moontlik nie op alle silinders vuur nie, maar behoort steeds 'n groot faktor in die wedstryd te wees.
Die bus vertrek om 11:00 vanaf Claassenstraat en is R20 per persoon. |
|
|