safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 9 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 17 Octcber  2003 at 17:00

Business - Sakenuus


Historiese voetpad kry groot hupstoot

[ Top ]


EEUE gelede het olifante oor die Franschhoekberge 'n pad getrap om hul kalwers in die vallei groot te maak.

Dinsdag is die nuwe toegangspunt tot die gerestoureerde roete (Cats se Pad) amptelik geopen in die Mont Rochelle Natuurreservaat.

Die ou olifantpad by Franschhoek (vroeër Olifantshoek) is nou die poort na een van Suid-Afrika se uniekste omgewingsbates, die Mont Rochelle Natuurreservaat en die beoogde Boland Biosfeer Reservaat.

Die roete is van 1818 tot 1819 deur SJ Cats as ossewaroete oor die Franschhoekberg gebou.

Dit was die eerste kommersiële roete tussen die Boland en Overberg en strek oor 10,5 km (die gebied naby Villiersdorp waar die pad eindig is 'n Nasionale Erfenisgebied).

Die roete is tussen 1822 en 1825 in opdrag van Lord Charles Somerset deur majoor Holloway verbeter. Baie soldate.

wcatsFC

NUUT. 'n Deel van die span wat die rehabilitasie van Cats se Pad moontlik gemaak het, kyk ingenome na die oorvloed van plantspesies by die beginpunt van hierdie historiese roete buite Franschhoek. Van links is Johan le Roux (superintendent van Natuurbewaring by Stellenbosch Munisipaliteit), Dudley Davies (hoofbestuurder van Absa Besigheidsbankdienste Wes-Kaap), Otilia Gericke (Frandevco se landskapper) en Attie Steyn (sekretaris van Mont Rochelle Natuurreservaat se Advieskomitee).

van die "Royal African Corps" is gebruik as padbouers.

Die oorblyfsels van Cats se Pad en die Holloway-pad, die oudste in Suid-Afrika, is nog plek-plek te sien.

Die adviesraad van die Mont Rochelle Natuurreservaat het in 1993 en 1994 die twee paaie in 'n 10km wandelroete omskep en vanjaar is dit herstel en aangepas om as poort tot die Mont Rochelle Natuurreservaat, die komende eko-toerismesentrum en beoogde Boland Biosfeer te dien.

Die nuwe toegangspunt  is ontwikkel in noue samewerking tussen Mont Rochelle Natuurreservaat, die privaatsektor-ontwikkelaar Frandevco, die Stellenbosch Munisipaliteit en Absa (finansierder van die projek).

'n Unieke kenmerk van Cats se Pad is die skaars plante wat hier voorkom. Protea, heide, tolbos en verskeie ander blomme is op hierdie roete te sien, asook klipspringers en ribbokke, en meer as 160 voëlspesies.

Toegang geskied per permit, verkrygbaar by Franschhoek toerismeburo. Die ingang is vanaf die R45 hoofpad by Franschhoek, rigting Villiersdorp, langs Haute Cabriere landgoed. 

Volgens Attie Steyn, vir 20 jaar lank Sekretaris van Mont Rochelle Natuurreservaat se Adviesraad, is daar reg aan die onderpunt waar die 10,5 km lange wandelpad naby Villiersdorp eindig, drie soorte Erica plante in die heide familie wat op die rooidatalys is (op die rand van uitwissing), naamlik die Erica hibertia, Erica purgatoriensis en Erica chrysocodon.

Boonop is met die volhoubare toerisme- en landbouontwikkeling op die meentgrond ook drie bedreigde plantspesies op die meent herontdek - die Serruria gracilis van die Protea familie, Osmitopsis asteriscoides en Cliffortia strobilifera vleiland fynbos.

Frandevco beplan ook om 'n "Mens en Biosfeer Opvoedingsentrum" op die meent te vestig, waar wandelaars en besoekers inligting kan kry.

* A new gateway to the Cats hiking trail has been opened


Council consults with business

[ Top ]


WHAT are you doing about front companies when it comes to your procurement policy?

What are you doing to ensure that money allocated to small, medium and enterprises (SMME's) reaches the people?

These are some of the questions posed to the Boland District Municipality at a recent IDP consultative meeting with business people in Paarl.

Kam Chetty, Municipal Manager, said front companies present a serious loophole in the policy.

"However, we manage it with a fairly innovative procurement system."

Chetty said support to SMME's was very difficult, as many entrepreneurs work from home: "We would appreciate your input in this matter."

Mayor Clarence Johnson said the meeting was an attempt to interact with business.

He mentioned several new developments on the economic front, among which were the new R1,5 billion dam in the Berg River and an office of the South African/Dutch Chamber of Commerce in Stellenbosch.

"I also believe that Paarl and Worcester's tourism potential is not fully developed and we will have to look into this matter."

The Boland District Municipality (BDM) is composed of five B-Municipalities (Drakenstein, Stellenbosch, Breede Valley, Breede River/Winelands and Witzenberg) with a total population of 630 000.

The core functions of the BDM include spatial planning, fire services, disaster management, public transport planning, tourism, rural housing projects, primary health care, environmental health services, local economic development, public safety, promoting integration and co-ordination of government services and grants to municipalities.

Provision of housing is one of the main objectives of the BDM. At the moment they are busy with three projects.

At Lanquedoc houses are being built for 610 families, jointly funded by Anglo American Farms, BDM and the Department of Land Affairs (DLA) with a total investment of R45 million.

At La Motte housing for 200 families is under construction - a total investment of R9,8 million by the BDM and DLA.

Another 200 families will be housed at Wemmershoek. Here an investment of R8,8 million is being made by the BDM and DLA.

Future projects are 124 plots and top structures at Hermon, as well as environmental impact studies and feasibility studies for housing at Meerlust and Nieuwedrift.

Chetty says 37 000 housing units are required for the whole district, which puts pressure on both land and services.

The Municipality wants to develop a housing strategy and plan for the whole district and to investigate the feasibility of establishing a housing company for the district.

Mayor Johnson also mentioned the investigation into changing the Municipality's name from Boland to Cape Winelands District Municipality. He emphasised the need for branding and capturing the essence of the region.

Businesses and other interested parties were invited to communicate with the IDP manager, Mike Mgajo, at mike@bolanddm.co.za.


Opleiding vir skakelpersoneel

[ Top ]


DIE publieke diensvlakke van wynkelders word eersdaags onder die vergrootglas geplaas by die eerste werkswinkel van sy soort wat spesifiek ontwikkel is om diens aan kelderbesoekers te verbeter.

Die werkswinkel word op 15 Oktober in die Zorgvliet Konferensiesentrum in die Banhoekvallei aangebied.

Mense wat optree, sluit in Katinka van Niekerk, wynkenner, dr Christa van Louw (US), dr Chan Makan, internasionaal bekende oor die problematiek van alkohol in die gemeenskap, en Theo Pegel, wynbedryfskenner, die skrywer en wingerdplaas-eienaar dr Riana Scheepers, en Riette Rust, wynskrywer.

Belangstellendes kan 863-0397 skakel.


Groot planne vir kleinboere

[ Top ]


DIE eerste dag wat ek op die plaas gekom het, het ek op my knieë gegaan en die grond gesoen en gesê ek is 'n boer! Só het Charles Pietersen sy nuwe lewe as kleinboer begin.

Hy is deel van 'n groep uit die agtergeblewe gemeenskappe van Carterville en Wamakersvallei, Wellington wat vroeër vanjaar die plaas Kweekvlei, 10 km noord van Wellington in Agter Groenberg, gekoop het vir R4,8 miljoen. Die plaas is sowat 206 hektaar groot.

Kweekvlei is deur Biz Afrika 1781, met 'n ledetal van 74, aangekoop met behulp van 'n skenking van Departement Grondsake (R3 miljoen LRAD-toekenning) en 'n lening van die Landbank (R2 miljoen.

Dit word deur hulle bedryf met die leiding van Alfred Cupido Business Management. Danie le Roux, die vorige eienaar, tree ook op as mentor vir die nuwe eienaars vir 'n minimum van twee jaar. Hy het bykans 50 jaar ondervinding van 'n Jersey-boerdery.

'n Besoek aan die plaas bring 'n mens gou onder die indruk van die moontlikhede, maar ook die struikelblokke wat hierdie jong landbouers in die gesig staar.

Daar woon agt gesinne op die plaas om na al die werksaamhede om te sien.

Die vyf direkteure, Phillip Booysen, Fiona Matthews, Charles Pietersen, Kallie Geslin en Jacobus Fortuin, is maar deurentyd op die plaas om hand te gee en 'n oog te hou.

Booysen en Geslin is in beheer van die wingerd, Pietersen en Fortuin van die melkery, terwyl Fiona Matthews oog hou oor die administrasie. Professionele besigheidsbestuur is 'n groot uitdaging, aangesien die aandeelhouers geen vorige opleiding ontvang het nie.

Opleiding is dus ook van groot belang vir die nuwe boere en hier sit Elsenburg hand by.

Die hoofprodukte van Kweekvlei is grootmaat ongepasteuriseerde melk, asook wit en rooi wyndruiwe, sowat 300 ton.

Die melkery het 'n roetine van sy eie, met sowat 100 Jersey-koeie wat twee keer per dag gemelk word. Die totale kudde bestaan uit 230 beeste.

"Dit is harde werk, koeie wag vir niemand nie," glimlag Pietersen.

Die melk word aan Simonsberg gelewer vir die maak van kaas.

Sowat 64 hektaar word deur wingerd beslaan. Kultivars sluit in Riesling, Steen, Cabernet, Hermitage en Pinotage.

Op die oomblik word die wingerd gesuiwer en plaagbestryding toegepas. Die druiwe word aan Wellington Wynboere gelewer. Hulle is aandeelhouers by Wellington Wynkelder.

Hulle het groot planne vir die toekoms, maar eers moet daar aan die huidige infrastruktuur gewerk word.

"Die trekker loop skaars en ons ander masjinerie is nie in 'n veel beter toestand nie," vertel hulle.

Die huidige gesukkel met kontantvloei is gte wyte aan die feit dat die 2003-wingerdoes na die vorige eienaar gegaan het, anders as wat in die oorspronklike sakeplan vervat is.

Biz Afrika 1781 BPK is die eerste swart bemagtigingsgroep in die Boland wat 'n plaas ten volle besit dmv die grondhervormingsinisiatief van die regering.

'n Seisoenlening van die Landbank sal binnekort die kontantposisie wesenlik verbeter. 'n Groot druiwe-oes word verwag, aangesien die wingerde tans in 'n goeie toestand is.

Dit mag op die oomblik broekskeur gaan, maar onder kry is min - hier is waar hulle wil wees en hier is waar hulle gaan bly.

Die plaas word op Saterdag 1 November amptelik ingewy met 'n besoek van die Ministers van Grondsake en Landbou en die Weskaapse Premier.

Mense wat meer wil weet, kan Pietersen (072-312-3387) of Booysen (083-978-8619) skakel.

* Ex-soldiers have obtained their own farm near Wellington with the assistance of land grants from the government.


Paarl skitter by Veritas

[ Top ]


VYF plaaslike wynmakerye het die Paarl se naam vanjaar hoog gehou by die Veritas toekennings. Hulle is onder die sewe kelders wat vanjaar drie dubbelgoud medaljes elk losgeslaan het.

Dié toppresteerders is Avondale, Fairview, KWV, Monis en Nederburg. Die ander topkelders was Simonsig (Stellenbosch) en Bon Courage (Robertson)

Avondale se bekroonde dubbelgoud wyne is die Les Pleurs Syrah, Shiraz en Muscat Blanc van die 2001 oesjaar.

Fairview se 2001 Akkerbos Chardonnay, 2002 Fairview SMV en 2002 Fairview Merlot het aan dié wynmakery drie dubbelgoud medaljes besorg.

KWV het drie dubbelgoud toekennings verower met hul 2003 KWV Reserve Sauvignon Blanc, 2000 Cathedral Cellar Triptych en 2000 Cathedral Cellar Merlot.

Monis het met drie dubbelgoud medaljes weggestap vir die 1993 Tawny Port en twee Medium Cream sjerries.

Nederburg is met altesaam 28 medaljes (die meeste van enige deelnemer vanjaar) bekroon, wat drie dubbelgoud ingesluit het vir die 2003 Private Bin D234 Sauvignon Blanc, 2001 Malbec Private Bin en 2001 Petit Verdot Private Bin.

Ander plaaslike kelders wat spog met een dubbelgoud elk is Graham Beck Coastal en Glen Carlou.

Goue medaljes is ook toegeken aan Perdeberg, Mont Destin, L'Ormarins, Dieu Donné, Coleraine, Boschendal, Boland, Anura en Alleé Bleu.

Wynliefhebbers kan Maandag in die Strandstraat Holiday Inn die spogwyne wat met dubbelgoud en goud Veritas medaljes skitter, beproef van 17:00 tot 21:00 en terselfdertyd met die bekroonde wynmakers oor hul suksesresep gesels. Toegangskaartjies is R80 elk by Computicket.

Besoek gerus die Veritas webtuiste by www.veritas.co.za vir meer inligting oor vanjaar se presteerders.

* Five local cellars shone at the Veritas wine awards.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za