|
by dié poging in te skakel. Die Munisipaliteit verskaf plante en bome, die gemeenskap verfraai verder en hou dit ook in stand.
"Ons wil die plek mooi hê. Dit lyk so asvaal, hier is nie eens 'n grassie of 'n boompie nie. Dit moet ook mooi lyk vir die toeriste," sê Martha Engelbrecht en Josephine Koopman.
Hulle is twee van die sowat 30 inwoners wat sedert begin Julie met die tuintjies en rotspakkery begin het langs een van die hoof-toegangsroetes na die Paarl.
Die eerste groepie wat met die mooimaakproses begin het, was die inwoners van Blok EE.
Gou-gou het die res van Loeriewoonstelle se inwoners ook die voorbeeld van Johanna Steenberg, Katriena Tiras, Resheila Roland, Willem van der Merwe, Anne Damonse en Johanna Olivier gevolg.
Elke woonstelblok bewerk die stuk grond wat oorkant die gebou lê.
Elke oggend word daar al van vroeg af onkruid uitgetrek, gespit en natgemaak.
Die plante en verf kry hulle maar waar hulle kan, vertel Martha, maar skenkings soos bemesting, plante en olieverf is altyd welkom.
En wie keer dat al dié harde werk nie deur vandale omver gewerp word nie?
"Ons," sê Martha, "Ons is deel van die Amstelhof buurtwag.
"Ons stap elke aand tot 02:00 in die week en tot 07:00 die oggend op naweke. Ons sorg so dat niemand ons werk ongedaan maak nie."
Inwoners van Chicago en Amstelhof is ook besig met verfraaiing.
* Local residents have beautified one of the main entrances to Paarl. |