safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 9 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 17 Octcber  2003 at 17:00

Youth - Jeug


wgim1FC

GROET. Hierdie Gimmies het hul matriekafskeid feestelik gevier. Van links is Tharisa Rabie, Ilze Visser, Heloise Louw en Monique van Schalkwyk.


Leerders glim in donker

[ Top ]


DIE sinnelose dood van jong kinders is iets wat moeilik verwerk word, het Leon de Jager, adjunk-direkteur van Onderwys (OBOS Weskus/Wynland), gesê tydens die onlangse Voetganger Sigbaarheidsprogram in die Paarl.

Glimbande is aan leerders van 40 skole van Drakenstein, Stellenbosch, Breedevallei, en Witzenberg uitgedeel.

"Veral in landelike gebiede waar huise ver van die skool af is en kinders in die donker reeds begin stap, is hierdie bande 'n manier om hulle sigbaar te maak."

Voetgangersterftes vorm 45% van alle ongevalle op paaie in die Wes-Kaap, die hoogste van al die provinsies. Dit is sowat 600 sterftes per jaar.

"Dit is belangrik dat ons moet toesien dat die bande gedra word," het De Jager benadruk en bygevoeg dat dit nie net die onderwyser se plig is nie.

"Met die glimbande wat vandag hier uitgedeel word, wil ons poog om leerders te beskerm teen liggaamlike beserings,"het Edmund Pheko, Boland Distrik raadslid, gesê.

Die glimbandprojek is 'n gevolg van uitgebreide navorsing deur die WNNR om die gevaarlikste voetgangerareas te bepaal en te probeer oplos.

Glimbande was een van die mees geslaagde projekte in die landelike gebiede. In die Wynland-gebied is voetgangersterftes binne een jaar met 82% verminder.

'n Werkgroep is in September verlede jaar gevorm om te fokus op die sigbaarheid van leerders. Geld is verkry van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Arrive Alive en die Nasionale Departement van Vervoer vir die maak van glimbande.

* Reflective sashes save pedestrian lives.


Patrollies bo

[ Top ]


DIE Paarlvallei het skoonskip gemaak by die onlangse Boland Kompetisie vir Skolierpatrollies wat op Ceres gehou is.

Laerskool Gimnasium was eerste, gevolg deur Newton Primêr en Orleansvale Primêr.

Desmond Andrews van Drakenstein Verkeer, wat die organiseerder was van die kompetisie, sê die patrollies speel 'n baie belangrike rol in verkeersveiligheid.

Daar is op die oomblik 480 skolierpatrollies in die Wes-Kaap wat elke skooldag verantwoordelik is vir die veiligheid van drie miljoen leerders.

Andrews sê die standaard van die spanne wat aan die kompetisie deelgeneem het, was baie hoog.

Die spanne moes eers 'n teoretiese eksamen aflê en daarna is hulle prakties getoets.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za