safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 9 October 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 17 Octcber  2003 at 17:00

Sport


wwayne03FC

STILLE WATERS. Die 20-jarige Wayne August van Paarl Kanoklub is een van nege roeiers wat in die SA Snelroei-kanospan opgeneem is wat van 17 tot 20 Oktober in Tunisië aan die Afrika Snelroeikampioenskappe gaan deelneem. August is net een van die twee WP roeiers wat in die span ingesluit is en sal aan die 200m, 500m en 1000m items deelneem.


Krieket-aksie begin

[ Top ]


IN 'n spannende derby-kragmeting het Paarl Krieketklub Saterdag vir Young Peoples op die Parysvelde met vyf paaltjies geklop.

Ná 'n swak seisoen verlede jaar lyk dinge vir Paarl vanjaar stukke beter nadat hulle hul drie vriendskaplike wedstryde gewen het.

Verlede Saterdag het Paarl se wedstryd teen Wellington uitgereën. Paarl was na 15,1 beurte op 63/2 met Erasmus Hendrickse (30nun) en Anwell Newman (22) die twee lopiemakers.

Dié naweek het die weer egter saamgespeel. Paarl wen die loot en hul kaptein, Lynal Jansen, stuur Peoples in om eerste te kolf.

Peoples teken 209/7 in hul toegelate 60 beurte aan.

Bronwill Williams (32), Winston Fortuin (27) en kaptein, Roswin Jephta (59), het lopies gekry.

Vir Paarl het Alfredo Adams (2/34) en Clint Philander (2/20) baie goed geboul wat ondersteun is deur goeie diens in die veld.

Die tuisspan begin hul kolfbeurt op 'n goeie voet toe Erasmus Hendrickse (39) en Marco Walter (25) blitsig wegtrek met 'n lopietempo van vyf per beurt. Dié twee se vennootskap van 57 lopies lê 'n stewige fondament vir die res van die kolwers.

Met die telling op 115/5 kom die kaptein, Jansen (41nun) en Anwell Newman (57nun) bymekaar wat saam 95 lopies moker en die teiken in die 57ste beurt haal.

Paarl II klop Brackenfell II in 'n wegwedstryd met 88 lopies. Paarl teken 268/8 in 60 beurte aan, met goeie bydraes deur Graham Adams (75), William Petersen (60) en Rudy Andrews (41).

Brackenfell word uitgehaal vir 180 in 53 beurte met Allan Alexander (5/59) en Cameron Cupido (4/56) wat goed met die bal vaar.

Peoples II het op Daljosafat vir Stellenbosch-Distrikte met 9 paaltjies afgeransel.

Die Stellenbossers word uitgeboender vir slegs 113, met Edwin Jacobs (3/20), Javier Alexander (3/15) en Gercian Gabriels (2/35) wat die paaltjies inryg. 

Peoples behaal die teiken maklik met Jacobs (66 nun) en Jacques Krynauw (47 nun) wat goed kolf.

Saterdag speel Peoples I weg teen Wellington, die tweede span tuis teen Van der Stel en die derde span weg in 'n mini-derby teen Paarl.

Paarl I speel tuis teen Paarl-Oos, Paarl II speel teen Maties op Stellenbosch, Paarl III tuis teen Peoples en Paarl V ook tuis teen Klapmuts.


Baan-talent gesoek

[ Top ]


EEN van die eerste mylpale van Boland Atletiek realiseer Saterdag wanneer die seisoen afskop met die eerste van 'n reeks talent-identifiseringsbyeenkomste op Daljosafat Stadion.

Die byeenkoms word in samewerking met Boland Ussasa Sentraal-Streek aangebied en beloof om goeie atletiek op te lewer.

Van die Paarl se huidige SA kampioene soos Regan Julius (verspring), Stacey Gardiner (100m), Keenan Watson (verspring) en Maurice Fischer (hoogspring) sal in aksie wees.

Ander topatlete soos Jason September (stap), Odette Olivier (spiesgooi) en Bright Ndlovu (400m) sal ook hul staal wys.

Die eerste vier atlete in elke item sal volgende Saterdag aan die provinsiale byeenkoms op Worcester deelneem.

Saterdag se byeenkoms begin om 09:00, met atlete in ouderdomsgroepe o.11, o.13, o.15, o.17 en o.19 wat sal meeding.

Inskrywingsgeld is R5 per atleet wat ook toegang insluit. Toeskouers betaal ook R5.

Inskrywings en navrae kan by Brandon du Plessis gedoen word by 862-7523 (f) of 082-379-2756.  


Super 4 skop af

[ Top ]


DIE Drakenstein Super 4 rugbytoernooi het Vrydagaand met mening afgeskop, nadat ekstra tyd nodig was om 'n wenner te bepaal in die eerste halfeindstryd.

Albions en Paarl Rangers was die twee strydosse wat hard baklei het.

Die wedstryd het teen 'n hewige tempo weggespring, met albei wat met harde spel die oorhand probeer kry het.

'n Oorvloed foute en swak dissipline het egter die vloei van die spanne se spel deurgaans onderbreek.

Rustyd was die telling steeds 0-0 nadat Mark Adams, Rangers-skrumskakel, en Alwyn Hugo, Albions se linkervleuel, albei met strafskoppogings na die pale misluk het.

In die tweede helfte slaag Hugo met 'n strafskop om Albions te laat voorloop, maar nie vir lank nie.

Kort daarna sit Adams ook 'n strafskop oor om sake weer eens gelyk te maak en so bly dit dan ook tot die eindfluitjie blaas.

Vroeg in ekstra-tyd druk Hugo vir Albions in die hoek na 'n mooi agterlynbeweging.

Die Albions-skare is egter gou stilgemaak toe Granville Jones vir Rangers onder die pale gaan druk na 'n puik skoppie oor die verdedigers se koppe.

Adams verdoel om Rangers 10-8 die voortou te gee.

Albions verseker egter die wen toe John Stevens (losskakel) sowat 60m nael vir 'n drie onder die pale, wat Selvyn Isaacs (skrumskakel) verdoel vir 'n 15-10 sege.

Young Peoples was vroeg 12-0 voor na drieë deur Geoff Paulse (flank) en Jody Davids en 'n doelskop deur Melvyn Hermanus.

Nog 'n drie deur Paulse asook twee drieë deur Gardens se Anwar Daniels (heelagter) en Dick Green (vleuel) het die rustydtelling 17-10 gemaak.

Ondanks 'n drie deur Hermanus vroeg in die tweede helfte wat hy self verdoel het, het Gardens hard teruggeveg en die Tiere vir lang periodes op die agtervoet gehad.

Drieë deur Gardens se Arudd Fortuin (senter) en Nico Fortuin (slot) asook doelskoppe deur Chesley Theo en Johan Coucomp het Gardens op 24 punte gebring, terwyl Hermanus nog 'n doel behaal het vir die 31-24 wentelling.

Môreaand 19:30 speel Paarl Rangers en Young Gardens in die plaatfinaal om die derde en vierde plekke, terwyl Peoples en Albions sake in die Bailey-bekereindstryd sal uitspook vir die Super 4 titel.

Hekke open om 16:45 met wedstryde tussen New Orleans en 'n Super o.14-span (17:15) asook Klein Nederburg en 'n Super 4 o.16 (18:15).           


Wellington tem kolfblaaie

[ Top ]


DIE Three Ships Wellington Krieketklub het die seisoen op 'n hoë noot begin met die eerste en tweede span wat dié naweek maklike oorwinnings behaal het.

In Wellington I se wedstryd teen Paarl-Oos wen die tuisspan die loot en op 'n boulervriendelike blad stuur hulle vir Wellington in om eerste te kolf.

Dit blyk 'n goeie besluit te wees nadat Wellington slegs 189/9 aanteken in hul toegelate 60 beurte.

Paarl-Oos se beste boulers was Dennis November met 5/55 in 19 boulbeurte en Graig Abrahams wat agt boulbeurte geboul het, ses daarvan leë beurte, en 1/4 agter sy naam gekry het.

Timmy Cornelissen (40, 7x4) en Godfrey Stevens (26) is die top lopiemakers vir Wellington.

Paarl-Oos het egter nie rekening gehou met die Wellington boulers nie en hulle word vir 80 lopies uitgehaal.

Hier het Godfrey Stevens (4/23) en Greg Jardine (3/22) uitgeblink. Vir Paarl-Oos kon slegs Henrico Sampson (31) en Waylin September (18) lopies aanteken. Wellington wen dus met 108 lopies.

In die tweedespan se wedstryd teen Vredenburg/Saldanha wen Wellington die loot en boul eerste. Vredenburg word vir slegs 109 lopies uitgehaal.

Jaco Conradie (3/21), Leon Labuschagne (3/34) en Cedric Williams (3/29) maai onder die kolwers.

Wellington se kolwers, met Fritz Basson aan die spits, behaal gou die teiken. Basson teken 71nun aan wat agt grenshoue en drie sesse insluit.

Wellington behaal die wenlopies in die 24ste beurt met die verlies van slegs een paaltjie. Hy is goed bygestaan deur Rudi de Bruin (27nun).


Paarl Post Sportfinaliste aangewys

[ Top ]


DIE 12 finaliste vir vanjaar se Paarl Post Sportman- en vrou van die Jaar kompetisie is verlede week deur die beoordelaars aangewys.

Die taaiste kompetisie was in die junior afdelings met die genomineerdes wat mekaar kwaai opdraand gegee het.

In die afdeling junior vroue is die nominasies Stacey Gardiner en Marné van der Burgh, albei vir atletiek, en Tanya Rossouw vir haar prestasies in bergfietsry.

Die beste drie inskrywings in die afdeling junior mans is nog 'n atleet, Sors Joubert, 'n karateka, Emile Clayton, en die rugbyspeler, Pieter Louw.

Sake onder die senior vroue word uitgespook tussen Erica Lastrade (judo), Maureen Smith (duathlon) en Dianthea Thyssen (netbal).

Judo het weer 'n plasing in die senior mansafdeling, met Willie Stoffels wat hier 'n finalis is.

Die stoeier, Coenraad de Villiers, en fietsryer, Garth Thomas, is die ander aanspraakmakers in dié afdeling.

Die wenners sal Maandagaand tydens 'n dinee aangekondig word.

Finaliste met navrae kan Leon Steenkamp skakel by 871-1170.  


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za