|
|
|
 |
|
|
 |
|
|
|
|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
|
|
Thursday 9 October 2003 |
|
|
|
 |
|
|
This site will be updated on 17 Octcber 2003 at 17:00 |
|
|
|
Vacancies |
|
|
|
|
|
ENVIRO PAPER & PULP SUPPLIERS BK
MR PAPER, PAARL-TAK
DEBITEURE & STATISTIEKE-KLERK
• Rekenaarvaardig: Excel, MS Word
• Statistieke • Debiteure • Telefoonvaardigheid • Tweetalig (Afr en Eng)
Salaris R2 500 per maand. Geen ander voordele.
Vir navrae, skakel Tel: (021) 872-1270 Faks CV na (021) 872-0511 |
|
|
|
|
|
TOESIGHOUER / VOORMAN
'n Wingerdplaas tussen Paarl en Franschhoek is op soek na 'n persoon om bogenoemde pos te vul. Die geskikte kandidaat moet:
- Oor eie vervoer en behuising beskik - Minstens 5 jaar ondervinding hê in soortgelyke pos - Minstens 10 jaar ondervinding hê in wingerdbou - Goeie interpersoonlike vaardighede hê - In besit wees van 'n kode 10-lisensie.
Belangstellendes kan 'n verkorte CV pos aan: Die Adverteerder, Posbus 1138, Wellington, 7654.
Sluitingsdatum: 23 Oktober 2003 |
|
|
|
|
|
KEARLEY'S TRANSPORT DIESELWERKTUIGKUNDIGE
Ons benodig die dienste van 'n gekwalifiseerde werktuigkundige om by ons werkswinkel aan te sluit.
Aansoekers met 'n stabiele agtergrond en kontakbare verwysings kan aansoek doen.
Ondervinding op M.A.N. vragmotors, Detroit masjiene en 'n kode 14-lisensie sal voorkeur geniet.
Hoogs onderhandelbare salaris-pakket word aangebied.
Kontak M. Burmeister by (021) 864-1820 of faks u CV na (021) 864-1205. |
|
|
|
|
|
SENIOR SEKURITEITSBEAMPTE
Bekende vervaardigingsmaatskappy in die Paarl benodig die dienste van 'n Senior Sekuriteitsbeampte.
Die geskikte kandidaat sal oor 'n matrieksertifikaat beskik asook 'n Graad C sekuriteitseksamen geslaag het.
Pligte behels die hantering van alle sekuriteitsaspekte volgens voorgeskrewe regulasies en prosedures op die perseel sowel as in die fabriek. Daarmee saam sal die beveiliging van werknemers, kontrakteurs, besoekers en alle bates van die maatskappy, 'n integrale deel vorm van die daaglikse pligte.
Die suksesvolle kandidaat sal ook verantwoordelik wees vir die opleiding van werknemers en kontrakteurs betreffende veiligheidsprosedures en die hantering van noodsituasies.
Administratiewe take wat die pos betref moet te alle tye op datum gehou word. Die kandidaat moet beskikbaar wees om skofte, oortyd en naweke te werk. Slegs kandidate wat oor minimum 5 jaar ondervinding en die gepaste sertifikate beskik hoef aansoek te doen vir die uitdagende posisie.
Faks CV's vir Beulah (021) 872-0695 of e-pos na beulah@utegasshr.co.za |
|
|
|
|
|
JUNIOR BOOKKEEPER
A small audit practice wishes to hire a junior bookkeeper with the following minimum requirements:
• well versed in Pastel V5/6 • Competent in the use of Word and Excel • experienced in performing routine month-end reconciliations • experienced in completing VAT, PAYE, WCA and RSC returns
Own transport would be an advantage.
Remuneration commensurate with experience.
Send a comprehensive CV, with current references to PO Box 2532, Paarl, 7620 |
|
|
|
|
|
PAARL POST
is 'n dinamiese drukkersonderneming wat spesialiseer in die druk en lewering van hoë gehalte koerantwerk. 'n Geleentheid word hiermee aangebiend vir 'n
MILLWRIGHT
Ons nooi energieke, prestasiegedrewe vakmanne met 'n Millwright kwalifikasie en 3 jaar na vakleerling/leerlingskap-ondervinding, wat oor die vermoë beskik om onafhanklik te werk, om by hierdie vooruitstrewende en dinamiese werkgewer aan te sluit, waar jy vir die volgende take verantwoordelik sal wees:
• instandhouding van hoë-spoed produksietoerusting soos MAN drukperse, kompressors, pompe en ander drukkersmasjinerie • foutopsporing en probleemoplossing op die bogenoemde toerusting • Ondervinding van pneumatiese/hidrouliese/meganiese stelsels • Ondervinding van elektriese en elektroniese stelsels
Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om oortyd te werk asook bystand- en uitroepdienste te lewer. Moet onder druk kan funksioneer. Dit sal verder tot jou voordeel wees indien jy ondervinding het op MAN masjinerie asook reeds erkende en geakkrediteerde gesondheid- en veiligheidskursusse bygewoon het.
Indien u aan bogenoemde vereistes voldoen en bereid is om 'n nuwe geleentheid in die dinamiese drukkery te aanvaar, kan u 'n volledige CV rig aan die Bestuurder: Produksie, Colin Pretorius by colin@ppost.co.za of Faks: 021-872-6889. Indien u nie terugvoering vanaf hierdie kantoor teen 31 Oktober ontvang het nie, kan u u aansoek as onsuksesvol beskou.
SLUITINGSDATUM: 24 Oktober 2003 |
|
|
|
|
|
ENVIRO PAPER & PULP SUPPLIERS BK
MR PAPER, PAARL-TAK
ALGEMENE ASSISTENT
• Rekenaarvaardig: Excel, MS Word • Telefoonvaardigheid • Tweetalig (Afr en Eng) • Goed georganiseerd • Netjies & professioneel
Salaris R2 500 per maand. Geen ander voordele.
Vir navrae, skakel Tel: (021) 872-1270 Faks CV na (021) 872-0511 |
|
|
|
|
|
WPK bestaan om velvaart vir al sy belanghebbers te skep.
PAARL
STOORASSISTENT
WPK Landbou Beperk verlang die dienste van 'n persoon om hoofsaaklik verantwoordelik te wees vir die hantering van kliënte met betrekking tot die verkope en navrae van pakmateriaal, die kontrole oor die bestaande voorraad, asook voorraadtellings en om pakmateriaal te ontvang en uit te laai.
Persone wat daarvan hou om met mense te werk, 'n sterk sin het vir verkope, kontrole en akkuraatheid, asook moontlike vorige blootstelling aan pakmateriaal vir die vrugtebedryf, is welkom om aansoek te doen.
Belangstellendes kan vir Gert van der Berg by (021) 872-2201 skakel vir meer besonderhede en 'n aansoekvorm, of 'n volledige CV faks aan hom (021) 872-2206. 'n E-pos kan ook gestuur word na gert.vanderberg@wpk.co.za.
Sluitingsdatum: 17 Oktober 2003 |
|
|
|
|
|
ANGLO AMERICAN FARMS LIMITED
Anglo American Farms Limited seeks to appoint the following PART-TIME positions at the Wine Tasting Centre at Boschendal for the period 1st November 2003 to 30 April 2004.
WINE ADVISERS
Reporting to the Wine Tasting Centre Supervisor your duties will include:
• Ensuring a high standard of customer service is maintained • Conducting wine tastings, Vineyard and Wine Cellar tours
The ideal candidate will have the following:
• Matric or equivalent; • Excellent oral communication skills and be fully bilingual in English and Afrikaans, a third language will be an advantage; • Be presentable, friendly, outgoing and confident in dealing with customers; • Be prepared to work on Saturdays and Sundays; • A relevant tertiary qualification and knowledge of the wine industry will prove advantageous; • Those applicants that have not passed the Cape Wine Academy Preliminary Wine Course will be provided with training - passing this course will be a requirement of the position; • Code 8 driver's licence.
Please forward your CV and covering letter to: The Taphuis Supervisor, Belinda Gird, Anglo American Farms Limited, PO Box Groot Drakenstein, 7680 or fax (021) 874-1864.
Closing date: 15 October 2003.LT4 |
|
|
|
|
Laerskool WA Joubert
EDUCARE STUDENT
Met graad R Nasorg vir voorskoolse leerders. Salaris onderhandelbaar.
Aansoeke: Die Hoof Posbus 270, Paarl, 7620
Sluitingsdatum: Vrydag 17 Oktober '03 Aanvangsdatum: 1 Januarie 2004 |
|
|
|
|
|
|
|
|