safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 9 December 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 16 December 2004.

Aida

Business - Sakenuus


SA Olyfpioniers vereer

[ Top ]


DIE lede van die Suid-Afrikaanse Olyfkwekersvereniging het onlangs tydens 'n glansryke seremonie in die Paarl hulde gebring aan die stigterslede en pioniers van die Suid-Afrikaanse olyfbedryf.

Eregaste is per perdekoets vanaf Laborie vervoer na die geskiedkundige olyfboomlaning op die nabygeleë plaas De Hoop, tans in die besit van die Clift-familie. Die laning is reeds teen die einde van die 19de eeu deur Jan Minnaar gevestig. .

VEREER. Olyfpioniers is onlangs tydens 'n seremonie in die Paarl vereer. Voor van links is Kate Stuart, Giulio Bertrand, prof Shi- mon Lavee van Israel, Philip Costa, Tony Nichas en (agter) dr Carlo Castiglione, Mike Clift, Ger- ry Moshonas en dr Nino Costa.

Onder die karaktervolle en indrukwekkende ou olyfbome is vonkelwyn gedrink en herinneringe gedeel. Sonja Burger het die gaste op 'n reis geneem wat reeds eeue gelede begin het en geëindig het met die vestiging van die olyf op Suid-Afrikaanse grond.

Daarna  is al die gaste terug na Laborie waar die feestelikhede voortgesit is.

Daar is hulde gebring aan Ferdinando Costa, wat in 1904 die eerste tree geneem het om die olyfbedryf  kommersieel in Suid-Afrika te vestig. 

Eretoekennings is oorhandig aan olyfpioniers wat in sy voetstappe gevolg en oor die volgende honderd jaar voortgebou het op die fondament wat Ferdinando daar gestel het.

Hierdie pioniers, Philip Costa (F Costa & Son), Nino Costa (Buffet Olives), Carlo Castiglione (Vesuvio), Gerry Moshonas (Tuna Marine), Allan Stuart (SAOGA), en meer onlangs Tony Nichas (Mediterranean Delicacies) en Giulio Bertrand (Morgenster), het met hulle visie, passie en deursettingvermoë gesorg dat die olyfbedryf in Suid-Afrika ontwikkel en gegroei het tot waar Suid-Afrikaanse olywe en olyfolies vandag met die beste in die wêreld kan meeding.


Winery opens to public

[ Top ]


LINDHORST WINES, the private red wine boutique cellar in Paarl, receiving rave reviews all round, is now open for tasting and purchases every day from 10:00 to 17:00. 

This tiny but powerful winery that sells direct to all its customers worldwide, recently won a gold medal in the prestigious Decanter World Wine Awards 2004 in the UK, while consultant winemaker Cathy Marshall is feted for her champion Shiraz.

The award-winning Shiraz is popular with fans of the varietal, along with the flagship Statement blend, dominated by Shiraz. 

The Pinotage is also a superb ambassador for this indigenous Cape cultivar and can also be enjoyed in the comfortable tasting room.

The blending of the signature wine from Lindhorst Wines, the boutique operation in Paarl that sells direct to its international customer base, has taken on a new dimension. 

In something of a departure from the traditional taste trial-and-error method, where individual components can be adapted to adjust for the impact of vintage conditions, Lindhorst has used a process of deconstruction as a precursor to creating its 2003 Shiraz-dominated wine Statement.

After making an initial barrel selection of nearly 20 individually vinified Shiraz, Merlot and Cabernet Sauvignon wines, consultant winemaker Cathy Marshall of the highly acclaimed Barefoot Wine Company, and owners Mark and Belinda Lindhorst, invited a group of seasoned palates to help determine the final components for the blend. 

The team included a viticulturist, Cathy's assistant winemaker Ernie Wilken, a wine and food journalist, as well as a specialist retailer, agents representing a range of specialist brands and a sommelier. The purpose was to include both technical expertise and a trade perspective on consumer preferences.


Pasop  vir padverbouings

[ Top ]


MOTORISTE wat gebruik maak van die pad tussen Wellington en Ceres (Hoofpad 22) asook die Dutoitskloofpas moet tot einde Maart bedag wees op konstruksiewerk aan paaie.

Dele wat in aanbou sal wees, sluit in die Dutoitskloofpas (21 km), die herbou van die Gouda-aansluiting en die verbetering van die padoppervlak van daar tot by Tulbagh, en in die Michellspas na Ceres.

Dreineringstelsels en brugvoë  word opgeknap, swigkolle word verwyder en die padoppervlak word opgeknap en nuwe padverfmerke word aangebring.

Aangesien die werk meestal in bergpasse met gevaarlike draaie en styl bulte geskied, word slegs een helfte van die pad op 'n keer gedoen oor die mees praktiese padlengte.

Ongerief vir die padgebruikers word tot 'n minimum beperk, maar die veilige beheer van verkeer geniet absolute prioriteit deur stop/rystelsels asook robotsinjale en wagtyd by die verkeerbeheerstelsel is onafwendbaar. 'n Beperking van 60 km/h sal binne die terrein geld.

Die beraamde duur van die Goudakontrak is ongeveer vyf maande tot einde Maart, terwyl die Dutoitskloofpas se kontrak duur tot Julie.

Geen konstruksiewerk word egter gedoen tussen 16 Desember en 10 Januarie nie, en die paaie sal vir dié tydperk oop wees vir normale gebruik.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]