safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 9 December 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 16 December 2004.

Aida

 Letters - Briewe


Niemand gee hier om vir gestremdes

[ Top ]


SATERDAGAAND het my moeder en ek die vertoning van Steve Hofmeyr by die amfiteater bygewoon. Soos altyd was die vertoning absoluut fantasties, maar hoe jammer tog dat die organiseerders glad nie gestremdes in gedagte gehou het nie.

Computicket het ons verseker dat daar plekke vir gestremdes in rolstoele sou wees, maar dit was glad nie die geval nie.  Om die waarheid te sê, het hulle myns insiens nie 'n idee gehad van waar om gestremdes te bespreek nie.

Ons het in 'n ry gesit waar daar 'n deurloop van mense was, asook 'n stel trappe net voor dit. Toe die vertoning begin het, het mense op die trappe gaan sit en alhoewel hulle verskeie male deur die plekaanwysers gevra was om op hulle plekke te gaan sit, het hulle hulle daaraan afgevee.

Ek het Steve op 'n ver afstand gesien toe hy  op 'n stadium teen die trappe op beweeg het, en daarna net geluister na sy vertoning, want ek kon absoluut niks sien nie  - en dit weens uiters onselfsugtige mense wat nie vir ander omgee nie. 

Dit was nie 'n plesier vir my om my kaartjiegelde aan julle af te staan vir 'n beter uitsig nie.

Daar was persone van Steve se geselskap wat rolstoelvriendelik was wat gehelp het, asook van ons plaaslike Brandweerbeamptes ná die vertoning. 'n Groot dank aan hulle.

Maar Paarl Amfiteater sien my nooit weer nie!

Anita Brand

Gerhard Meyer, organiseerder, reageer: Die persone wat na verwys word as Steve se geselskap is inderdaad persone wat deel was van my span en werksaam was by die optredes, dankie vir u kompliment oor hul diens.

Onthou dat die amfiteater reeds 30 jaar oud is en alhoewel Computicket hul bes gedoen het om rolstoelvriendelike sitplekke te identifiseer, blyk dit dat dit nie was nie.

Aangesien ons bloot die amfiteater huur,  sal ons wel u probleem aan die eienaars oordra en hul versoek om iets daaromtrent te doen.

Intussen sal ons dan eerder nie verder gestremdes aanraai om vertonings by te woon nie.Ten spyte van u ontevredenheid wil ek u bedank vir u teenwoordigheid.


Brief aan buurman

[ Top ]


'n OPE brief aan my buurman. Ek het met jou gepraat oor watergebruik, omdat jy op jou sypaadjie die hondemis met 'n tuinslang skoonspuit. Jou antwoord aan my was dat jy jou water rekening elke maand betaal.

Blykbaar weet jy nie van die watertekort waaroor die waterbeperkings gaan nie. As die water opdroog wat gaan jou kleinkind drink?

Die Bybel sê uitdruklik ons moet die aardse wet gehoorsaam wees. Ons ander moet gehoor gee, so ook jy meneer. Vat 'n besem en vee dit skoon asseblief, en los die water - dit is kosbaar.

Jou geld kan nie water koop as dit nie beskikbaar is nie, en jy kan ook nie geld drink nie.

Aan my ander buurmense wil ek ook net dankie sê vir julle samewerking - dankie vir die lekker stil "Guy Fawkes" aand wat verby is. Julle is werklik wetsgehoorsaam.

Aan ons polisie, julle is staatmakers.

JB, Dalvale, Paarl


Kersliggie jaagtog

[ Top ]


AANGESIEN Lady Greystraat elke jaar met die aanskakel van Kersliggies gesluit word, moet alternatiewe strate gebruik word.

As inwoner van die Paarl is dit 'n totale fiasko soos die motors in die strate jaag en geensins gepla is oor voetgangers en ander motors wat in strate geparkeer is nie.

Taxi's maak U-draaie waar jy nie mag draai nie. Stoptekens en verkeersligte word gesien as 'n versiering en nie as 'n teken wat uitgevoer moet word nie.

Geen  verkeersbeampte word  ooit gesien  om oortreders aan te tree nie. Daarom stem ek saam met bekommerde motoris in die brieweblad van 2 Desember.

Ontevrede inwoner


Nie hier welkom

[ Top ]


DIT is 3 Desember, Nasionale Dag Vir Persone Met Gestremdhede.  Die oggend woon ek 'n feesvieringsgeleentheid te Lentegeur Hospitaal, Mitchells Plain by, die aand 'n uitvoering van Steve Hofmeyr te Afrikaanse Taalmonument Amfiteater, Paarl.

Dit is by hierdie geleentheid waar ek 'n geweldige ontnugtering beleef. 

By hierdie monument  is daar geen voorsiening gemaak vir persone met gestremdhede nie, maar wel vir VIP's. 

Hier  moes ek met my rolstoel teen 'n helse skuinste uit, gedra word oor 'n watersloot na my sitplek waarvoor ek bespreek het by Computicket.  Tydens bespreking is daar bevestig dat ek 'n geskikte sitplek, wat rolstoel toeganklik is, verkry het.

Nog nie is die ongerief beëindig nie. Tot my verdere ontnugtering vind ek dat my "toeganklike" bespreekte sitplek met drie trappe afstrek. Gelukkig kon ek darem toe my tuismaak in die loopgang langs die vullisdromme.

Hier het ek ook gratis vervoer gekry - almal wat verby beweeg het kon na hartelus aan die rolstoel stamp, hoe later die aand hoe des te beter die gestampery.

Na tien jaar van demokrasie word dit hoog op prys gestel dat persone met gestremdhede so uiters welkom is in die Paarl!

Thys Blom, Worcester


Nie 'n goeie geur

[ Top ]


MET absolute skok en verbystering moet ons weer eens sien hoe KWV in die nuus is.

Ja, hier is 'n fout gemaak deur twee van KWV se personeel. Ek het egter een vraag, hoeveel liter wyn was deur die twee personeellede gemaak wat geen probleem gehad het nie?

Daar moes wel dissiplinêre aksies geneem word, maar om albei van die twee persone summier af te dank is verregaande. Gee hulle opgeskorte vonnisse vir die volgende twee jaar of pas ander sanksies toe, maar afdank?

Iets stink en dit is nie 'n geur van wyn wat ek ruik nie.

Ontstoke Paarliet


Paarl farmers still in a bind due to unfavourable condtions

[ Top ]


MUCH has been written over the last year concerning the dire need to develop some of, or sections of, Paarl's town farms for residential purposes.

Pros have been weighed against cons, tempers have flared and subsided, hours are spent in discussions, correspondence and surveys, and still nothing has happened to ease the difficult circumstances these Paarl property owners are in.

The rate of exchange is worse, weather conditions unfavourable, production and shipping costs up, and now to crown it all, their fruit may be condemned for export due to the pollution of the irrigation water from the Berg River.

While more and more table-grape and wine farmers face bankruptcy due to the above, and overproduction world wide, the commissions and public clamour for "tourism-friendly development" of these farms.

Get real, people, we are already over-supplied with this type of survival facility, some of which have also closed down or are struggling to carry on because of lack of interest of tourists to spend money here.

Looking and enjoying the ambience and beauty of the vineyards in the town, does not put food on the table of the farmers or the hundreds of labourers.

Hand-in-hand with the necessity to generate income from their heavily taxed properties filled with redundant vines, there is a crucial shortage of residential properties and areas for possible development in Paarl, other than the farms.

Every week in the Paarl Post we read of new developments being approved in Simondium, Franschhoek and Stellenbosch - everywhere except in Paarl. Schools and businesses suffer, Paarl stagnates, while other towns flourish.

Yes, thirty-three erven have been approved at Klein Parys, but who can walk from there to schools and shops?

Residential development should be encouraged within commutable distance from these amenities to lighten the existing traffic congestion, which is at times unbearable and causes accidents.

Families are forced to own two cars due to our lack of public transport, and with the increased price of fuel, the cost of living increases.

For goodness sake, wake up to reality, let the farmers who really want to farm, do so, whether by partial development or whatever.

We hear about "Human Rights" all day, except for the rights of the town farmers of Paarl, at the expense of those who want to reside in Paarl, but are driven elsewhere because of the narrowmindedness of town planners and government bodies who will not bend to change and need.

There are truly none so blind as those who do not want to see.

Double Trouble


Dankie vir gebede vir gesin

[ Top ]


DIE Paarl Post het verlede week oor die tragiese ongeluk in Hoofstraat waarin Werner van Rooyen gesterf het, berig.

Daar is baie vrae en baie onduidelikhede oor die ongeluk.

Die ondersoekbeampte het die baie moeilike taak om die ware feite van wat daar gebeur het, uit te vind en as deel van die regsproses of voor die hof, of voor die persoon wie die geregtelike doodsondersoek gaan lei, te plaas.

As ouers en familie is ons stukkend, maar nie gebroke nie, want ons lewe nie sonder hoop en troos nie.

Werner se dood het wyd getref en baie aangeraak.

Die Saterdagoggend kort nadat die nuus bekend geword het, het die verse van Jesaja 57:1 & 2 na ons gekom. In kort staan daar dat dit deur die boosheid van die wreld is dat die regverdige sterf, en dat die regverdige vrede vind in die graf.

Dit was ook deel van ds Bekker Niewoudt se teksverse vir Werner se dankdiens.

Die graf is egter nie die eindbestemming nie, dit is die poort na die ewige lewe vir dié wat waarlik glo.

In kort wil ek baie dankie sê vir so baie mense van die Paarl en omgewing wat hul hande uitgesteek het, veral na Werner se ma Malinda en familie in die Paarl, ook na ons in Somerset-Wes.

Bowenal baie dankie vir jul gebede, dit is die mees belangrike.

Dra ook asseblief die ander partye wat by die botsing betrokke was, aan Hom op.

Francois van Rooyen


Vroue is baie dankbaar vir hulp

[ Top ]


BAIE lank al beplan ek en my moeder om eendag die plekke te besoek waar ons gewoon het en ook om al die ou vriende op te soek.

En so breek Saterdag 27 November aan. Met die terugkeer huis toe, is dit al baie laat en donker en duskant Malmesbury hoor ek 'n vreemde geluid en besef nou het ons moeilikheid.

Terwyl ek die noodwiel uithaal, stuur ek 'n skietgebedjie op! Ook nie lank nie en twee galante here van die Paarl ontferm hulle oor die twee vroumense so alleen in die donker.

Okkie en Leon, ouma Hannie dink daar is nie ouliker en beter opgevoed as julle twee nie. Julle het beslis ons dag gemaak.

Ingrid Perold


Rivierwater 'n netelige kwessie

Editorial

[ Top ]


KINDERS moenie in die water mors nie, die oumense wil dit drink. Dit is die woorde van 'n bekende, ou Afrikaanse liedjie.

Kyk 'n mens deesdae na die Bergrivier, wil jy die woorde verander na: 'Kinders moenie die water drink nie, die oumense het daarin gemors'.

Klagtes oor die besoedeling van die Bergrivier het die afgelope weke weer opslae gemaak en nou 'n hoogtepunt bereik met 'n dreigende hofsaak.

Dit is tog jammer dat mense deur wetgewing gedreig moet word om hul eie voortbestaan te beskerm.

'n Mens sou graag wou sien dat al die betrokke rolspelers om 'n tafel gaan sit en die kwessie bespreek sonder om vinger te wys of die verantwoordelikheid op mekaar te probeer afskuif.

Ons sit hier met 'n gegewe situasie en wat nou nodig is, is 'n allesinsluitende benadering: met ander woorde, die totale omvang moet bepaal word, insluitend die inherente oorsake, asook die kort- en langtermyn oplossings.

Om die probleem ten volle op te los, gaan diep aan almal se sakke vat, maar dit is nie nou die tyd om kleinkoppie te trek nie.

Sou die toestand nie binne die afsienbare toekoms behoorlik aangespreek word nie, gaan dit ons in die jare wat kom net nóg meer kos.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]