safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 9 December 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 16 December 2004.

Aida

People - Mense


'N LANG LEWE. Katrina (Katie) Fisher van Francis Serverstraat vier op 13 Desember haar 99ste verjaardag. Sy woon steeds in die huis waar sy  in 1905 gebore is, nou by haar dogter en skoon- seun. Haar eggenoot, Abram Fisher het haar 'n paar jaar gelede ontval.  Sy beskryf die genade van die Here as die rede hoekom sy vandag leef. Sy hou daarvan om onder die sambreel tussen die blomme te sit om- dat dit haar gelukkig maak. "Ek mis niks  nie, ek het alles gehad in my lewe. Ek is maar net  Ouma."  Ouma Katie is 'n vorige koorlid en kerkraads- lid van die Zionskerk, Paarl. Sy het twee kinders, ses kleinkinders, agt ag- ter-kleinkinders en 'n agter-agterklein- kind.


Hitting the road for Cansa

[ Top ]


AN Englishman who walks in support of cancer research worldwide, Robin Moore, has been using Paarl as his base for his big walk in South Africa.

The author of books such as "Robin Moore's New Zealand Walk", "The Millennium Challenge" and "Oundle Walks", has been staying with well-known cricket coach Merv Gennis, and other cricketers from Paarl.

On Monday Robin started walking from Paarl via the Garden Route to Port Elizabeth. He plans to finish on 16 December, and then after a week will return via the Garden Route to Cape Town, raising funds for Cansa all the way.

His driver, Roger Daniels, who will be monitoring him the whole way, will accompany him.

He chose the Garden Route, as he feels it is the most important route to do coast to coast.

When in Paarl, Robin will be selling his books for R500, at various points in the town.

"To walk so many miles puts a lot of strain on your body and therefore you have to be prepared," says Robin.

He never drives anywhere and walks 50km a day to ensure that he is fit for his big walk. He also does two exercise sessions a day, consisting of Thai-Chi and weight training.

He uses a creatin immuno acid and a powder meal supplement.

"I also drink plenty of water, maintain a balanced diet and when on the road have lots of glucose drinks."

Robin will finish on 2 January.


Toekennings vir plaaswerkers

[ Top ]


BLINK toekennings vir wenners in die plaaswerkersgemeenskap pryk vandag teen die mure van twee plase in die streek.

Susan Strauss van Glenwoodlandgoed buite Franschhoek het 'n toekenning ontvang vir beste gesondheidswerker in die Stellenbosch, Paarl en Wellington omgewing.

Dié arbeidsverhoudingprogram is geloods deur die Rural Development Network (Rudnet) en word befonds deur die SA Wynbedryf Trust (Sawit).

Erkenning word gegee aan produsente vir goeie arbeidsverhoudinge en ontwikkeling van plaaswerkergemeenskappe, asook aan plaaswerkers vir hul bydrae gelewer.

Plase is in drie kategorië verdeel volgens grootte, afstand van 'n dorp, en getal werkers. Die onderskeie wenners was vanjaar Middelvlei (algehele wenner), Simonsig en Glenwood.

Personeelbestuurder Rita Andreas van Bosman Boerderye by Wellington het 'n spesiale silwer bemagtigingstoekenning namens die boerdery ontvang.

Die effektiwiteit van die plaaswerkerskomitee, arbeidsverhoudings asook ruimte vir sosiale aktiwiteite en vaardigheidsontwikkelingprogram is deel van die kriteria waarvolgens die beoordeling gedoen is.

Onderwys, voor- en naskoolse versorging asook beskikbare gesondheidsdienste is in ag geneem.

Spesiale vermelding is gemaak van die ouetehuis vir plaaswerkers wat verlede jaar in die dorpskern van Wellington opgerig is deur Bosman Boerderye.

Rose van Wyngaard van La Motte het ook 'n spesiale bronstoekenning namens dié boerdery gaan haal.

Dit was veral die jeugprogram op La Motte wat die keurders se aandag getrek het.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]