|
DIE leerlinge van Hugenote Hoër en Drakenstein Laer het vandeesweek die hand diep in die sak gesteek.
Drakenstein het R300 aan die Paarl Post Opelugfonds geskenk om minderbevoorregte kinders te help.
Hugenote Hoër het R1000 geskenk uit die opbrengs van hul Kersliggieprojek wat bestaan het uit 'n toer van huise op Wellington wat
vir Kersfees versier is.
Dit bring vanjaar se insameling te staan op R4038,06.
Die fonds, wat onder beskerming staan van die ACVV, samel fondse in vir die ontspanning en voorligting van die jeug.
Kinders word deur die Opelugfonds betrek by kampe en seminare waar aandag gegee word aan misdaadvoorkoming, gedragsopvoeding en
bewusmaking van die gevare van dwelms en Vigs.
Elke skenking, hoe klein ook al, word verwelkom en word in die plaaslike gemeenskap teruggeploeg.
Stuur u bydraes aan Opelugfonds, Posbus 248, Paarl 7620 voor Kersfees.
* Donations to the Paarl Post Fresh Air Fund for local youth work are welcomed
|