|
SOEK u nog na 'n spesiale manier om Valentyns te vier?
Drie van die bestes, Mathys Roets, Danie Niehaus en Kevin Leo, gaan Saterdagaand sorg vir 'n romantiese
Valentynsgeleentheid met ligte klassieke- musiek, gewilde treffers en Afrikaanse verwerkings op Paarlberg.
'n Verhoog word gebou sodat mense beter kan sien en daar sal 'n beeldsending op 'n reuse skerm wees.
'n Sesstuk-orkes met tien instrumente, onder meer viool, saksofoon, akkordion, tromme, baskitaar, akoestiese kitaar,
elektriese kitaar en klawe-r bord sal sorg dat dit 'n onvergeetlike aand is.
Die konsert word ook op DVD opgeneem met behulp van sewe televisiekameras en elf tegnici as bemanning. 'n Totaal van
9,3km kabels word geïnstalleer vir die DVD-opname, klank en beligting.
Drie van die Bestes het die afgelope paar jaar groot gehore as individuele kunstenaars gelok, maar die trekkrag van die
drie-in-een het 'n groot behoefte onder aanhangers gebly.
Die drie beloof om hul gewildste treffers aan te bied, asook 'n paar nuwe verwerkings wat die gehoor sal bekoor. Sien
dus uit na gunstelinge soos Mannetjies Roux, Time to say Goodbye, La Donna la Mobile, Cotton Fields en O Solo Mio - deurweef met 'n paar verrassings.
Die hekke open om 17:00. Veertien kos- en wynstalletjies sal sorg dat konsertgangers die innerlike kan versterk met die
beste van die streek.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket (083-915-8000) en daar sal ook nog kaartjies by die hek verkoop word.
|