safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 10 February 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 17 February 2005.

 Letters - Briewe


Hierdie mense is regtig aasvoëls

[ Top ]


MY ou 1970 Volkswagen het onlangs in Muldersvlei uitgebrand langs die pad naby die plaas waar ek woon.

Toe ek weer sien, is daar 'n sleepwa van Boland Towing wat sê die motor moet onmiddellik verwyder word.

Hulle wou nie daarvan hoor toe ek sê ek gaan sommer die motor met 'n trekker wegsleep nie, want "dan kan die versekering sê daar is met die kar gelol".

Hulle druk 'n vorm onder my neus wat ek teken. Dit sê tariewe beskikbaar "op aanvraag".

Hulle sleep toe my motorwrak sowat 12 km na hul kantoor naby die Paarl.

Ek het later onthou dat die motor slegs vir derdeparty verseker is, en dus 'n dooie verlies vir my is, maar toe is dit te laat.

Ek is na ses dae na Boland Towing om vir die insleep van die wrak te betaal. Hulle eis toe insleepgeld van R1750, plus administrasie van R100 plus stoorgeld van R95 per dag (vir 'n wrak?) plus BTW: dus 'n totaal van R2758 en slegs in KONTANT ("'n tjek sal nie doen nie en 'n bankoordrag sal twee dae vat").

Hulle dreig met stoorgeld van meer as R100 per dag as ek nie die bedrag betaal nie.

Dit was vir my 'n baie groot skok dat hierdie groot bedrag van my geëis word terwyl hulle my eintlik in die kontrak ingepraat het.

Die betaling is uiteindelik weens my besware verlaag na R2500 wat ek toe in kontant moes betaal.

By navraag het 'n ander insleepdiens vir my gesê hulle vra R3,50 per km plus arbeid teen R180 per uur - die hele episode moes my dus nie meer as R300 gekos het nie.

Toe 'n vriendin Boland Towing anoniem bel en vra wat hulle my sal vra om 'n stukkende kar 10 km ver van Klapmuts in te sleep, het hulle my R250 gekwoteer. Hoe verstaan jy dit? Hierdie is 'n klomp aasvoëls wat mense se onkunde uitbuit.

Christiaan van Eeden

Boland Towing antwoord: Die klaer se voertuig is ingesleep op sy spesifieke instruksie. Hy het te kenne gegee dat die voertuig omvattend verseker is en dat hy die koste van sy versekering sou verhaal. Na ses dae het ons kantoor hom geskakel aangesien ons glad nie weer van hom of sy versekeraars gehor het nie.

Hy het op daardie stadium laat blyk dat die voertuig nie verseker is nie en self die rekening kom betaal.

As lede van SATRA, die nasionale liggaam vir insleepdienste, was ons rekening in ooreenstemming met die markriglyne wat neergelê is en daarin word nie onderskeid gemaak tussen nuwe, ou versekerde of onversekerde voertuie nie.

Ons het hom sowat 10% korting gegee en ingestem om vir hom van die wrak op ons koste na 'n skrootwerf te neem. Enige klagtes kan gerig word aan SATRA by faks 0861-172-872.


Strepe dringend nodig om verkeer te reël

[ Top ]


DIE pad wat by Medi-Cross (die Spilo geboue) oor die treinbrug in Medi-Cinic se rigting beweeg is volgens die padregulasies onbehoorlik gemerk vir voertuig- gebruik.  Is hierdie 'n dubbelweg, 'n enkelweg met baie wye skouers of was dit net baie swak beplanning? Spesifiek soggens (7:40) raak hierdie deel van die pad weens ontoereikende padmerke 'n regte kopseer vir padgebruikers.

Ek sou die saak daar gelaat het indien ek nie vanoggend met die dood gedreig was deur 'n mede padgebruiker wat my nie wou toegee om in te gaan op hierdie deel van die pad voor WPK nie.

Voertuie wat van Wellington in draai by Medi-Cross word weens druk verkeer wat aan die linkerkant van hierdie straat opbou, gedwing om in die regterkant te hou. 

Sodra jy oor die treinbrug kom, probeer die padgebruikers links in die lang tou voertuie in gaan, maar tevergeefs word jy toegelaat. So word jy gedwing om tot heel voor te beweeg. Probeer hier "indruk" en jou voertuig word bykans van die pad gedruk en jy word gevloek. Te verstane, want die padgebruikers aan die linkerkant wag al geruime tyd om voor te kom.

Ek versoek die Munisipalitiet om dringend hierdie deel van die pad behoorlik te merk sodat beide bane gebruik kan word en gebruikers wat in die linkerkant hul kans afwag om voor te kom, besef gebruikers in die regterkant doen dit nie net om verby te jaag nie.   

Daar is immers geen teken dat die regterkant net regs behoort te draai voor waar die pad vernou nie. Indien beide bane gebruik kan word, sal dit ook op spitstye verhoed dat voertuie tot by Jan van Riebeec weg en om die draaie terugstaan omrede almal nou in een tou aan die linkerkant opdam.

Net 'n bietjie verf, die gebruik van beide bane en behoorlike padmerke kan hierdie probleem oplos.

Een dan, jy meneer met jou rooi Toyota wat my  op 4 Februarie op 'n totaal onaanvaarbare wyse met die dood gedreig het, jou lisensie behoort afgeneem te word, want jy het nie net geen respek vir padreëls nie, maar ook nie vir ander mense se lewens nie.

Gereelde padgebruiker


Diens verswak

[ Top ]


EK verwys na onlangse berigte oor die munisipale amptenare se voortydige uittrede en gepaardgaande pakkette en oor die agteruitgang van dienste in die Paarl as geheel. Die een lei tot die ander.

Hoe kan daar verwag word om dienste te lewer as groot somme geld uitbetaal word aan amptenare se pakkette, wat nie hul volle dienstydperk voltooi het nie? Wat is die werklike rede vir die uitdienstreding?

Ons as belastingbetalers is darem nie so dom dat ons nie kan sien waartoe dit lei nie.

Ongelukkig is die paar krummels wat van die tafel afval nadat die personeelbegroting afgehandel is, te min om hierdie dorp van ons in stand te hou.

Oral waar jy kyk is net vullis - mens kan maar net jou kop in skaamte laat sak.

ME de Jager


Mad Max alive

[ Top ]


ALMOST every night (22:30)  "Mad Max" comes alive, mounts his aggressive, mean motor bike to be joined by his equally demented cronies - tearing through the quiet streets of Paarl (Main Road, Denneburg and Boulevard) at full throttle, rearing and screeching like a pack of wild dogs until dawn.

Friday and Saturday nights are the worst. We have witnessed these youngsters going at the speed of light with total disregard for red lights or traffic rules.

They stand around and ride with outstretched hands on their handlebars, lift their front wheels up and ride on their back wheels and race at each other at top speed;  and the sad part - they are creating a death trap for themselves and other road users. Either they are unconscious of the disturbance or derive sadistic delight in doing so.

Stephanie Siegrühn


Baklei vir jou regte

Editorial

[ Top ]


SKOKGOLWE het vandeesweek deur die vallei getrek ná die sinnelose moord, helder oordag, van 'n vrou van Wellington.

Onmiddellik begin mense hulle sekuriteitsreëlings in oënskou neem: vuurwapens word skoongemaak, alarmstelsels nagegaan en selfverdedigingsklasse oorweeg.

Dit is 'n natuurlike reaksie om veral vroue, kinders en bejaardes weer eens te vermaan om versigtig en paraat te wees.

Dit sal waarskynlik ook vir die afsienbare toekoms 'n deel van die alledaagse bestaan in Suid-Afrika bly.

Maar daar is ook 'n ander kant van die muntstuk en dit lê opgesluit in die hele kwessie van menseregte - iets waaroor almal deesdae 'n eiertjie te lê het.

Om elke hoek en draai is daar deesdae regsgeleerdes en drukgroepe wat hulle ontferm oor die lotgevalle van oortreders en booswigte.

Vertoë word op gereelde grondslag gelewer oor die toestand van tronke, rehabilitasie van gevangenes en vroeë parool vir nie-geweldsmisdadigers.

Die vraag is net, wanneer gaan iemand hom of haar begin ontferm oor die lot van slagoffers?

Terwyl misdadigers links en regs op parool uitgelaat word, is Jan Publiek besig om hom te verskans agter tralies.

Menseregte behoort mos nie net een groep van die gemeenskap te bevoordeel nie.

Laat ons ophou alarms en diefwering koop en begin baklei vir ons reg om ons pragtige land in veiligheid te geniet.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]