safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 10 February 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 17 February 2005.

People - Mense


Liefde is gee en neem

[ Top ]


LIEFDE is 'n geval van gee en neem - sy gee en hy neem.

Só verduidelik Theunis Goosen (amper 90) van Wellington met 'n skelm glimlag die resep vir sy en Jossie (amper 89) se gelukkige huwelik van 61 jaar.

"Nee, dis darem nie regtig so nie," lag die platjie van Silwerkruin.

"Maar die huwelik draai beslis om gee en neem. Ons het ook oor die jare ons 'ups and downs' gehad, maar ons bly lief vir mekaar."
En dan kan hy homself nie verhelp om by te voeg nie: "Sy gee die koppie tee, en ek neem dit - met liefde."

Hulle glo van dinge saam doen.
"Soos elke oggend se ontbyt van

JONG LIEFDE. Vir Theunis en Jossie Goosen van Wellington raak die liefde nie oud nie.

roosterbrood, marmalade en kaas - wat sy natuurlik maak, en aan my in die bed bedien word."

Jossie Goosen skud maar net haar kop en gee hom 'n soen op sy voorkop.

Dis juis oor die kaalkop wat hy bekommerd was toe sy voorgestel het hulle stap 'n bietjie in die tuin van die tehuis vir bejaardes.

"Maar my hare sal mos deurmekaar waai," het hy gesê en spottenderwys met die hand oor die blink agterkop gevee.

Theunis was al die jare by die destydse Langeberg vrugtefabriek werksaam, en Jossie, 'n oud-onderwyseres, is dalk meer bekend as Wellington se "biblioteek-tannie", waar sy jare lank vir oud en veral jonk na die regte inligting en storieboek gewys het.

Vandag woon die egpaar genoegsaam in 'n woonstel by Silwerkruin.

Hul  onderwyseres-dogter het hulle vier jaar gelede aan kanker verloor en hul seun, met sy doktersgraad in Geskiedenis, boer nou in die Oos-Kaap.

Die vraag of hy romanties is, lok weer 'n skelm glimlag by Theunis.

"Dit hang alles af van wat met romanties bedoel word. Ek is nou nie 'n ou vir blommetjies nie, maar drukkies, o ja."

En hy voeg die daad by die woord. Wat met nog 'n soentjie op die voorkop beloon word.

"Ek hou daarvan om vir haar dingetjies te doen. Soos toe sy nou die dag 'n operasie gehad het, en ek haar moes help bad. Al moes ek anderpad kyk terwyl ek help."

G'n wonder nie. Theunis Goosen kan sy oë nie van sy vrou afhou nie - na ál die jare blom die liefde nog net so kleurvol, al hou hy nie van blommetjies aandra nie.

* Theunis and Jossie Goosen of Wellington are still happily married after 61 years, due to given and take.


Bekende oorlede

[ Top ]


DIE eggenote van 'n voormalige stadsklerk van die Paarl, Leta Liebenberg (71), is verlede week in die Vergelegen Medi-Clinic oorlede drie weke nadat sy 'n buikoperasie ondergaan het.

'n Gedenkdiens is Maandagmiddag in die Toringkerk in die Paarl gehou.

Mev Liebenberg, 'n nooi Smuts oorspronklik van Moorreesburg, het aan die Hoërskool La Rochelle matrikuleer.

Sy en haar man, Hennie, het tot verlede jaar nog in Klein Meulstraat in die Paarl gewoon, maar toe na die Strand verhuis.

Sy word oorleef deur haar man, drie dogters (Annemarie Meyer van Humansdorp, Paula Bester van die Paarl en Karen Beukes van Koue Bokkeveld) asook sewe kleinkinders.

Mnr Liebenberg was self kort voor Kersfees vyf weke in die hospitaal weens komplikasies na 'n hartomleidingsoperasie.


Paarlite gets top bursary

[ Top ]


A PAARLITE has been selected as one of eight pioneering students to receive the Mandela-Rhodes scholarship for postgraduate studies. The aim of the scholarship is to promote African leadership for the future and will expand throughout Africa after 2006.

Riaan Oppelt (23), former William Lloyd Primary and Noorder Paarl Senior Secondary School pupil, has received the new scholarship to support his Master's studies in English at the University of the Western Cape in 2005.

Riaan matriculated with distinctions in English and Afrikaans, which enabled him to pursue advanced first year English studies at UWC in 2000.

In 2001 he received the Baubette Taute bursary for academic excellence, followed by the Hogskolan scholarship to Sweden after which he went to Bard College in New York for a year (2002 to 2003), with the annual Program in International Education scholarship.

At Bard Riaan pursued his lifelong interests in filmmaking and playwriting, and also wrote sports and entertainment columns in the Bard Observer.

While in New York, Riaan became the second South African in two years to earn the Vassar College Powerhouse Theatre scholarship, which enabled him to work alongside recognised American actors as an apprentice and a playwright.

One of his plays was performed and one was read at the annual Outdoor Shakespeare festival. While at Vassar he also received the Helen Bernstein Arts bursary to support him.

Whilst still an active playwright and actor at UWC, Riaan also works as an English tutor for first and second year students and as a journalist for Career Update Magazine, a conglomerate project between South Africa and Norway.

He has performed poetry in America and contributed film criticism to online news/student sites.

Currently he is in a rock band, which he co-founded, called "The Tunes". He composes original songs and plays bass guitar and piano.

"The opportunities this scholarship provides are enormous for young Africans with all the potential but few resources," says Riaan.

"I am grateful to the Mandela Rhodes Foundation and am excited to see this expand    throughout our continent." (The other local bursary winner is Hanru Niemand, as reported last week).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]