safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 10 February 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 17 February 2005.

Sport


Atletiekprestasies lyk goed

[ Top ]


DIE WP/Boland liga 3 atletiekbyeenkoms wat Saterdag op Daljosafat gehou is, het heelwat goeie prestasies opgelewer.

Daarby het die prestasies wat behaal is ook gedui op die akkuraatheid van die nuwe Atletiek Prestasie Evalueringstabelle (APE-tabelle) wat vanaf vanjaar deur skole en atletiekklubs in die Wes-Kaap gebruik word.

Volgens dié tabelle is atlete wie se prestasie 800 punte verdien, goed genoeg om in 'n SA finaal deel te neem, terwyl 900 punte daarop dui dat 'n atleet 'n SA-medalje kan verower.

Onder die atlete wat Saterdag meer as 800 punte verdien het, is Monique Balsamo van Maties. Dié oud-Gimmie het die 100mH vir o.20 vroue in 14,50s (882 punte) afgelê.

Balsamo is dan ook die huidige SA rekordhouer in die 400m.

HOOGTE. Die Matie-atleet, Marné van der Burgh, in aksie tydens die paalspring-item van Saterdag se WP/Boland Liga 3 atletiekbyeenkoms op Daljosafat Stadion. Van der Burgh, 'n oud-Larrie, het met 'n hoogte van 3,75m gewen.

Antonio May van Klein Nederburg Sekondêr het 810 punte verdien nadat hy die 800m vir seuns o.14 in 2:06,70 gewen het. Hy het ook verlede jaar 'n silwermedalje tydens die SA Landloopkampioenskappe verower.

Shaun Abrahams van Mr Price Maties het die 800m vir mans in 1:50,30 gewen en só 860 punte behaal.

Dié oudleerder van Klein Nederburg Sekondêr het vroeër vanjaar die verbeelding van afrigter, Ian Harries aangegryp. Harries wat die Olimpiese atleet, Mbulaeni Mulaudzi, afrig, het dadelik Abrahams se oefenprogram aangepas om dié atleet tot sy volle potensiaal te laat ontwikkel.

Nog 'n Paarliet wat ook 'n skitterende prestasie behaal het, is Marné van der Burgh.

Van der Burgh wat verlede jaar aan La Rochelle matrikuleer het, neem deesdae vir Maties deel. Waar sy op skool in hekkies en hoogspring uitgeblink het, het Marné vir eers die hekkies vir paalspring verruil.

Sy was Saterdag een van net twee vroue wat aan die paalspring deelgeneem het. Haar hoogte van 3,75m het egter gewys dat sy op nasionale vlak top gehalte is. Haar 960 punte strook met haar titel as SA vrouepaalspringkampioen vir 2004.

Die kompetisie onder die mans paalspringers was ewe goed met Pieter van Breda wat hier geseëvier het. Sy sprong van 5,05m (1000 punte) was te goed vir Johan du Plessis se 4,80m (940 punte). Van Breda is ook die 2004 SA Junior kampioen in dié item. Albei neem vir Maties deel.

Volgens Richard Stander, hoof-uitvoerende beampte van Boland Atletiek, sal die nuwe paalspringsentrum by Daljosafat Stadion die Boland paalspring-korps nog verder versterk.

"Die eerste vyf atlete van die top 10 paalspringers in die land kom almal uit die Boland. Die tot standkoming van die nuwe sentrum, sal beteken dat Boland dié item nog meer oorheers," het Stander gesê.

Hy het bygevoeg dat twee permanente afrigters twee keer 'n week by Daljosafat Stadion sal afrig. Die Drakenstein Munisipaliteit sal die infrastruktuur (matte en regoppale) onderhou, terwyl daar reeds met 'n borg onderhandel word vir die aankoop van pale. Pale beloop tussen R3000 en R5000 elk met een atleet wat minstens met ses tot agt pale moet deelneem.

Die tegniese aspek van die item vereis dat paalspringers met meer as een paal moet deelneem.


Gimmie laat rekord van 21 jaar spat

[ Top ]


DIE verplettering van 'n rekord wat al vir 21 jaar in die rekordboeke opgeskryf staan, was Vrydagaand die hoogtepunte van HJS se Uitnodigings- byeenkoms.

RJ Kellerman het die gewigstoot-rekord vir o.15 seuns met 'n prag-stoot van 17,36m verbeter. Die vorige rekord van 16,94m is in 1984 deur Willie Coetzee van HJS opgestel.

Dit was dan ook die beste prestasie van die aand deur 'n veldatleet en is gelykstaande aan 1090 punte op die nuwe Atletiek Prestasie Evaluerings- tabelle (APE-tabelle).

Die beste prestasie deur 'n baanatleet, is ook deur 'n Gimmie behaal. Die naelloper, Louw Smit, se 14,10s in die 110mH vir seuns o.17 het hier uitgeblink en hom 960 punte op die APE-tabel verdien.

Smit het ook die 100m in 'n tyd van 11,50s gewen.

Ander Gimmies wat ook uitgeblink het, is
Jason Malgas wat eerste was in o.19 100m (11,40s) en 200m (23,0s); Ryno Swanepoel wat eerste was in die o.16 400m (53,70s) en 400mH (61,10s) en Pietersteyn de Wet wat die 800m (2:15,10) en 1500m (4:41,10m) vir seuns o.14 gewen het.

HJS se Tiaan Senekal (400mH in 59,80s) en Carinus de Kock (spiesgooi 59,12m) het vir die gasheerskool uitgeblink.

In die gewigstoot vir o.19 seuns het die rekord van 13,86m ook gespat, met die top vier deelnemers wat elkeen 'n nuwe afstand gestoot het. Eric Kirsten van Gim het uiteindelik met 'n afstand van 15,82m gewen.

Nikki Horn van La Rochelle is as die beste meisieatleet in die baannommers aangewys nadat sy die 200m (26,20s) en 400m (61,20m) gewen het.

Ilse Liebenberg van Hoër Meisieskool Paarl is aangewys as die beste meisie-atleet in die veldnommers. Sy het die verspring vir o.19 meisies met 'n afstand van 4,96m gewen.


Paarl-Oos lyk goed

[ Top ]


IN 'n ware riller van 'n wedstryd het Paarl-Oos Krieketklub se eerste span Saterdag vir Young Peoples met twee lopies geklop.

Paarl-Oos wen die loot op Daljosafat en besluit om eerste te kolf.

Garth Lewis het die kwaaiste onder die boulers ingeklim en 61 gemoker, wat ses grenshoue ingesluit het.

Manfred de Kock (25 4x2) en Roswin Jephta (42 4x4) het ook goed gekolf om hul span tot 167/10 te help.

Jacques Krynauw (4/14) was Peoples se beste bouler.

Paarl-Oos beperk die tuisspan tot 165, danksy goeie boulwerk deur Craig Abrahams (2/33), Elroy Abrahams (3/23) en Zynodien Fredericks (2/32).

Peoples se Quinton Kannemeyer (32) en Winston Fortuin (27) was die tuisspan se voorste lopiemakers.

Sondag het Paarl-Oos en Paarl op New Orleans kragte gemeet.

Die tuisspan behaal 138/9 in hul toegelate 45 boulbeurte, met Garth Lewis (30 4x2), Jackie Daniels (28 4x1) en Elroy Abrahams (21 4x1) wat die pap dik aanmaak.

Clint Philander (4/36) het die paaltjies vir Paarl ontwortel.

Paarl behaal die teiken met slegs vyf paaltjies plat. Dave Callaghan (66 4x8) was die besoekers se groot staatmaker, terwyl Wesley Euley (25 4x1, 6x2) ook met die kolf laat waai het.

Elroy Abrahams (2/18) was Paarl-Oos se beste bouler.

Paarl-Oos II het die naweek ook teen Young Peoples en Paarl te staan gekom.

Paarl-Oos (207/8) klop Peoples (186/9) met 21 lopies. Jermaine Didloff (63 4x2, 6x5), Tiaan Cloete (34 4x3) en Werner Erasmus (32 4x5) was Paarl-Oos se beste kolwers, terwyl Chester Kuilen (48 4x3, 6x1), Edwin Jacobs (40 4x4) en Brendon Gabriels (31 4x5) Peoples se uitblinkers was.

Paarl-Oos II het min moeite ondervind om Paarl II met ses paaltjies te klop.

Paarl se 149/10 na 42 boulbeurte was nie genoeg nie en Paarl-Oos kry 150/4 reeds in die 30ste boulbeurt.

Kurt Martin (44 4x1, 6x3) het goed gekolf vir Paarl. Wilton van Neel (2/13), Wayne Minnies (2/21), Werner Erasmus (57 4x6, 6x4) en Kurt Julius (34 4x5) was Paarl-Oos se beste spelers. 


Wellington woelig op veld

[ Top ]


DIE spelers van Wellington Krieketklub kon Saterdagmiddag tevrede huis toe gaan, nadat albei spanne hul 45-beurtwedstryde gewen het.

Wellington I het op die Pen Basson-velde vir Brackenfell met vier paaltjies geklop.

Die tuisspan beperk Brackenfell tot 167/10 met Willem du Toit (53 4x2, 6x3) die enigste kolwer wat weerstand bied.

Hencko Bornman (2/27), Craig Meyer (3/32), Martin van der Merwe (2/11) en Godfrey Stevens (2/21) maai onder die kolwers.

Wellington bevind hulself in die moeilikheid op 85/5, maar danksy Martin van der Merwe (60 4x8) en Craig Meyer (35nun 4x3) trek hulle tog die wa deur die drif.

Willem Du Toit (2/26) was die beste bouler vir Brackenfell.

In 'n naelbytstryd in Kraaifontein behaal die tweede span (174/8) ook 'n sege oor Oostelikes (170).

Morné Saterdag (62 4x6, 6x2), William Seconds (25 4x2, 6x1), Charles Daniels (2/37), Cedric Williams (3/31) en Richard Stroebel (2/36) was Wellington se beste spelers.

In Sondag se snikhete het Wellington I in Kraaifontein teen Oostelikes te staan gekom.

Gelukkig is die wedstryd binne 31 beurte voltooi danksy goeie boulwerk van die Wellington boulers wat Oostelikes tot slegs 51 beperk.

Bornmann (6/30) en Hein Seconds (4/21) was die groot gevaar.

Wellington behaal die teiken met twee paaltjies plat.

Godfrey Stevens (27nun 4x2) en David Stevens (20nun 4x2) het die lopies geslaan.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]