safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 10 April 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 16 April 2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Two murders rock Paarl

[ Top ]


wlykTWO murders, on two consecutive days last week, have rocked Paarl and sent inhabitants scurrying for more safety measures around their homes.

The body of an elderly widower, Lionel Hellig, was discovered bound and gagged in his double storey homestead on the slopes of Paarl Mountain on Thursday.

At dawn on Friday, prominent businesswoman Lorna Januarie was shot to death in her hairdressing salon in Paarl East. The baby she had been holding in her arms, was unharmed.

Both killings drew a large contingent of police, with forensic experts to aid them in their search for clues to unravel the mystery murders.

At the onset it seemed as if a gang of burglars were to be held responsible for the death of Mr Hellig, while robbery could have been the motive for the killing of Mrs Januarie.

Information sent detectives on leads as far as Worcester, especially when Mr Hellig's stolen vehicle was discovered in the town.

Conflicting reports and scraps of evidence are being sifted before a group of suspects, already identified by investigators, are being charged with the murder of the retired land surveyor.

Speculation by members of the Paarl East community about Mrs Januarie's killers and the motive for the fatal robbery, have been fast in reaching the investigating officers.

Substantial rewards are being offered for information which lead to the arrest of the murderers.


Vrou vermoor met baba in arms

[ Top ]


'n HAARKAPPER van Paarl-Oos is Vrydag vroegoggend in haar salon vermoor, met 'n baba wat sy tot die laaste oomblikke van haar lewe in haar arms vasgehou het.

Die voordeur van die salon in Klein Drakensteinweg, wat ook as woonhuis dien, was om 06:15 nie gesluit nie. Lorna Januarie (41) was in die kombuis besig toe sy oorval is.

Sy is met 'n rewolwer gedreig en gedwing om na die slaapkamer te stap waar haar man, Colin Januarie, op die bed gesit en sy skoene aangetrek het.

"Ek het die vuurwapen op Lorna gerig gesien en wou opstaan, maar toe klap die skoot in my kuit," het Colin gesê.

Die rower was geklee in 'n amptelike blou uniform, met 'n kep diep oor sy kop getrek.

Colin is aangesê om op die bed te bly lê terwyl Lorna 'n selfoon en sowat R4000 kontant wat in die slaapkamer gehou is, moes oorhandig."

Daarna het die rower Lorna voor hom uitgedruk, terug na die salon.

Toe hoor Colin 'n enkele skoot. Hy het met bloed wat uit sy regterbeen vloei, na die salon gesukkel.

Daar het hy sy vrou op die vloer in die deur van die salon aangetref met hul 11 maande oue grootmaakbaba, Naslie, nog in haar arms.

Lorna was swaar verwond, met 'n skoot in die buik. Sy het kort daarna beswyk.

Volgens ooggetuies in die straat het daar tydens die aanval 'n langerige man met donker gelaatstrekke en donker klere op die stoep van die salon gestaan en rook.

Hy het om die hoek in Hermitagestraat verdwyn kort voordat die skoot afgevuur is.

Die man met die uniform het glo op sy gemak die trappies afgestap na 'n metaalkleurige nuwe-model motor wat voor die salon geparkeer was. Ook hy het in Hermitagestraat ingedraai.

Belangstellendes het buite die haarsalon saamgedrom.

"Lorna was ons almal se haarkapper, 20 jaar lank," was die geskokte omstanders dit eens.

"Sy was altyd vriendelik en het so 'n oop hart gehad."

Colin, 'n bouer, het hierdie week gesê: "Ek het klein Naslie aan haar eie ma teruggegee. Ons wou haar so graag aanneem, maar ek kan tog nie alleen vir haar sorg nie."

Die Januaries het die dag voor die moord hul elfjarige huweliksherdenking gevier.

Die egpaar se enigste kind, Darrian (19), het die aand voor die moord by 'n vriend oorgeslaap.

Lorna word benewens haar man en seun ook oorleef deur haar vader en vyf susters.

Die tuisdiens is Saterdag om 09:30 te Botmastraat 17, Paarl-Oos, met die roudiens om 10:00 in die St Josephs AME kerk in Bougaardtstraat.

Inligting oor die moord kan gegee word aan die ondersoekbeampte, insp Sammy Cupido, of speurtakbevelvoerder kapt Riël Vlotman (807-4000).

* A Paarl East hairdresser has been murdered in her salon in Klein Drakenstein Road.


Arrests after death of elderly Paarlite

[ Top ]


FIVE arrests have been made following the murder of a retired Paarl land surveyor in his home on the slope of Paarl Mountain last week.

Lionel Hellig (83) had lived in his home on the corner of Berea and Septimus Streets for 55 years - the last eight years alone since his wife passed away.

When a domestic worker, Cynthia Bulani, arrived for her usual Thursday work day, no-one opened the locked doors.

It was only when Rhona Liddell and Regina Tom, assistants to his daughter-in-law Dr Shelley Hellig, arrived with a key, that the discovery was made.

Mr Hellig's hands and feet were bound behind his back and a rag tied over his mouth. He lay face-down on the floor at his bedroom door with bedding covering his head and had no visible wounds.

His wallet had been emptied. Socks and a shoe lay in the passage. The refrigerator and cupboard doors hung open. Rooms were ransacked and a video, television and hi-fi set had been stolen.

No signs of forced entry could be found.

Neighbours gathered in shock and disbelief as police searched for clues in and around the ivy-covered double-storey homestead.

He was so security conscious, they said. All the windows had burglar bars and he always double-checked that the security gates were locked.

Mr Hellig had been seen alive on Monday last week. That afternoon was the last time that neighbours heard his car being driven from the home.

A post-mortem examination revealed massive internal chest injuries and possible death by suffocation.

The car, an old model silver Chevrolet, with a brown vinyl top, was recovered in Worcester on Saturday.

Two Paarl East men, allegedly involved with driving and selling the vehicle, are in custody while the vehicle is being subjected to forensic tests.

Three women from Paarl East were arrested on Tuesday night. More arrest will follow.

Police are also investigating a possible link between the killing and two burglaries at the Hellig home the week and a fortnight prior to the murder.

A substantial reward is being offered for information leading to successful arrests.

Contact investigating officer Jacques Coetzee at 807-4000.

A memorial service was held for the well-known retired land surveyor in Paarl last week, with tributes pouring in for the "respected and charming man", whose "advise and opinion will be sorely missed", and who was "the best ever grandfather".

His son, land surveyor David Hellig, and his family were summoned from their seaside holiday after the body was discovered.

Mr Hellig also leaves a daughter, Reneé Doneson of Cape Town.


Rates shock awaits Drakenstein

[ Top ]


A SHOCK awaits more affluent Drakenstein ratepayers, should the proposed new property tax for 2003/2004 be approved.

Drakenstein needs R61 million in order to balance its books.

An increase of 5% for all consumers would mean an income of R61 217 000 - well above the required amount.

To accommodate discount on rates, especially on smaller properties, different scenarios were put forward at a special meeting of the Finance Committee last week.

The higher the valuation amount that is to be discounted, the higher the tax increase.

Although in real terms the increase will not be so high, it will grow as the property valuation increases and can in certain instances be well above 10% and as much as 36% for bigger properties.

The first scenario was for a 10% increase in respect of all consumers with a domestic rebate of R5000, which will bring the income to R60 284 000.

This rebate amounts to R53 in tax for all consumers, irrespective of the total value of the property.

Property with a value of R11 500 and less (50 properties) will in fact experience a decrease of 37,83% in tax, while properties up to R50 000 will enjoy a decrease of 1% in tax.

The tax on more valuable properties will increase steadily from 4,5% on property under R200 000 to 9,63% on a property of R1,5 million.

The committee looked at five more scenarios, each one depicting a larger increase to ratepayers and a larger rebate on smaller properties.

The last scenario is a 41% increase and a rebate of R50 000.

This will mean that no tax will be paid on property valued under R50 000, but at the other end of the scale owners of property valued at R1,5 million or more will experience a rates increase of 36,3%.

The final discussions on the budget will take place on Tuesday and Wednesday.


Motor gestroop op soek na slang

[ Top ]


WniksWAT laat 'n man sonder enige genade sy motor stuk vir stuk uitmekaar haal?

As jy dié vraag vir Julian du Plessis vra, sal hy jou sommer gou antwoord: 'n slang in jou bakwerk.

Du Plessis, 'n bewaarder by Allandale Gevangenis, wou Sondagaand om 23:30 sy motorvensters gaan toedraai toe hy die kronkelende lyf van 'n slang onder die passasierssitplek sien uitsteek.

"Hy was so 'n wit-gelerige kleur en sy kop was onder die sitplek," vertel Du Plessis.

Hy het al die vensters toegedraai om die slang binne te hou, want hy wou met "sy eie oë sien" dat ta weer uit die motor seil.

Maar teen Maandagoggend was daar geen teken van die onwelkome besoeker nie, en die dienste van Danie Malherbe, eienaar van die Die Vonds Slangpark buite die Paarl, is ingeroep.

Volgens Malherbe het hy al vantevore pofadders gevang in die wingerde van Nederburg-plaas, wat aan Du Plessis se woning grens, asook 'n geel kobra in een van dié wynplaas se kantore.

Die idee dat die versteekte kalant dalk een van dié gevaarlike spesies kan wees, het Du Plessis nog meer naarstigtelik laat soek.

Na sowat 'n driekwartier se rondkrap in elke denkbare gaatjie en hoekie en die uithaal van panele, sitplekoortreksels en matte, gewaar Danie die slang in 'n hoek van die bagasiebak.

Maar woerts, weg is hy weer.

Selfs nie eens die uithaal van die agterste sitplekke van die Toyota Corolla kon lig werp op waar die slang hom toe bevind nie.

Malherbe het egter genoeg tyd gehad om dit as 'n skadelose Rooilipslang te identifiseer wat meestal snags aktief is en bedags slaap.

Ná meer as 'n uur se soek, het die slangvanger moed opgegee.

"Die beste raad is om die motor in die son te laat staan sodat die bakwerk kan warm bak, los die deure oop en hy sal later vanself uitseil," het Malherbe gesê.

Julian het egter later die middag met 'n tuinslang in die uitlaatpyp die slang uit die bakwerk gerook. Die slang is bedwelm onder die vloermat van die bestuursitplek gevind en vankant gemaak.

* A Paarlite's car was stripped in search of a snake which disappeared without trace.


Verkragters swaar gestraf

[ Top ]


TWEE verkragters is verlede week in verskillende sake lang vonnisse opgelê in die Paarl Streekhof.

Donovan Goosen (22) van Magnoliawoonstelle R18, Paarl-Oos, is skuldig bevind aan die verkragting van 'n geestelik versteurde 15-jarige meisie verlede jaar.

Hy is gevonnis tot twaalf jaar gevangenisstraf, waarvan vyf jaar opgeskort is, asook 'n verdere 30 maande gevangenisstraf.

Japie Cupido (35) van Jan Fiskaalstraat 387, Paarl-Oos, is vir die verkragting van 'n 18-jarige meisie verlede jaar tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan die helfte vir vyf jaar opgeskort is.

"Sulke vonnisse is baie welkom," het 'n senior polisie-offisier gesê. "Dit sal beslis bydra om misdaad te voorkom."


Brug gesluit

[ Top ]


DIE Agter-Paarl-brug oor die N1 sal vanjaar vir tot twaalf dae op 'n keer gesluit word vir herstelwerk. Die eerste sluiting vind van eerskomende Dinsdag tot Woensdag plaas vir 24 uur.

Die Nasionale Padagentskap is tans besig met rehabilitasiewerk aan 39 brûe op die N1 roete tussen die Stellenberg Wisselaar en die Hugenote tonnel, insluitend die Suid-Agter-Paarl-padbrug oor die snelweg net buite Paarl.

Hierdie brug het heelwat skade en verg baie herstelwerk. Die herstelwerk behels onder meer die plasing van 'n beton-oorlaag bo-oor die bestaande betondek.

Vir dié doel sal die brug op vier geleenthede gesluit moet word om die beton teen vibrasieskade van verbygaande verkeer te beskerm terwyl sterkte-ontwikkeling plaasvind.

Die sluitings sal plaasvind op Dinsdag 15 April van 07:00 tot 12:00 op Woensdag 16 April, van 23 April tot 5 Mei (twaalf dae), van 07:00 op 10 Junie tot 12:00 op 11 Junie en van 18 Junie tot 28 Junie (tien dae).

Hierdie datums is voorlopig en inwoners in die omgewing sal deur middel van pamflette verder ingelig word nader aan die tyd.

Die kontrak vir die uitvoering van die werk is toegeken aan Wilson Bayly Holmes/Ovon Konstruksie.

* The Suid Agter Paarl bridge over the N1 will be closed for traffic from Tuesday morning until Wednesday afternoon and other intervals over the next three months.


Warm op spoor van inbrekers

[ Top ]


INBREKERS moet ligloop, die Paarlse honde-eenheid is warm op hul spoor en snuffel hulle een na die ander uit.

Onlangs het insp Wessel Fourie en sy hond Coco op twee mans afgekom wat by die munisipale slagpale in Van der Stelstraat inbreek. Die mans het in die bosse probeer vlug, maar Coco het hulle uitgesnuffel.

Inspekteurs Jacques Lume en Wessel Fourie het twee verdagtes in hegtenis geneem ná 'n inbraak en die diefstal van 'n vuurwapen op 'n plaas in Noorder-Paarl.

'n Beweerde medepligtige, wat die vorige dag deur ander polisiebeamptes gearresteer is en in die Paarlse polisieselle aangehou is, is weer ondervra.

Die man is deursoek en daar is in die selle beslag gelê op 'n vuurwapen en ammunisie.'n Interne ondersoek is geloods.

Lume en Fourie het ook by Malmesbury verdagtes te voet agternagesit nadat 'n selfoonfirma beroof is. Twee mans is in 'n woonbuurt opgespoor voordat Coco 'n derde verdagte onder 'n bed uitgeblaf het.

Coco het ook verlede maand sy baas en kollega Lume te hulp gesnel toe hulle in Wellington deur oproeriges aangeval is.

Coco het twee belhamels vasgevat, waarna hulle aangekla is.

Insp Alroy Julies moes uithelp toe 'n man uit polisie-aanhouding by Porterville ontsnap het.

Die verdagte het  weggekruip, maar Blade het hom uitgeblaf.

Insp Johan van Wyk en sy hond Caesar het op 'n man afgekom wat helder oordag gesteelde kratte Coke in Triangle Park, Huguenot, wegdra.

Die verdagte het die volgelaaide trollie net so in die Huguenot Verbypad gelos en laat spaander, maar Caesar het hom platgetrek.

Insp Pieter van den Berg en sy hond Storm, het 'n voortvlugtige uit bosse langs St Johnsstraat, Noorder-Paarl gehaal nadat 'n motorradio gesteel is.

Hulle moes gaan uithelp toe 'n skaap op die plaas Craigwood in Joostenbergvlakte gesteel is. Die spoor twee kilometer ver gevolg, voordat hulle die skaap lewendig aan 'n boom vasgemaak gekry het. Die veediewe het toe al die hasepad gekies.

Insp Christopher Smith het een gesteelde voertuig verlate gekry op die Malmesburypad, en nie net 'n tweede voertuig nie, maar ook 'n stapel gesteelde gereedskap teruggekry nadat hy spore deur die veld gevolg het.

Insp Luther Lombaard en sy dwelmhondjie, Lady, het 16 stoppe dagga onder bosslapers se matrasse onder die Stasiebrug by Wellington uitgesnuffel.

Inspekteurs Francois Hugo en Alroy Julies het sewe jeugdiges opgespoor en aangekla van herhaalde inbrake by die snuisterywinkel by die Taalmonument.

Die speurders het spoor geloop deur die wingerde op die hange van die Paarlberg en die seuns aangekeer by die provinsiale padkamp, waarvandaan die inbrake geloods is.

* Paarl's police dog unit are sniffing out burglars.!


Diewe teiken besighede

[ Top ]


HUISBREKERS is besig om veral besigheidspersele rot en kaal te steel in die Paarl.

Ten spyte van diefwering en 'n alarmstelsel het Karoo Foods in Triangle Park, Huguenot, binne dae vier keer deurgeloop.

Tydens die eerste inbraak is biltong en droëwors gesteel. Daarna is 'n skaal weggedra, en die volgende keer 'n rekenaar.

Met die vierde inbraak, is drie booswigte in hegtenis geneem, twee van hulle jeugdiges.

Polisiebeamptes het groot sukses met arrestasies, soos drie mans wat aangekeer is terwyl hulle die naweek by motors in die Paarl ingebreek het.

Die vlaag inbrake word egter nie gestuit nie.

Huisbewoners wat in hul agtertuin in Bo-Meulstraat gekuier het, het eers later besef inbrekers het helder oordag voor by hul huis deur 'n venster geklouter en juweliersware en 'n skootrekenaar gesteel.

By nog 'n inbraak, hierdie keer in Kotzestraat, Denneburg, het die booswigte klere op die toneel agtergelaat. 'n Kluis is oopgeboor en 'n 357 Magnum rewolwer en 200 rondtes ammunisie is gesteel.

Inligting het die polisie na twee verdagtes gelei, waar 'n horlosie ter waarde van R30 000 teruggekry is.Insp Nardie Groenewald en Jacques Coetzee (807-4000) is nog op die spoor van die gesteelde vuurwapen.

* Business premises in Paarl are being burgled.


Skoolkinders breek in

[ Top ]


RONDLOPER-KINDERS wat gedurende skooltyd in uniform in Paarlse woonbuurte rondloop, is die oorsaak van vele inbrake.

Volgens die polisie klop die kinders aan vir kos en wanneer hulle niemand tuis kry nie, word daar ingebreek.

Kapt Johnny May versoek dat huisbewoners op hul hoede moet wees vir sulke kinders en dadelik hul bewegings moet aanmeld by die polisiekantoor, 807-4000.

* Inligting word gesoek oor die inbraak die naweek waar gereedskap ter waarde van duisende rande uit 'n werkswinkel in Suider-Paarl gesteel is.

Die inbrekers het by ACW Engineering in Concordiastraat toegeslaan nadat die fabriek Saterdagmiddag gesluit en voor werkers Maandag om 07:00 ingeval het.

Onder die gesteelde goedere is 'n R12 000 Hitachi magnetiese boor, drie groot Makita boormasjiene, 'n klein Bosch boormasjien, 'n Hitachi grinder, 'n AEG Jigsaw saag, twee groot en drie klein Bosch grinders en 'n Bosch "pencil grinder".

Inligting kan gegee word aan insp Selma Bredenhann of kapt Leon Laubscher by 807-4000.

* Inspekteurs Jacques Lume en Wessel Fourie van die polisie se honde-eenheid, wat die speurders met hul ondersoek bystaan, het Dinsdagmiddag op 'n plaas aan die Wemmershoekpad op 'n stapel gesteelde goedere afgekom.

Dit was nie die kraggereedskap nie, maar 'n DVD-speler, videomasjien, ander musiekapparaat en kombuistoerusting van derduisende rande wat die naweek op die plaas Hartebeeskraal gesteel is.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za