|
DIE ondersteuningsgroepe vir jong diabete in die Paarl en Wellington vergader op Saterdag 10 Mei van 09:00 tot 16:00 in lokaal 30 en 31 van die Polisiekollege.
Sprekers van die SA Diabetiese Vereniging se Tygerberg-tak sal praat oor 'Bodylink' - hoe die liggaam met die diabetiese middels werk.
Koste is R70 (R90 vir nie-lede) en dit sluit 'n ete in. Kontak die onderstaande persone voor 2 Mei vir bespreking en betaling. Beperkte plekke is beskikbaar.
Skakel Pat Hayman by 872-7590 of Bridgette Muller by 807-8000/8012. Alle diabete is welkom. |