|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE eerste span van Paarl Krieketklub het Saterdag weer eens die relegasie-slagyster ontsnap deur Bergrivier in 'n uitspeelwedstryd vir 'n plek in die Boland Superliga te klop. 'n Treurige blad het, wat andersins 'n goeie wedstryd sou wees van alle aanskoulikheid ontneem. Dié wedstryd sou eers op Daljosafat gespeel word, maar weens 'n reëlingsfout is dit na New Orleans geskuif. Dié blad en tuisveld van Paarl-Oos Krieketklub is so berug onder die spelers dat daar algemeen aan-vaar word dat die span wat eerste kolf die wedstryd wen. "Die blad verkrummel in die middag en raak 'n stofblad wat gevaarlik draai," het Patrick Abrahams, voorsitter van die Bergrivier Krieketklub, gesê terwyl sy span se kolforde Saterdag ineengestort het. "Dit gee nie 'n regverdige kans aan die span wat tweede kolf nie," het hy bygevoeg. Maar dit is nie 'n kwessie van suur druiwe nie. Die voorsitter van die Paarl Krieketklub, Quinton Jacobs, beaam die klagte. "Dit is 'n baie swak blad en beslis nie geskik vir 'n wedstryd waar daar om 'n plek in die Superliga gespeel word nie," het Jacobs gesê. "Altwee spanne het positiewe krieket probeer speel, maar die stadige blad het dit nie toegelaat nie. "Daarby is die veldoppervlakte só ongelyk dat dit 'n bal verkeerd kan laat hop wat tot beserings onder die veldwerkers kan lei," het hy gesê. "Ek en Patrick het juis vanoggend gewonder hoekom dié belangrike klubwedstryd nie op BoE Park gespeel kon word nie, aangesien die provinsiale seisoen reeds klaar is. "Gewoonlik duur 'n wedstryd tot 18:30, maar ons het vanmiddag al 16:45 klaargemaak. Daarby verneem ek die hoogste tweede kolftelling wat nog op dié blad aangeteken is, is 130. Dit sê moes iets." Volgens Moos Nicholas, bestuurder van Amateur-krieket by Boland, het 'n dubbel-bespreking op Faurestraat genoodsaak dat 'n rugbywedstryd na Daljosafat skuif, met die krieketwedstryd wat op sy beurt na New Orleans moes skuif. "Ek wou hê dat albei wedstryde (Paarl teen Bergrivier en Oostelikes teen Malmesbury) op Stellenbosch gespeel moes word omdat dit so neutraal is, maar weens hokkiewedstryd kon dit nie gebeur nie," verduidelik Nicholas. "Ons het BoE Park vir die wedstryd oorweeg, maar omdat die veld en blad tans behandel word, was dit onmoontlik." In sy kommentaar oor die blad van die New Orleans veld het Nicholas gesê die standaard van krieket in die Boland is nie wat dit moet wees nie. "Om dié rede word daar 'n Indaba vir Mei beplan waar alle afrigters, skeidsregters, tellinghouers en baanbeamptes gaan opleiding kry. Dit sal vir klubkrieket en skolekrieket geld. "Baanbeamptes sal deur Boland se veldopsigter, Niel Davids, touwys gemaak word oor bladvoorbereiding. Nadat Paarl die loot gewen het, het hulle 194/9 in hul toegelate 60 boulbeurte aangeteken. Rudy Andrews (52), Utelyn Erntzen (42) en kaptein Lynal Jansen (34) het onder Bergrivier se boulers ingeklim. Bergrivier het goed begin en ná 15 beurte op 58 vir die verlies van geen paaltjies gestaan. Maar toe bring Paarl hul draaiboulers op en dit is waar die Wellingtonners se treurmare begin het. Die bybreekballe van Jansen (5/24) en Alfredo Adams (4/33) het die Bergrivier-kolwers op hul knieë gedwing. Al 10 hul paaltjies kantel binne 13 beurte waarin hulle slegs 'n bykomende 36 lopies op die telbord kon sit wat die telling op 94/10 bring. Vir Bergrivier het die openingspaar, Adiel Cassiem (36) en Wesley Goetham (28) asook Andre Andrews (4/41) uitgeblink. |
|
|
|
IN 'n poging om groter kompetisie by die Boland Baanfietskampioenskappe te bevorder, is die byeenkoms vanjaar in 'n nuwe formaat aangebied. Om die wedrenne interessanter te maak, is daar besluit dat fietsryers net in vier afdelings sal meeding en dat die wenners op 'n omnium-basis beslis sal word. Die o.12 afdeling het bestaan uit alle deelnemers jonger as 12, terwyl die o.14 en o.16 jaers teen mekaar gejaag het. Die groep wat die baanbeamptes die grootste hoofbrekens gegee het, was die ope groep waar die juniors, seniors en veterane mekaar die stryd aangesê het. "Hierdie nuutjie vir 'n kampioenskap het gesorg dat die wedrenne opwindend en die jaers almal baie kompeterend was," het Elrick Kulsen, voorsitter van Boland Fietsry Unie, gesê. "Dit is nie goed vir die sport wanneer net drie ryers aan 'n wedren deelneem nie. Deelnemers moet 'n uitdaging in elke wedren sien en nie seker wees dat hulle medaljes gaan verower nie." Volgens die nuwe formaat verdien ryers punte as hulle in die top vier plekke van 'n item eindig. Die ryers se punte in elke item word bymekaargetel om die eerste tweede en derde plekke in elke ouderdomsgroep te bepaal. Volgens Sylvia Dale, hoof-uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Fietsryfederasie is dit nie normaal nie. "Die uitvoerende beampte van Boland het ons nie in kennis gestel van die verandering nie. Maar jy kan nie 'n provinsiale kampioenskap op 'n omnium-basis aanbied nie. Hoe bepaal jy, byvoorbeeld, wie is jou kampioen in die 1500m agtervolging? "Geen provinsiale byeenkoms kan so aangebied word nie en ons erken dit ook nie," het Dale gesê. Nie almal was tevrede met die nuwe formaat nie, aangesien dit heelwat ryers van medaljes ontneem het. Daar was ook vrae gevra oor items soos die 4 rondes enkel agtervolging vir o.16's wat korter is as die erkende 2000m enkel agtervolging en dieselfde met die 6 ronde enkel agtervolging ope wat weer heelwat korter is as die gewone 4000m enkel agtervolging. Daar was ook klagtes dat die 4 ronde enkel agtervolging en 500m tydtoets vir o.16 ryers wat albei hoë intensiteit wedrenne is, te naby aan mekaar geskeduleer is vir die ryers om genoegsaam uit te rus en tot hul volle potensiaal te vertoon. |
|
|
|
|
DIE Paarl Vrouekrieketklub spog met 'n Proteaspeler in hul midde nadat Ashlyn Kilowan in die SA-span opgeneem is wat in Julie en Augustus na Engeland toer. Boland het tydens die B-afdeling van die nasionale toernooi teen Griekwas, Kwazulu-Natal, Gauteng, Vrystaat en 'n uitnodigingspan gespeel. Boland moes in die eindstryd teen Gauteng te staan kom, maar die wedstryd het uitgereën. Boland het die afdeling gewen omdat hulle 'n beter netto lopietempo gehad het - 5,1 teenoor Gauteng se 3,6. Boland speel gevolglik volgende jaar in die A-afdeling teen WP (wat vanjaar dié afdeling gewen het), Noord-Gauteng, Noordweste, Grens en Oos-Gauteng. Dit is die tweede SA speler wat Paarl Vrouekrieketklub oplewer, met Merece Mackier wat verlede jaar dié prestasie behaal het. Dit is die eerste keer dat dié veelsydige speler in die Protea-span opgeneem word. Sy is 'n linkerhandse naatbouler en kolf gewoonlik op nommer sewe of agt. Die ander Bolander wat ook in die span opgeneem is, is Alicia Smith van Coronation Krieketklub. Noor Rhoode, ook van Boland, sal weer die nasionale span se afrigter wees. SA sal twee vierdaagse toetse en drie eendagwedstryde teen Engeland speel. |
|
|
|
|
DIE eerstespan van Wellington Rugbyklub het 'n les geleer by die verrassende oorwinning wat Delicious in hul eerste Boland Superliga A1 wedstryd oor die kampioene, Ceres, behaal het. Wellington het in dié wegwedstryd daarteen gewaak om nie die tuisspan te onderskat nie, en teen rustyd was die telling 24-5 in die guns van die besoekers. In die tweede helfte het die voorspelers die spel nog meer oorheers. Goeie fasette is gehandhaaf vanwaar die agterspelers in alle kanale kon aanval. Wellington het in sy 46-24 oorwinning, ses drieë gedruk deur Herku le Roux, Jan Rautenbach, Riaan Nel, Abrie Barry, Richard Bennett en Arthur Snyders. Snyders het vyf drieë verdoel en met twee strafdoele geslaag. Wellington het Saterdag 'n loslootjie, maar speel op 16 April 'n aand-derbywedstryd teen Roses United op Boland Stadion. In hul Superliga A2 wedstryd teen Abbotsdale het Newtons 'n oortuigende 30-18 wen behaal. Die wedstryd het in die eerste helfte redelik gelykop verloop soos die rustydtelling van 13-11 aandui, maar in die tweede helfte het Newtons die krane oopgedraai en nog drie drieë gedruk. Ranfred Dazel (losskakel, 2), Tino Prins (heelagter, 2) en senter Christopher Plaatjies het drieë gedruk, met Prins wat met 'n doel- en strafskop geslaag het. Ander uitblinkers was Francois Julies (flank), Anthony Mathee (stut) en die kaptein, Roderick Loverlott (haker). Newtons speel Saterdag op Ashton. Die bus vertrek om 10:00 van 1 Up Supermark en kos R20. Die eerstespan van Roses United is tans onderaan die punteleer nadat hulle in hul eerste wedstryd teen Moorreesburg vasgeval het. Roses wat verlede naweek 'n loslootjie gehad het, sal hoop om Saterdag op die OKB-velde teen Rawsonville hul eerste wen te bewerkstellig. |
|
|
|
|
DIE ondersteuners van Paarl Rangers het Saterdag sekerlik gedink hier kom 'n groot loesing toe hul span ná 20 minute 14-0 voorgeloop het teen Weermag. Die Paarliete se vinnige begin, was te danke aan die linkervleuel, Roger Ruiters. 'n Skrum net buite Weermag se kwartgebied het die Rangers-agterlyn kans gegee om om die kleinkantjie te breek, met Ruiters wat ná 'n paar vinnige aangeë in die hoek oorduik vir 'n drie. 'n Rukkie later het goeie opvolgwerk Ruiters sy tweede drie besorg nadat hy net buite die doelgebied 'n skop van Weermag se losskakel afgestorm en op die bal geval het vir 'n opportunistiese drie. Die Paarliete moes egter hierna keer toe die besoekers terugveg om die rustydtelling op 14-10 te bring. In die tweede helfte het Weermag die skroewe nog stywer gedraai en nog 'n drie gedruk om 15-14 voor te loop. Rangers het egter nie gaan lê nie en met slegs vyf minute oor 'n oorwinning verseker toe senter, Jacques Pekeur 'n derde drie druk. Mark Adams (skrumskakel) het met twee moeilike doelskoppe vanaf die kantlyn geslaag. Rangers B het 10-3 gewen, terwyl die C-span 5-10 verloor het. In 'n wegwedstryd teen Scottsdene, het Albions ook vir die eerste keer sukses geproe toe hulle 28-6 gewen het. Sake het in die eerste helfte redelik gelyk verloop met albei spanne wat met twee strafskoppe geslaag het, om die rustydtelling op 6-6 te bring. Die vaste vyf het die grootste aandeel gehad in Albions se oorwinning, met die waarnemende kaptein, Morné Goetham op agsteman wat voorgevat het. Goetham was ook deel van die bewegings wat tot elk van die Paarliete se drie drieë gelei het en het self een gedruk. Agterlangs is Alwyn Hugo (14), met 'n drie beloon vir sy goeie spel terwyl Elrico Petersen (11) en Grant du Toit (15) ook goed vertoon het. Lincoln du Preez (12) slaag met twee doel- en strafskoppe en John Stevens (10) met 'n skepskop. Albions B en C verloor 10-21 en 0-12. |
|
|
|
|
'n SEGE tydens verlede naweek se Kuilsrivier Ope het die kroon gespan op 'n maand van goeie gholf vir die Paarliet, Dawie van der Walt. Van der Walt het die dag met 'n telling van vier onder baansyfer afgesluit ná rondetellings van 69 en 71 (140). Hy het die senior Boland-kaptein Dirk van der Merwe wat op dieselfde telling geëindig het, in 'n uitspeelwedstryd om die eerste plek geklop. Dawie se voëltjie op die eerste uitspeelgat het die knoop vir hom deurgehak. Hy het verlede week aan die Transvaal Amateurtoernooi deelgeneem waar hy sesde was in die houespel en in die tweede ronde van die putjiespel teen Mohammed Tayob uitgeval, nadat hy die kaptein van Sentraal-Gauteng, Norman Raad, in die eerste ronde geklop het. Twee weke terug was hy tweede in 'n uitspeelwedstryd vir die Somerset-Wes Ope met die plaaslike speler Justin Harding wat met die louere weggestap het. Voor dit het hy ook tweede geëindig tydens die Boland geslote toernooi op Langebaan, met Van der Merwe wat daar gewen het. Tydens die SA Amateurtoernooi het Dawie algeheel agtste gekom in die houespel uit 576 inskrywings, met spelers van onder andere Engeland, Namibië en Zimbabwe wat deelneem. Hy het in die kwarteindronde van die putjiespel teen Jacobus Roos van Stellenbosch uitgeval. |
|
|
|
|
DIE eerstespan van Paarl Gimnasium het met pragrugby verseker dat hulle koning kraai tydens die Nashua-toernooi wat in die vakansie op Vryheid gehou is. Agttien spanne het sake oor vyf dae uitgespook. Gim se eerste kragmeting was teen Michaelhouse van Durban en die Paarliete het heeltemal oorheers. Hulle wen 41-3. In 'n veel taaier wedstryd teen Hilton College wen Gim 19-15. Die jarelange Noord-Suid stryd op die rugbyveld is op skouspelagtige wyse ten toon gestel in die hoofwedstryd waar Gim teen Waterkloof van Pretoria te staan gekom het. Getrou aan die WP wen-tradisie behaal die Gimmies 'n oortuigende 30-12 oorwinning ná drie doele en drie strafskoppe. Waterkloof kon net met vier strafskoppe antwoord. Gim se agsteman, Ashley Johnson, is as speler van die toernooi aangewys. Die tweede span het Port Shepstone se eerste span 52-13 en Afrikaans Hoër Seunskool se tweedespan 16-11 geklop, terwyl hulle die onderspit gedelf het teen Centurion (23-18) se eerstespan. |
|
|
|
|
IF you love mountain biking then there is no better place to be than the Dirtopia Mountain Bike Festival at Tarentaalkraal near Greyton over Easter. The festival kicks off on 18 April and includes races for the professional riders to the more laid-back and entertaining activities like bicycle polo, dirt jumping, endurance rides and fun pedal and paddle challenge. Serious riders will be out to prove their worth at the Provincial Cross Country where they will be jostling for the top spots in an effort to score the highest points that could ultimately strengthen their chances of obtaining Western Province colours at the end of 2003. Temporary licences will also be available at R20 per person during the festival. The festival grounds are situated roughly 120km from Cape Town along the N2 route towards Caledon. Tarentaalkraal can be found in the remote and tranquil surroundings of mountain fynbos, serene rivers and wheat fields, approximately 15km from Greyton and Caledon. Entry for selected events and the camping can be done separately, but to save money it is best to get your hands on the DirtPass. For only R285 for adults and R200 for u.15's it will include three nights' camping fees, entry to all events, a free festival t-shirt, entry to the Akkedis party and selected cycling vouchers. Pre-entries close tomorrow. Camping sites will be available at R55 per person per night and entry fees to selected events will vary from R15 to R100. Spectators can enter free of charge. Enter online at www.dirtopia.co.za or contact Meurant Botha on 083- 450-5313 or Arina van der Vyver on 083-284-5932. |
|
|
|
|
ON Thursday 1 May all roads will again lead to Wellington where the 16th edition of one of the country's biggest half marathons, the SAD Safari Half Marathon, will be run. As usual, a full day of activities with lots of entertainment and fun for the whole family is planned by the organisers. The half marathon and 10km walk are pre-entry events only and participants should make sure that they get their entries in timeously. Postal entries close on 11 April, while on-line entries close at midnight on 13 April. A 5km fun run will also be held. Entries for the fun run will be taken on race day. Each participant finishing the fun run within the cut-off time will receive a Coke and a medal. The half marathon starts at 07:15, the 10km walk at 09:45 and the 5km fun run at 07:10. The Safari Half Marathon broke new ground last year when on-line entries were taken for the first time. Printed entry forms are available and runners can also enter on the Safari website (www.sadfoods.co.za), where full details about the events can be found. Every athlete in the half marathon who finishes the race before the cut-off of 4 hours will receive a medal. The first six men and women will be awarded gold medals, all runners under 90 minutes will receive silver medals, while the rest will get bronze medals. Generous prize money can be won, with the winners (male and female) pocketing R2500. Prizes will also be awarded in the categories veteran, master, grandmaster and junior. A special time incentive of R2000 will be on offer for a route record (men and women), while there is also a prize for the first male and female from the local Wellington club. Lots of spot prizes are to be won as well, including air tickets for two to the 2003 Comrades Marathon donated by Peninsula Beverages. The first athlete to finish the half marathon in New Balance shoes will receive R2000. Entry forms and payment can be delivered (in sealed envelopes) at the Sportsmans Warehouse branches in Rondebosch, Tyger Valley and Tokai. Enquiries can be made at telephone 511-7130 or by e-mail at info@topevents.co.za. |
|
||||