|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
VERKOOPSVERTEEN-WOORDIGER word benodig in motorbedryf (met "air brake & clutch" ondervinding) Vereistes: -Toepaslike ondervinding in soortgelyke posisie vir 'n aantal jare - Geldige bestuurslisensie - Volwasse persoon Ons bied: - Maatskappymotor & petrol - Maatskappyselfoon & selfoontoelaag - Basiese salaris & kommissie Faks verkorte CV (maks. 2 bladsye) aan Karen: (021) 862-7323 |
||||
|
BEMARKINGSAGENTE BENODIG SCWC in samewerking met gevestigde petroleum-maatskappye benodig bemarkers vir die Calvinia, Clanwilliam, Hopefield, Malmesbury, Moorreesburg, Paarl, Piketberg, Vredenburg en Wellington magistraatdistrikte. Die ideale persoon moet goeie kennis dra van die gemelde gebied se mense, mark en infrastruktuur. Ondervinding in en kennis van petroleumprodukte mag in die guns van die aansoeker tel. Applikante moet oor eie vervoer beskik. Vergoeding geskied suiwer deur winsdeling. Volledige aansoeke moet gerig word aan: SCWC, of meyerscw@telkomsa.net |
||||
|
AIR BRAKE TEGNIKUS VEREISTES: • Toepaslike ondervinding in soortgelyke pos vir aantal jare • Kode 8-lisensie vereiste • Volwasse, verantwoordelike persoon benodig • Field service ondervinding ONS BIED: • Mededingende salaris en maatskappyvoordele Faks verkorte CV na (021) 862-73239 |
||||
|
'n Selfgemotiveerde, volwasse persoon word DRINGEND benodig vir die bogemelde pos. VEREISTES: • Pastel boekhouding & MS Word • Goeie kliënteverhouding • Bemarkings-gemotiveerd • Eie vervoer • Goeie organiseerder (021) 862-7305 |
||||
|
REA Construction cc PAARL is looking for a LOCAL CODE 10 DRIVER Previous experience required. Please phone Ronécia (021) 868-3431 |
||||
|
FINANSIëLE VAKATURES Geleenthede bestaan in die finansiële afdeling van 'n dinamiese vervoermaatskappy wat die dienste benodig van energieke mense REKENKUNDIGE BEAMPTE Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volle spektrum van boekhouding van vier ondernemings se boeke. Die take behels die opstel van die boeke tot proefbalansstadium, beheer oor krediteure, debiteure en lone, die byhou van kasboek, kleinkas, bateregister en statutêre opgawes. Integriteit en eerlikheid sal 'n vereiste wees. Toepaslike ervaring sal tot die persoon se voordeel strek wat ondersteun word deur die nodige tersiêre kwalifikasies. VOORRADE-KLERK Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die beheer van diesel, onderdele, bande, seile, vasmaakbelde, toerusting, gereedskap, beskermende klere en die verbruikerstoor. Die kontrole van werkskaarte, aankope en voertuiglisensies sal 'n belangrike deel van die persoon se take uitmaak. Die persoon moet oor integriteit beskik. Ervaring in voorradebeheer sal tot u voordeel strek. ADMINISTRATIEWE KLERK Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die beheer van ritstate, tolkaarte, vragregister, en algemene kantooradministrasie. Die persoon moet oor goeie menseverhou-dinge beskik en met alle tipe persoonlikhede kan saamwerk. 'n Markverwante salaris en diensvoorwaardes word aangebied. Persone wat belang stel, kan 'n CV stuur aan: Faks: (021) 873-3154 of E-pos:advert1@xsinet.co.za Kontaknommer: 082 411 6457 Sluitingsdatum: 18 April 2003 |
||||
|
Casidra (Edms) Bpk streef daarna om die toonaangewende fasiliteringsvennoot vir volhoubare geïntegreerde landelike ontwikkeling, met meetbare impak op die vermindering van armoede te wees. ONTVANGSPERSOON 'n Uitdaging vir 'n professionele persoon met goeie tikvaardighede.Benewens die ontvangs-/skakelbordfunksie, sal u ook vir 'n aansienlike hoeveelheid tikwerk op 'n wordverwerker verantwoordelik wees en sekretariële dienste lewer. Om in aanmerking te kom, moet u oor die volgende beskik: • Matriek of 'n gelykwaardige kwalifikasie • rekenaargeletterdheid in MS Office • uitstekende interpersoonlike en kommunikasievaardighede in beide Engels en Afrikaans • akkuraatheid • goeie tikvaardighede • 'n sprankelende telefoonpersoonlikheid. 'n Toepaslike naskoolse kwalifikasie sal 'n sterk aanbeveling wees. In ruil word 'n markverwante vergoedingspakket wat byvoordele insluit, aangebied. Die maatskappy behou die reg om nie 'n aanstelling te maak nie. Skriftelike aansoeke moet volledige persoonlike en loopbaanbesonderhede bevat en versend word aan die Hoof: Menslike Hulpbrondienste, Posbus 660, Suider-Paarl 7624 of faksnommer: (021) 863-1055 of e-pos: fnel@casidra.co.za Sluitingsdatum: 25 April 2003 |
||||
|
||||