|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
|
|
|
 |
|
|
|
Thursday 10 June 2004 |
|
|
|
 |
|
|
|
This site will be updated on 17 June 2004 at 17:30 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
Arts - Kunste |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Geestelike rolprente nou by Protea te sien |
|
|
|
[ Top ] |
|
|
|
|
|
|
|
'n NUWE bediening wat hom toespits op die vertoning van geestelike rolprente het onlangs in die Paarl geopen.
Multi-Media Ministries huur die klein rolprentteater by die ou Protea-teater vir hierdie doel (die gebou is onlangs deur die AGS Kerk gekoop).
Multi-Media Ministries se rolprente word verkry van Eternal Productions, 'n Suid-Afrikaanse filmmaatskappy wat onder meer "The Lazarus Phenomenon" geproduseer het, met Regardt van den Bergh as regisseur. Oor die afgelope nege maande het 37 |
|
 |
|
|
|
|
|
GEESTELIK. 'n Deel van die bekende Protea-teater in die Paarl word nou deur Multi-Media Ministries gehuur vir die vertoning van geestelike rolprente. Hier van links is Gershcin Balie, Riana Zinn en Dirk Scott, die mense agter die "skerms". |
|
|
|
|
000 mense reeds hierdie rolprent oor die lewe na die dood gesien.
Die nuwe konsep van die benutting van professionele Christelike produksies het drie mense aangegryp wat nou Multi-Media Ministries gestig het.
Hulle is Dirk Scott, Riana Zinn en Gershcin Balie, wat nie net vertonings by die Protea hou nie, maar ook vertonings by ouetehuise, kerksale en private wonings reël.
Die vertonings by die Protea vind tans Woensdae, Vrydae en Saterdae plaas om 15:00, 17:30 en 20:00.
"Ons wil graag hê mense moet weet dat daar in die Paarl puik rolprente, wat geskik is vir die hele gesin, drie dae per week te sien is," sê Dirk.
Vir navrae in verband met vertonings of blokbesprekings, skakel Gerschcin by 084-837-2475, Dirk by 083-563-2711 of Riana by 082-7722-300. |
|
|
|
 |
|
 |
Gospelsanger in Paarl |
|
|
 |
|
 |
'n OPKOMENDE nuwe ster op die gospelmusiektoneel, Anne-Marie van Eeden, kan op Woensdag 23 Junie in die Strooidakkerk, Paarl, gehoor word.
'n Tragiese voorval in Januarie 2000 het Anne-Marie se lewe en musiekloopbaan op 'n nuwe koers geplaas toe haar jongste seuntjie, Frederick (3), in die gesin se swembad verdrink het.
Al die liedjies wat Anne-Marie sing, is in die drie jaar na die tragedie geskryf, en sy vertolk dit as 'n kragtige getuienis van die genade en geborgenheid wat sy in dié moeilike tyd van God ontvang het.
Elke liedjie dra 'n boodskap van hoop en bemoediging. Die musiekstyle wissel van Latyns-Amerikaans tot jazz en Afrika-ritmies. Dit word beskryf as "gospel met 'n verskil".
Anne-Marie sing en speel self klavier, en word bygestaan deur Schalk Joubert op baskitaar en kontrabas, Tim Rankin op tromme en Anjulie de Vos op tjello en harmonieë.
Sy het ook einde verlede jaar 'n CD, 'Kyk op', vrygestel.
Die optrede in die Paarl word deur die graad tiens van die Strooidakkerk Bybelskool gereël en dit begin om 18:30.
Toegang is R30 (kinders R20).
Kaartjies is te koop by die kerkkantoor, Louw-Deysel Prokureurs (Eerste Vloer, JC Cuff-gebou, Hoofstraat in die, Paarl), Die Gieter (Hoofstraat) en Lux Verbi (Pick 'n Pay sentrum), of kontak Fanie Botha by tel 072-386-8849. |
 |
|
 |
Kunstekaap wil Boland toe |
|
|
 |
|
 |
KUNSTEKAAP, die Wes-Kaapse spilpunt vir die uitvoerende kunste, begin vanjaar met 'n daadwerklike plan om na die platteland uit te reik en bied twee professionele verhoogstukke in die Boland aan.
Hulle hou môre 'n beplanningsvergadering in samewerking met die Frank Pietersen Musieksentrum om alle musiek-, ballet- en kunsonderwysers in die Boland by die opwindende projek te betrek.
"Alle kunsteskole en -sentrums van die Boland en selfs die Breederivier is welkom om 'n afgevaardigde na die vergadering te stuur. Die vergadering begin om 15:00 en al die besonderhede van die verskillende lokale, programme, vertoningstye en kunstenaars sal dan bekend gemaak word.
Kaapstad Opera en Kaapstadse Stadsballet gaan op 28 en 30 Julie twee opvoerings per dag onder die vaandel van Kunstekaap in Paarl en Wellington aanbied.
Die eerste vertonings word op leerders gemik terwyl die tweede vertonings vir die publiek oop is.
"Dit is 'n toetsprogram," sê Marlene le Roux, direkteur van gehore-ontwikkeling en -onderrig by Kunstekaap.
"Die kaartjies van elke vertoning sal so goedkoop moontlik gehou word om almal die geleentheid te bied om die 90-minute vertonings by te woon."
Die voorlopige plan is dat Wellington se twee uitvoerings op Vrydag 30 Julie in die middag en aand sal plaasvind. Vir die Paarl-opvoerings word die oggend en die middag van Woensdag 28 Julie oorweeg ten einde maksimum bywoning te verseker. |
 |
|
 |
Komedie in Ou Meul |
|
|
 |
|
 |
DIE stuk 'Mavis van der Merwe - Reconstructed' is op Vrydag 18 Junie om 19:30 in die Ou Meulteater in die Paarl te sien.
Dit vertel die hartseerstorie van 'n boereseun wat vlug uit die platteland om 'n nuwe lewe te begin in die stad. Hier lewe hy (of is dit sy?) 'n dubbele lewe.
Dan daag sy alkoholisniggie, Bernice Strydom, op - 'n werklose transvestiet wat as prostituut 'n bestaan probeer maak. Saam, voor hulle spieëls, bespreek en herleef hulle hulle kinderdae.
Mavis wil nie 'n bordjie om die nek gehang word nie - sy is nie 'n fopdosser nie.
Sy is wat sy is - 'n man in vroueklere. Sy wil haar eie identiteit in die nuwe Suid-Afrika hê...
'Mavis van der Merwe - Reconstructed' is 'n komedie met 'n ernstige boodskap.
Die eerste helfte van die vertoning bevat gunstelingliedjies van onder andere Amanda Strydom en die musiekblyspele/films Moulin Rouge en Cabaret.
Die spelers is Paul de Ville, André Steyn, Pieter Jonas, André Terblanche, Heinrich Jonas, Donna Europa en Siswe Higa.
Die musikale verwerkings is deur Paul de Ville.
Kaartjies is R50 per persoon en sluit 'n gratis wynproe, sjerrie en peuselhappies in (Rietrivier se wyne sal ook teen kelderpryse beskikbaar wees).
Bespreek kartjies by Print Right, tel 872-7209. |
 |
|
 |
'Shooting' Wellington |
|
|
 |
THE Wellington Tourism Bureau is running a photographic competition with big prizes for all photography enthusiasts who take pictures of Wellington.
The winners of the competition "I dream of Wellington" will be announced in September (Tourism Month).
All pictures must have been taken in Wellington with a Wellington theme.
There are three categories: Wellington people and animals, scenic Wellington and Wellington's heritage then and now.
Black-and-white as well as colour prints A4 in size are welcome (not slides). Digital pics must be on a CD.
The entry fee is R1 per pic with a maximum of three entries per category.
The closing date is 20 August and winners will be announced on 13 September. |
|
|
|
|
|
|