ppostgothic
Aida
safetop
uitlefstreep

Thursday 10 June 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 17 June  2004 at 17:30

 Letters - Briewe

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Voorgestelde tonnelnaam bevorder nie nasiebou

[ Top ]


BESWAARDES het tot môre tyd om besware in te dien teen die voorgestelde naamsverandering van die Hugenote-tonnel deur die Nasionale Padagentskap.

Die voorstel is dat die naam van die Hugenote-tonnel vervang  moet word met die ontslape ANC Minister van Vervoer se naam, Dulah Omar.

  Die Franse Hugenote het in 1688 na die Kaap gekom nadat hulle gevlug het van godsdienstige verdrukking in Frankryk.

Hulle het 'n groot bydrae gelewer, veral tot die ontwikkeling van landbou in Suid-Afrika, en het ontelbare nasate hier agtergelaat.

Ek hoop en bid dat genoeg mense besware vir die voorgestelde naamverandering van die Hugenote-tonnel sal aanteken.

Daar is genoeg nuwe ontwikkelinge om die ontslape minister te vereer as om 'n gat in die geskiedenis van ons land te veroorsaak.

Ons hoor gereeld van die president van die land en andere oor nasiebou. Hierdie voorstel is 'n aanduiding dat die president se woorde nie ernstig opgeneem word nie.

Die geskiedenis van die Hugenote in Suid-Afrika kan en mag nie uitrangeer word deur sulke onsensitiewe gedagtes en gebare nie.

'n Mens kan net spekuleer of die voorsteller van die naamverandering enigsins kennis dra van die geskiedenis van die Hugenote in Suid-Afrika

Hierdie is nie 'n kwessie van een moet wen een moet verloor nie, maar eerder 'n saak van gesonde verstand wat moet besef dat die blote voorstel vir die naamverandering onsensitief, 'n blatante fout en selfs 'n verskoning verg.

Ek hoop dat die voorsteller van die voorgenome naamsverandering goed onder die besef sal kom dat sou die aksie voortgaan, enige gedagtes van nasiebou onder dié van ons Hugenote-nasate wat nog nie emigreer het nie, onherstelbare skade berokken sal word.

Stuur besware aan die hoof van die Nasionale Padagentskap, Nazir Alli, by faks (012) 362-2116 of silva@nra.co.za.

Marthinus Jordaan


Pluimpie vir polisie

[ Top ]


OP 27 Mei het ons 'n inbraak by ons huis in Swartvleistraat, Paarl, gehad.

Terwyl ons geslaap het, het 'n persoon deur ons venster geklim en ons videomasjien gesteel asook 'n selfoon wat langs ons bed op die kassie gelê het. 

Om halfeen het ons die polisie geskakel. Hulle was binne vyf minute by ons huis. Hulle was reeds in die omgewing om 'n ander inbraak te ondersoek en het toe reeds 'n persoon in hegtenis geneem. Die goedere wat by ons gesteel was, is in die persoon se besit gevind.

Ons wil baie graag vir inspekteur Burden, inspekteur Johnson en konstabel Mltqantsa baie dankie sê vir hul flinke diens, hulp en vriendelikheid.  

Ons waardeer dit baie. Voorspoed en sterkte vir julle.

Die Bekkers


Paarl Hospitaal tops

[ Top ]


ON 4 May I was admitted to the Paarl Hospital for a total hip replacement operation.

I went with much trepidation having heard dreadful reports on the condition of the hospital.

But I have nothing but praise for the hospital and staff from the kitchen staff that produced excellent meals right up the line to the heads of staff - they were absolutely tremendous.

In spite of being dreadfully understaffed, everyone worked so hard. They all had cheerful caring attitudes and took time off to chat and have a laugh.

I thank them all from the bottom of my heart for making my stay so comfortable and enjoyable.  I would have no hesitation in going into the hospital again, should the occasion arise..

To all concerned, thank you and God bless you.

Dawn Pemberton


My dog is no 'brak'

[ Top ]


I AM the proud owner of the "Swart Sluiper, miserabele benerige swart great Dane brak" to which "Gif-in-die-polonie" referred in last week's Paarl Post.

For future reference, his name is Jazz Arum Lodge Umbane, he's pedigreed, five years old and suffers severe arthritis. Hy's geen brak.

He claims that my dog bothers him every night, but we have yet another scoundrel in the neighbourhood. Mine mostly sleeps indoors.

I apologise if my dog is a disturbance. I can fully understand and have respect for the discomfort he has caused, but we have certainly made an effort to keep him inside our property.

This effort has cost close to R26 000 in pet containment systems, boundary walls and security gates.

Unfortunately he is part of the family, like a child to us, so he is not that easy to dispose of.

Fortunately though, we are moving abroad at the end of the month, and might I add, going to great expenses to take all our animals with us to another continent.

Animal lover


Tenderproses pla

[ Top ]


DIT is nou alweer tyd vir die keisers en partye om hulle voor te berei vir die munisipale verkiesings in 2005.

Ek wil my vertroue uitspreek dat ware demokrasie in die Drakenstein Munisipaliteit sal plaasvind, ten spyte van verskeie interne bevorderings van amptenare wat kommer wek.

Nog 'n saak wat pla, is dat 'n tender toegestaan kan word vir 'n ANC stadsraadlid se kerk om 'n kon-ferensiesentrum te bou op drie hektaar munisipale grond terwyl daar aansienlik hoër tenders was.

Is daar enige behoeftebepaling gedoen oor so 'n sentrum? Is huise nie dalk nodiger nie? En sal so 'n kerksentrum hoegenaamd erfbelasting genereer?

Ek hoop net dat goeie stadsraadlede gekies sal word in die munisipale verkiesings in 2005.

Belastingbetaler

Die munisipale bestuurder reageer: Met die toeken van tenders word daar nie bloot net na die hoogste tenderbedrag gekyk nie, maar ook na die waarde van die beoogde ontwikkling.

'n Koopprys is 'n eenmalige bedrag, terwyl die belasting op 'n eiendom volgens die waarde daarvan bereken word.

Op die lange duur baat die Raad dus meer van 'n duurder ontwikkeling as van 'n eenmalige hoër tenderbedrag.

In die betrokke geval is die eiendom in Langenhovenweg langs die ingang na Klein Parys geadverteer vir die ontwikkeling van 'n konferensiefasiliteit.

Die hoogste tender van R650 000 vir die terrein van 3 hektaar is ontvang van Shatel Property Development, met 'n beoogde ontwikkelingswaarde van R5 miljoen.

Die tweede hoogste tender is ontvang van Valley Ministries  vir R320 000, maar met 'n beoogde ontwikkeling van R14,3 miljoen.


Dankie Paarl Post

[ Top ]


EK is al ses maande in Amerika, Nashville, Tennessee. Ek is mal oor die Paarl Post se website, want dit hou 'n mens op hoogte van sake in die Paarl.

Ek geniet dit om Afrikaans te lees, want hier praat ek net Engels. Ek mis die huis baie en julle maak dit ligter deur julle koerant wat ek aanlyn kan lees!

Charlene Manus


Een voorval is een te veel

Editorial

[ Top ]


GEWELD in Bolandse klubrugby is 'n realiteit. Amptenare van die Boland Rugby-unie en sommige klubs voer aan dit is geïsoleerde voorvalle en nie die norm nie.

Die skade en beserings wat egter aangerig word tydens dié "geïsoleerde" voorvalle maak dit noodsaaklik dat dit nooit moet plaasvind nie, selfs nie eens sporadies nie.

Die erns van die situasie is Maandagaand tydens 'n spesiale Boland klubrugbyvergadering duidelik oorgedra toe 'n klubverteenwoordiger 'n skokkende voorval beskryf het.

'n Speler, 'n 19-jarige seun, is na afloop van 'n onlangse wedstryd herhaaldelik geskop en geslaan terwyl hy op die grond gelê het. Omstanders is verhinder om hom te hulp te snel deur 'n man wat dreigend 'n vuurwapen rondgeswaai het.

Die betrokke verteenwoordiger, 'n vrou, kon later nie meer die pleidooie van die seun verdra nie en het haar lewe op die spel geplaas en haarself op die seun neergegooi, onseker of die man enige oomblik op haar gaan losbrand of nie.

Is dit rugby?

Sulke voorvalle gebeur miskien nie elke naweek nie, maar hoekom moet dit hoegenaamd gebeur?

Vuilspel en harde woorde op die rugbyveld sal daar altyd wees.

Maar as 15 besoekende spelers gekonfronteer word met 'n pawiljoen vol halfbesope, aggressiewe toeskouers en vir hul lewens moet vlug na die eindfluitjie blaas - dit is verregaande.

Wat help dit ons gebruik sport om kinders van die strate te kry - weg van bendes, dwelms en geweld - en hulle word op en langs die rugbyveld aan sulke gedrag blootgestel?


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]