|
DIE Wamakersvallei Opleidingsentrum op Wellington bied van 15 tot 17 Junie weer 'n Huishulp Verrykingskursus aan.
Die kursus kyk na voedsel en voeding, persoonlike higiëne, telefoonetiket en skoonmaakprosedures.
Die koste is R180. Vir navrae en bespreking, skakel die kantoor by 873-5942.
Daar is ook kort kursusse wat Dinsdae en Donderdag van 18:00 tot 21:00 aangebied word.
Die eerste hiervan is vir nutsmanne en word vanaand aangebied.
Op 22 Junie kom tafel- en wyn-etiket aan die beurt, met grimering op 24 Junie en haarversorging en style op 29 Junie.
Die koste is R50 per aand en besprekings kan ook by 873-5942 gedoen word. |