|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
|
|
|
 |
|
|
|
Thursday 10 June 2004 |
|
|
|
 |
|
|
|
This site will be updated on 17 June 2004 at 17:30 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
Sport |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
 |
|
|
|
MYNE. Hulpverdediger van WA Joubert se o.13A netbalspan, Belinda Groenewald, verseker die bal vir haar span, terwyl Courtrai se hulpdoel, Marelize le Roux, tevergeefs probeer om die bal te onderskep. Die wedstryd was een van die hoogtepunt van die twee skole se sosialiseringsweek wat verlede week gehou is. Courtrai het 11-3 gewen. |
|
|
|
|
|
Broers roei nou vir SA |
|
|
|
[ Top ] |
|
|
|
|
|
|
|
ONDANKS 'n skouerbesering wat hul voorbereiding vir die tweede SA Kanomarathon-proewe belemmer het, is Chris en Gert van Deventer verlede naweek in die SA K2 Kano-span opgeneem.
Die eerste proewe oor 36km is die vorige week op die Maselspoortdam in die Modderrivier naby Bloemfontein gehou.
Die huidige K2 marathon WP-kampioene, Chris en Gert van Deventer, oud-Paarliete wat deesdae vir Maties roei, het tweede geëindig in 2:40 na 'n naelbyt-stryd met Ant Stott en Shaun Rubenstein.
Die Stellenbossers se vertoning was egter nie goed genoeg om die SA-span te haal nie, aangesien slegs die wenners van die proefwedvaarte in die span opgeneem word.
Die druk was dus vierkantig op dié twee oud-Gimmies se skouers om die tweede proewe wat by Zandvlei in Muizenberg gehou is, te wen.
Die Van Deventer-broers het egter 'n groot terugslag beleef toe Gert die voorafgaande Woensdagaand in 'n motorongeluk betrokke was en sy skouer beseer het.
Dit het hul voorbereiding kortgeknip en dit sou waarskynlik beteken het dat hulle nie in top vorm sou wees voor die naweek nie.
"Dit was die Donderdag nog baie seer, maar ek het fisio gekry en dit het vinnig herstel. Teen die Vrydag en Saterdag kon ek al roei.
"Omdat ons reeds die eerste proewe geroei het, was alles al redelik in plek. My besering het net verhoed dat ons kon skaaf aan die dinge wat tydens die eerste SA's gesukkel het," het Gert Maandag gesê.
In 'n baie senutergende wedvaart oor 40km het hulle egter alle verwagtinge oortref, en gemors met onder andere verlede jaar se wêreld marathon-kampioen, Hank Mcgregor, en sy spanmaat Len Jenkins.
Die Van Deventers het veral by die vier oordraplekke hul voorsprong opgebou.
"Hank het nie lekker gesit in die kano nie en 'n 'lam' been opgedoen, met die gevolg kon hy nie hardloop by die oordrapunte nie. Ons het 'n voorsprong opgebou ná die tweede oordraplek, maar hulle het ons weer gevang.
"Ná die derde oordrapunt het ons 'n groot voorsprong oor die pak opgebou en Hank-hulle het onttrek."
Nog 'n kombinasie wat in die stof gebyt het, was die paar van Graeme Solomon en Zaren Courtney, wat tweede gekom het in 'n naelbyt-naelvaart vir die eindstreep.
"Ja, ons kan nie kla nie," was Gert se reaksie oor hul insluiting in die SA K2-span. "Die tweede proewe is altyd minder hard.
"'n Groot groep daag altyd op vir die eerste proewe, die roete is langer en dit is harder. In die tweede proewe is daar minder roeiers wat dinge heelwat makliker en rustiger maak."
Dié twee broers wat al kompeterend saam roei sedert 1995 en vir die afgelope ses jaar al vir Maties roei, vul nou die oorblywende twee plekke in die SA span wat in Augustus in Noorweë aan die wêreldkampioenskappe gaan deelneem.
Dit is hul eerste insluiting in 'n senior SA-roeispan, met albei wat al as juniors hul land verteenwoordig het.
Gert en Chris tel ook onder die gerekende roeiers wat elke jaar in die Bergrivier Kanomarathon roei. Gert het al 'n beste posisie van derde behaal en Chris vierde.
Gert en Chris is die seuns van die veteraan-roeier en mede-organiseerder van die Bergrivier Kanomarathon, Giel van Deventer van die Paarl. |
|
|
|
 |
|
 |
Boland shines at table tennis SA championships |
|
|
 |
|
 |
THE first Boland table tennis team to represent the province at the recent South African Open and Inter-provincial Championships in over a decade, performed extremely well on their first excursion to the north.
At the championships in Benoni, the Boland team gave the more experienced and established provinces a good run for their money, winning a total of 25 medals, including seven gold, five silver and 13 bronze.
Boland ended up with the second highest number of medals won by a single province.
"The junior players were outstanding and we are proud to have the u.12 girls' and boys' South African champs wearing Boland colors," says Mornay Pretorius of the Boland Table Tennis Union.
With their achievement Margo Weimers and Teegan Onverwaght both from Paarl, won themselves a year long sponsorship.
In the men's single event, Shaun Jones from Boland became the SA champion. Shaun is a regular in the South African team and reaffirms his position as the top senior man in the country.
The next Boland/Paarl Closed tournament will take place on 19 June at the Bergrivier High School Hall in Wellington. All table tennis players are welcome to enter in either a junior or senior singles division. Registration is at 09:00 and is R20 for seniors and R10 for juniors. Enquiries: Wayne Cupido 082-538-0766 or Mornay Pretorius 084-360-6760. |
 |
|
 |
Gardens bly werk vir titel |
|
|
 |
IN 'n wedstryd waar die humeure gereeld opgevlam het, het Gardens vir Peninsula op Gardens Park met 35-10 geklop.
Met dié sege is die Paarliete weer sterk in die wedloop om die titel in liga drie en is hulle net ses punte agter die voorlopers, Lagunya. Watsonia, teen wie Gardens Saterdag speel, lê tweede.
Dit was 'n klipharde stryd wat deur die Rooi Rose se voorspelers oorheers is, met die veteraan Chrisbin Meyer aan die spits.
Ander uitblinkers was Christopher Davids, Neville Fortuin, Garth Lewis, Roger Cupido, Chesley Theo en speler van die wedstryd, Graig Johnson.
Christopher Fortuin (2), Jacques Bothma en Chesley Theo het drieë gedruk, met Theo was suksesvol was met drie doelskoppe en drie strafskoppe.
Gardens B het 36-3 gewen. |
 |
Albions manne nog onkeerbaar |
|
|
 |
'n KOMBINASIE van baie spoed in die agterlyn en 'n harde, gehegte pak voorspelers het Saterdag vir Albions hul agste agtereenvolgende oorwinning gegee.
Scottsdene United was dié keer aan die ontvangkant van die 33-19 loesing.
Ashley Raubenheimer (skrumskakel) het vroeg met 'n skepdoel geslaag om Albions se laat voorloop.
Aangevuur hierdeur druk die Paarliete nog vier drieë en slaag met 'n verder doel- en strafskop om die rustydtelling op 28-7 te staan te bring.
In die tweede helfte het 'n ligte reënbui en die wind van voor sake vir Albions moeiliker gemaak, maar hulle hou tog goed.
Johan van Rooi en kaptein Roderick Allies het goeie besit in die lynstane verseker.
Ju-Wayne Cyster (2), Jenonvan Cornelissen, Fuad February asook 'n strafdrie het Albions se drieë gedruk. Alvin Hugo (2) en Raubenheimer het met doelskoppe geslaag.
Albions II het 17-8 gewen en die derde span verloor 13-5. |
 |
Boland kies sterk atlete |
|
|
 |
|
 |
DIE keurders van Boland Atletiek en Boland USSASA het 'n landloopspan van 300 atlete gekies om Boland te verteenwoordig by die Wes-Kaapse landloopbyeenkoms.
Tydens die byeenkoms wat op 26 Junie in Paarl plaasvind, sal die span teen klub- en skolespanne van die WP en SWD te staan kom.
Dié byeenkoms word jaarliks gereël ter voorbereiding vir die SA kampioenskappe en die SA Skolekampioenskappe wat onderskeidelik op 11 September in Bloemfontein en 25 September in Oos-Londen plaasvind.
Volgens Richard Stander, uitvoerende hoof van Boland Atletiek, is 'n groot span gekies om soveel moontlik atlete kans te gee om vir die SA byeenkomste te kwalifiseer.
"Die Boland Atletiekraad het opdrag gegee dat, soos in die geval met die SA Baan- en Veldkampioenskappe vroeër, slegs atlete wat op die nasionale vlak onder die top 10 atlete kan eindig in die Boland landloopspan opgeneem moet word.
"Atlete moet dus hierdie geleentheid benut om hul posisie in die span na die SA kampioenskappe te verseker," het Stander gesê.
Die byeenkoms sal om 10:30 begin.
Plaaslike atlete wat in die span is, is: (Vroue) 9jr Zelmia Davids (Klap), 10jr Alicia Cornelius, Emmerencia van Kerwel (albei Klap), Llaudia Makwena (St Alb), 11jr Corrin Watts (Amstel), 12jr Nataniel Blom (St Alb), 13jr Bianca Davids (Klap), Nadia Arries (CH), Berence Toekoe (St Alb), Charmaine Diedericks (G/dal), 14jr Marchalay Fortuin (G/dal), 15jr Millicent Koopman (KN), Patti-Jo Davids (CH), 16jr Elbe van Niekerk (LaR), Eloise (G/berg), Karin Vlok, Leanne Blakenberg (albei WT), Imke Kriel (LaR), Charlene Jantjies (NO), 17jr Joshlin Jeffries (G/dal), 19jr Candice Diedericks, Christolene Quantiney (G/dal), snr 4km Leorine de Wet, Loudeau van As, Else Meyer, Lisa Beyers (almal KTWK), vet 35-39jr Mariane Muler (Prl). (Mans) 9jr Hyron Andrews (PJ), Milaan Didloff (PZ), Alfonzo Fransman, Kevin Jacobs (St Alb), 10jr Sean Thomas (Wag/val), Jean-Pierre Windvogel (St Alb), 12jr Joshwin Klazen (Klap), 13jr Anthonio May (Dalw), Denzil Williams (Wag/val), Vinho Daniels (Klap), 14jr Marcelino Davids, Clifton Jantjies (G/berg), Neville Sauls (WT), 15jr Charton September, Mervin Louw (BR), Elwayne Jonathan (WT), 16jr Dewayne Mouiries (G/berg), Cheslin Dawids (CH), Henrico Rooi (NO), 17jr Jacques Pietersen, Norman Smit (BR), Jannie Johnson, Georgie Jacobs (WT), 19jr Nathan Beukes (KN), Lenton Kalase (NO), Adrian Julies (PJ), Godwill Blou, O'Neil Muller (WT), snr 4km Marius Hendriks (Well), Christo Bosman (WT), Solomon Ross (Prl), snr 12km Johannes Adendorff (KTWK), Donovan Williams (Well), jnr vet Arrie Koopman (Well), vet 40-44jr John Small (Well), 50-54jr Frans Kotze (Prl), 55-59jr Johan Muller (KTWK), 60-69jr Faffa Joubert (Prl). |
 |
|
 |
Paarl klop Strand |
|
|
 |
DIE eerste span van Paarl Rugbyklub het Saterdag op Faurestraat Stadion 17-10 met die voorlopers van die eerste liga, Strand United, afgereken.
Die tuisspan het met skitterende voorspelerspel die besoekers tot oorgawe gedwing en so waardevolle ligapunte ingesamel.
Paarl se agterspelers het die goeie werk van die voorspelers goed afgerond.
Hoewel Strand in die tweede helfte teruggekom het, met goeie dryfbewegings het die Paarliete se verdedigingslyne goed gehou.
Morné Kitshoff, Zach Jackson en Phillip van Staden het Paarl se drieë gedruk en Jacques Hendricks was in die kol met 'n doelskop.
Van Staden is as die speler van die wedstryd aangewys. Paarl II en III het albei 16-10 en 34-7 gewen. |
 |
Peoples skop vas teen Elsies |
|
|
 |
|
 |
DIE Tiere van Young Peoples het Saterdag 'n goeie wegsege behaal toe hulle vir Elsiesrivier naelskraap 7-5 geklop het.
Die wedstryd is in sopnat en winderige omstandighede gespeel wat enige konstruktiewe rugby onmoontlik gemaak het.
'n Drie vroeg in die wedstryd het woema in die tuisspan se bene gesit en die besoekers moes verwoed keer om Elsies uit hul doelgebied te hou.
Die Maroentruie het egter die druk goed verwerk en later self die tuisspan laat bontstaan op die verdediging. Peoples se voorspelers het in die tweede helfte oorheers en met 'n tipiese stormlopie, het haker, Cedric Williams, die wendrie gedruk. Losskakel Davey de Kock het verdoel.
Peoples II het met hul 39-17 sege die eerste ronde ligabeker verseker. Die span se afrigter, Jacques Heyns, sê die span speel tans kookwater-rugby, maar hulle besef dat hulle nie op hul louere kan rus as hulle die WP ligakampioene wil word nie.
Peoples III het die driekuns voltooi deur ook 17-10 te wen. Peoples speel Saterdag weg teen Primrose. Die bus vertrek om 11:00. |
|
|
 |
|
|
|