|
Paarlvallei Botteleringsmaatskappy het vakatures vir die volgende poste by sy aanleg in Wellington.
AANKOPER
Die sleutelprestasie-areas van die pos sluit onder andere die volgende in:
- Onderhandelinge met verskaffers en finalisering van kontrakte - Aankope van verpakkingsmateriale en ander wynverwante produkte - Opstel van standaarde, verslae en rapporte - Verantwoordelik vir die doeltreffende funksionering van die kwaliteitsbestuurstelsel in die afdeling (ISO 9002) - Skakeling met ander departemente en kliënte
Om vir die pos in aanmerking te kom moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
- Ten minste 5 jaar ervaring van aankope in vinnig bewegende verbruikersgoedere
- Ten minste graad 12 met syfervakke - Bogemiddelde rekenaarvaardighede - Baie goed verbaal en skriftelik kan kommunikeer - Goed in spanverband kan saamwerk - Onder druk kan werk.
KREDITEURE KLERK
Die sleutelprestasie-areas van die pos sluit onder andere die volgende in:
1. Administrasie van krediteure
- Paring van fakture met bestellings, afleweringsnotas en kredietnotas - Prosessering/bywerking van fakture in EZY Winery Sisteem - Rekonsilieer kliëntestaat met krediteure kontrole- rekeninge - Voorbereiding van betalingsadviese - Laai betalings vir elektroniese oorbetaling - Opvolg van rekening-navrae
2. Prosessering van tjekbetalings
Om vir die pos in aanmerking te kom, moet die aansoeker aan die volgende vereistes voldoen:
- Ten minste drie jaar ervaring as krediteure klerk in vinnig-bewegende verbruikersgoedere - Ten minste graad 12 - Rekenaarvaardig - Goeie kommunikasievaardighede - Akkuraatheid
Die volgende sal beide die aansoeke verder ondersteun:
- Kennis en ondervinding in die wynbedryf - Kennis van EZYs Wine rekenaarstelsel - 'n Erkende naskoolse kwalifikasie wat die rigting ondersteun.
Beide poste sal aan die Finansiële Bestuurder rapporteer.
Indien u aan bogenoemde voldoen sal ons baie graag van u wil hoor.
Faks u aansoek na (021) 864-2862 vir aandag die Menslike Hulpbronne Bestuurder.
Die sluitingsdatum vir beide poste is 18 Junie 2004. |