|
|
 |
Letters - Briewe |
 |
Die Kraal kan nie teruggebring word nie |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
HOE is dit dan met ons arme ou mensdom. Hulle wil net nie verstaan en glo dat dinge verander nie. Die tyd stap aan en dinge kan nie vir ewig bly soos dit nou is nie.
Ek verwys nou na die bohaai oor die Kraal (ou sportgronde) - waarom nou die geraas en geskel oor 'n stukkie ou grond? Dink diegene nou werklik dat die Kraal weer terug kan keer soos in die ou dae?
Nee, skrik wakker, dis onmoontlik! Die Kraal was, is nie meer nie en sal ook nooit weer die Kraal wees nie. Sy dae is getel en hy het sy tyd gehad.
Laat liewer toe dat die Munisipaliteit die grond verkoop sodat daar werkskepping kan kom - anders gaan die bergies die grond inpalm soos wat agter "Allan se Bar" gebeur. Wil julle dit liewer sien?
Die mense plak net waar hulle wil en as hulle eers daar is, dan kan jy hulle nie verwyder alvorens jy hulle van ander blyplek voorsien nie.
Nee wat, die hele wêreld verander - die mens was al op die maan, daar is TV, telefone, mikrogolfoonde en nou ook selfone.
Hoe kan mens nou nog verwag die goeie ou Kraal moet weer terugkeer?
Dié wat so raas en skel laat my sommer dink aan daai ou verkrampte ou tannies wat al die jare nog net met Omo wasgoed was - hulle weier volstrek om 'n ander produk wat beter en selfs goedkoper is, te gebruik.
Of die ou ooms wat net Kloof koffie drink en nie eens weet van al die ander lekker koffies wat daar is nie.
Nee wat, ou maat, los jou verkramptheid en verander. Die lewe gaan jou agterlaat.
N Hartneck |
 |
|
 |
Drakenstein se finansies g'n so sleg nie |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
EK verwys na die brief van DA raadslid Deetlefs du Toit van 3 Julie oor munisipale finansies, wat getuig van onsensitiwiteit teenoor die armstes van die armes.
Hierdie gemeenskappe word geteister deur hoë vlakke van werkloosheid en verstikkende armoede.
Twee verskillende aangeleenthede (skuldinvordering en gratis elektrisiteit) is verkeerdelik inmekaar geweef om 'n wanpersepsie te skep.
Om te verseker dat 'n meer gebalanseerde skuldinvorderingsmeganisme verkry word, en nog steeds te verseker dat die omstandighede van die behoeftiges leefbaar gemaak word, is afgewyk van die 80/20 formule (waar 80% van koopkragbetalings aangewend is om skuld te delg).
Daar is dus besluit op die 50/50 beginsel van skulddelging (50% van koopkragaankope word aangewend vir agterstallige skuld) juis om te verseker dat skulde gedelg word, terwyl ook gehoor gegee is aan die wekroepe van die armes in die gemeenskap.
In werklikheid het die skuld-delgingspatroon verbeter en is ons stadig maar seker besig om vordering te maak in hierdie verband.
Met duidelike begrip van die moeilike omstandighede waarin arm gemeenskappe leef, het die Sentrale Regering riglyne neergelê om armoede te verlig.
Hiervolgens het die plaaslike owerheide'n addisionele ses kiloliter gratis water tot elke huishouding toegevoeg en word 'n ekstra gratis 25 elektriese eenhede (KwH) aan elke huishouding verskaf.
As 'n verdere armoede-verligtingsinisiatief is alle eienaars van wooneenhede met 'n waarde van tot R50 000 nou vrygestel van eiendomsbelasting.
Hierdie inisiatiewe sal beslis bydra tot die skuldverligting van veral die behoeftige mense in ons gemeenskap. Dit verteenwoordig 'n bedrag van R12 miljoen in die 2004 boekjaar.
Gevolglik sal die skuldlas van die Drakenstein Munisipaliteit hopelik dienooreenkomstig verminder.
Anders as in die verlede waar wanbetalers summier aan prokureurs oorhandig is, het die interne kredietbeheerafdeling van die Raad die skuldinvordering geïmplementeer en wesenlike vordering is gemaak
Gevolglik beloop die gemiddelde invordering oor 'n tydperk van sewe maande 99,8%.
Debiteureskulde op 30 Junie vanjaar het R114 miljoen beloop teenoor R104 miljoen op 30 Junie 2002, wat 'n toename van 9,9% beteken.
Die gemiddelde tariefverhogings vanjaar beloop wel slegs 9,9% teenoor 11% op 1 Julie verlede jaar.
Die voorsiening vir slegte skulde van R15 miljoen vir die 2003/2004 boekjaar (R10 miljoen 2002/2003) behoort meer as voldoende te wees, aangesien effektiewe, interne invorderingsmetodes voort sal gaan.
Die R22 miljoen oordrag vanaf opgehoopte reserwes is uiters noodsaaklik, aangesien dit reeds in die 2002 boekjaar moes geskied het.
Beide die Ouditeur-Generaal en die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika het die Raad daarop gewys dat die R27 miljoen voorsiening vir slegte skulde vir 2002 onvoldoende was, aangesien die uitstaande skulde, ouer as 90 dae, reeds R51,7 miljoen beloop het.
Ten opsigte van die kontantposisie van die Munisipaliteit is dit verblydend om te meld dat R71 miljoen op 30 Junie vanjaar in kontantreserwes gehou is teenoor die R56,6 miljoen op 30 Junie 2002.
Dit toon 'n wesenlike verbetering gegewe die feit dat geen nuwe lenings aangegaan is in die 2003 boekjaar nie ('n leningsbedrag van R29,1 miljoen is vir die 2002 boekjaar aangegaan, terwyl die Demokratiese Alliansie aan bewind was).
Anders as wat Raadslid Du Toit beweer, is die huidige finansiële posisie van die Drakenstein Munisipaliteit gesond.
Uitvoerende Raadslid
Arthob Petersen (ANC) |
 |
|
 |
Agentskap bedrieg |
|
|
 |
EK wil graag kommentaar lewer op die brief "Hoekom glo Paarliete die hele bedrogspul oor Alaska?" van 3 Julie. Ek het ook aansoek gedoen vir vispakwerk in Alaska, maar nie deur "die vrou" waarna die skrywer verwys nie. Ek het die agentskap Unique Jobs in Pretoria, wat die advertensie geplaas het, direk gekontak.
Ek moes ook R440 in bogenoemde agentskap se rekening plaas, waarna ek ná talle oproepe na Pretoria eers twee maande nadat ek die geld inbetaal het, 'n boekie met my aansoekvorms daarin ontvang het. Na sewe maande en R4 000 se telefoonoproepe, fakse en e-posse is ek nog steeds sonder werk.
H van Pniel |
 |
Wees Rastas goedgesind |
|
|
 |
DIE Rastafari Nyahbinghi House of Paarl wil beswaar maak teen die brief waarin berig is dat die Rastafariërs 'n Jeugdagprogram op 16 Junie te Huguenot Gemeenskapsaal aangebied het.
Die Rastafariërs het nie die funksie aangebied nie, maar het wel by hierdie spesiale funksie opgedaag in sy verskeidenheid as eenvoudige feesgangers.
Daar is melding gemaak van bemorsing en rommelverstrooiing, iets wat geen normale mens kan goedpraat nie. Ons vind dit hoogs onaanvaarbaar dat kritiek gelewer word wat Rastafariërs as 'n groep etiketteer. Dit is duidelik dat die skrywer nie goedgesind is teenoor Rastas nie.
Lorren Ricketts |
 |
Polisie moet mos onwettiges eerste pak |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
ONGELUKKIG sukkel die magte in ons land wat die wet moet handhaaf, met wette wat nie by die misdaad pas nie.
Jy is saam met die misdadiger in die kryt. Sy hande is los, joune is agter jou rug vasgemaak as gevolg van wette.
Lasbriewe raak weg of kom voor jou by die misdadiger se huis aan.
Daarom wil ek reageer op kapt Waterhouse van die polisie se reaksie op die brief van "Ontevrede wapeneienaar" (3 Julie).
In die eerste plek is ek bly dat die polisie die groot aantal onwettige vuurwapens in sirkulasie erken en die gepaardgaande bedreiging wat dit inhou vir die hele gemeenskap.
Operasie "Sethunya" word toe geloods om onwettige vuurwapens in sirkulasie aan te spreek.
As 'n pyp lek, begin jy reg in die begin by die dam waarvandaar die water kom, of hoe?
Volgens kaptein Waterhouse is die "eerste fase" die wettige eienaar. Is dit waar dat die polisie nie 'n lasbrief nodig het om my kluis te inspekteer nie? Ek stem nie saam nie.
Na ongeveer agt jaar van misdaadvoorkomingsaksie saam met SAPD, gaan 'n polisieman nie in my huis sonder 'n lasbrief kom nie.
Selfs die misdadiger moet gewaarsku word met 'n lasbrief, teen 'n elektriese heining, teen 'n kwaai hond, teen wagte, teen 'n stukkende ruit wat hom mag sny as hy inbreek.
Ek wonder wanneer sal die tweede fase (om onwettige vuurwapens te teiken) sal begin - eendag wanneer die eerste fase (nagaan van wettige vuurwapens) verby is? Teen 'n tempo van ongeveer 90 moorde elke dag in ons land - gaan daar nog mense oor wees?
Padblokkades wat nie inligtinggedrewe is nie, beteken niks. Inligting het ook die vermoë om na die verkeerde kant vinniger te beweeg as die optrede.
Kordonne met die verrassingselement aan jou kant werk goed.
Ek wil aan kapt Waterhouse sê: Die eerste fase is om die misdadiger uit die SAPD te verwyder en dan te begin by die tweede fase (onwettige wapens). Die laaste fase behoort die wettige eienaar te wees.
GR Malherbe |
 |
|
 |
Motoris was sonder skaamte |
|
|
 |
|
 |
 |
|
SONDAGAAND 8 Junie net voor 7nm ry ons op die Ou Paarlpad in die rigting van die Paarl. Net na die DBV-bordjie sien ons met afgryse hoe 'n motor van voor kom, twee honde tref en wegry.
Die een hond rol saam met die wiele en is dood. Met skok hoor ons die ander hond tjank en besef dat hy nog lewe. Ons stop 'n ent verder en draai om.
Daar in die middel van die pad staan die eienaar by sy hond. Motors moet verwoed uitswaai om hom nie te tref nie.
My man klim uit en waarsku aankomende verkeer met 'n weerkaatsende driehoek om betyds uit te swenk.
Dis 'n hartverskeurende gesig. Die hond se bek is vergruis en bloed sypel daaruit. Sy is verlam.
Die erg besope eienaar weier om pad te gee en sê: "Voel daar, dit klop nog."
My man help om die hond uit die pad te kry. Toe haar baas net effens wegloop lig sy haar kop op, uiter 'n tjank en besef dat haar bene haar nie kan oplig nie.
Nou het verskeie motoriste al gestop en een het gaan hulp soek by die DBV. Ons stop by die SAPD, maar hulle mag glo nie meer honde skiet nie.
By die huis skakel ek mev Olivier (Voorsitter van die DBV) en sy onderneem om te gaan kyk. Ek is verlig toe sy later terugskakel om te laat weet dat die ander hond toe ook dood is. Hulle sal hulle albei môre begrawe.
Hulle is nou op 'n beter plek, sê sy en ek moet saamstem.
Hierdie wrede wêreld met sy gewetenlose mense sal nooit regkom nie. Aan die persoon wat weggery het wil ek net vra. Hoekom het jy nie gestop en probeer help nie?
Ek hoop nie jy het kinders in die motor gehad vir wie jy so 'n patetiese voorbeeld stel nie.
Aan mev Olivier wil ek net dankie sê. Dis 'n troos om te weet iemand gee om en probeer 'n verskil maak.
Diereliefhebber |
 |
|
 |
Justice system fails traumatised rape victims |
|
|
 |
|
 |
 |
|
I WANT to ask our courts to sentence criminals who commit rape and murder with harsh sentences, because the victims not only have to go through the trauma of rape - they are also traumatised by the court case and the way the public treats them.
As a mother of such a victim, I see the suffering, I see how her life is falling apart every day.
The fear of the trial that starts soon, the visits to the therapist, every evening when a car passes our house - I witness that fear in her eyes.
On "that day" when it happened, it tore our household apart, our self-confidence, our happiness, our lives.
To witness my child, the sunshine of my life, no longer smile, left with no self-esteem, no social life - it hurts.
How I sit sometimes and wish "please talk to me", but nothing.
There is no more bonding between me and my daughter as she has lost her trust, her dignity, even her interest in future plans for her career.
To all our friends who know - thank you for being there for us when we needed it the most.
I want to thank her friends, some from far away, for the phone calls, the cards of good wishes for the trial - I know it helps a lot to know you are there and thinking of her.
To those special ones in her life, who saw her and assisted her "that day", without you I don't know what I would have done.
To the "accused rapist" - I wish you well, your family and your friends, as you need support too.
But deep down in my heart I wish for you to answer just these questions: Why did you do it? Will you ever know my pain, her pain? Will you ever know what trauma we went through? I am able to forgive, but forget - never.
To all those who still point fingers at the victim, I hope this letter will make you look differently at victims, because nothing justifies rape.
It could have been one of your loved ones. Please keep them safe, for something like rape is not their fault.
Even if you stand naked in front of a rapist - it's not your fault.
Keep it up, courts and judges - I know God will let justice prevail.
Traumatised mother |
 |
|
 |
Irresponsible parents |
|
|
 |
I AM absolutely appalled at the irresponsibility of some of our parents here in Paarl.
Certain stop streets outside schools are put in place for very good reasons.
It amazes me that parents can drop their children off at school and not stop where other children are trying to cross the street.
Do we not teach our children to cross at stop streets and pedestrian crossings? After all, this is where it is meant to be safe to cross.
Why bother? To those who do not stop, think on this. What would your response be the day your child gets run over because someone else failed to stop?
Very concerned parent |
 |
Wat word van ons tieners? |
|
|
 |
 |
|
WAT word van ons jeug en tieners?
Jy kan nie eers meer by jou voordeur uitkyk of uitstap nie, dan word daar vir jou geskree "Wat kyk jy?".
"'n Jong lat, wat gesuip was, skree sulke woorde in my eie woonbuurt (Noorder-Paarl) waar hy ook bly.
Toe ek hom konfronteer toe staan ta met 'n kolf in sy hande. Indien ek hom 'n dragslae sou gee, wat sou dan met my gebeur het? Weet sy ouers van sy gedrag? Nee. Dit is dinge wat kop uitsteek in ons gegoede woonbuurte.
Tieners wil met respek behandel word. Jammer ou knaap, vir jou tipe en al die ander tieners soos jy, het ek geen respek nie.
Dit is regtig jammer daar is nie meer weermagopleiding vir ouens soos jy nie, om julle reg te ruk voor julle hand-uit ruk. Ek sal baie graag jou ouers wil ontmoet.
Geskok |
 |
Tien uit tien |
|
|
 |
VRYDAGNAG 4 Julie omtrent eenuur het my buurman se seun 'n geluid gehoor van 'n vallende yster. Dit was in die omgewing van my motor wat in my erf in Tennantstraat geparkeer was.
Hy het onmiddellik sy pa geroep wat 'n kaptein in die Polisiediens is. Hulle twee het toe vinnig oor die heining gespring om ondersoek te kom instel.
Op daardie moment spring die rakkers agter die motor uit, spring oor die muur en hardloop dat die stof staan, met pa Jeff Green en sy seun Butch agterna. Hulle kan maar bly wees hulle het weggekom. My motor se inbraak is gekeer en die geld wat ek sou moes inbetaal het aan die versekering kan ek gebruik vir iets anders.
Ek wil dus vir die twee menere baie dankie sê. Dit is lekker om te weet jy het sulke waaksame bure.
Tessa |
 |
Redaksioneel: |
 |
|
|
Vakansie-opwinding |
|
|
 |
|
 |
 |
 |
 |
|
RUGBY is seker die een sportsoort wat die meeste manne se harte laat warm klop, maar vandeesweek is dit heel moontlik die ma's wat die grootste aanhangers hiervan is.
Dit is nou, bygesê, die ma's wat die o.18 Cravenweek-rugbytoernooi op Wellington kan gebruik om die kroos besig te hou in die skoolvakansie.
En met 18 spanne van regoor die land, is daar beslis genoeg opwinding om seuns van agt tot tagtig tevrede te hou.
Met 19 van ons eie, plaaslike spelers in die WP- en Bolandspanne, is daar ook genoeg talent om die meisies ook vasgenael langs die veld te hou.
Miskien is dit 'n gedagte wat ons stadsvaders verder kan ontgin: as ons elke skoolvakansie 'n sporttoernooi van dié gehalte en omvang kan aanbied, sal dit beslis bydra om ons jongmense uit die kwaad te hou.
Daar behoort, soos met die onlangse Wêreldbeker Kriekettoernooi, gereël te word dat kinders van omliggende dorpe gratis toegang tot wedstryde te kry.
Hoewel die skole gesluit is, is daar tog sportliggame wat dié reëlings kan tref en selfs byklinieke vir plaaslike geesdriftiges kan aanbied.
Die hele gemeenskap moet betrek word by sulke geleenthede, om te verseker dat die maksimum toerisme-voordeel daaruit getrek kan word. |
|
|
|
|
|
|
|