|
|
 |
Nuus - News |
 |
 |
|
|
KLEURVOL. Hierdie kinders was deel van die gekombineerde klopsegroep van Wellington wat Maandag by die opening van die Cravenweek-rugbytoernooi die 18 spanne op die veld gelei het. Die finale wedstryd word Saterdagmiddag op Boland-stadion gespeel (sien Sportblad). Foto: Leon Steenkamp |
|
|
|
|
Glyjakkals vasgetrap |
 |
 |
 |
|
Malané Bosman |
|
|
|
 |
|
|
|
 |
GASVRY is die Vallei wel, maar glyjakkalse word sommer gou uitgesnuffel in gastehuise en deur die Wellingtonse toerismeburo.
Dit moes 'n sogenaamde "Australiese dokter" tot sy verdriet uitvind toe hy uit 'n gastehuis in die Paarl geglip het en boonop by die toerismeburo in Wellington gaan aanklop het.
Ene dr T Fila van Bondi Beach, Australië, het by Zomerlust Gastehuis in die Paarl aangekom sonder bagasie, geld of paspoort nadat sy besittings "gesteel" sou wees.
Omdat hy so moeg was na dié ontberinge, vertel eienaar Ina Botha, het die personeel die volgende oggend glad saggies op die houtvloere gestap om hom nie te steur nie.
Maar by ontvangs het Inge Kemp onraad vermoed en begin navraag doen by die reisagentskap en lugredery wat "dr Fila" sou gebruik het.
Vier dae lank het die dokter met die Australiese aksent, wat in Suid-Afrika was om "landwyd lesings" te gee, by Zomerlust geslaap, geëet en vir meer as R1000 drank geniet.
Dit was toe die polisie Vrydag verlede week opdaag, dat die dokter verdwyn het sonder om te betaal.
Ina het dadelik die Paarl Toerismekantoor geskakel, maar toe daag die man drie uur later by die Wellington Toerismekantoor op.
Daar het die kantoorhoof, Melinda van der Merwe, snuf in die neus gekry. Dis immers die derde glyjakkals wat die afgelope tyd deur die Wellingtonse toerismeburo aan die kaak gestel word!
Hulle het hul kollegas in die Paarl geskakel, en verneem dat so 'n man gesoek word deur die polisie.
Maar toe was die blonde, vriendelike dr Smithers wat op gebrekkige Afrikaans "goeie môre" en "baie dankie" kan sê, reeds bespreek by 'n gastehuis aan die Perdeskoen.
Hy het egter net lank genoeg in die kamer vertoef om al die beskuit wat die gasvrou daar gelaat het, op te eet, voordat hy weer die pad dorp toe aangedurf het.
Melinda se seun het die man die aand opgemerk toe hy by 'n kuierplek op die dorp aandoen, sy ma geskakel, en binne minute was die polisie voor die deur.
Terence Fullard (45) van Claremont het hierdie weein die Paarlse landdroshof verskyn. Hy word ook op soortgelyke klagtes in die Skiereiland gesoek.
* A bilker who conned a local guesthouse has been arrested. |
 |
|
 |
Enjoy Bastille Festival |
|
|
 |
|
 |
 |
|
ON Saturday and Sunday Franschhoek will once again hold its annual Bastille Festival to commemorate and celebrate the Huguenot Heritage and French connections of this remarkable village.
It is also the time of the year when Franschhoek celebrates its chefs and the winemakers of the Valley who have helped to establish the Village as the Gourmet Capital of South Africa.
Along with the Food and Wine Fair, there will be food demonstrations by a succession of Franschhoek chefs including Eat Out magazine's Best National and Best Country chef who will entertain you with fun recipes.
In the Town Hall there will be an exhibition of children's art based on the theme Elephants.
The Food and Wine Marquee, sponsored by the Vignerons, will be located behind the Town Hall. Here you can taste the gourmet delights prepared by many of the award winning restaurants of the Valley and sip some of the best wines of the smallest and most exciting Wine Route which can be bought by the bottle at winery prices.
The shops and galleries will be decorated in blue, white and red with arts and crafts stalls stretching along the Huguenot Road where street buskers and various acts will all add to the festive atmosphere.
The Cape Town Concert Brass, The Twilight Sounds Minstrels and Le Fromagerie jazz band will perform at various times during both days to add to the atmosphere.
* The Huguenot Museum presents an exhibition on "Freedom of Religion".
* Fly fishing with tagged trout and big prizes will be up for grabs throughout the week at a number of venues around the Valley. The Dewdale info tent will be found on the lawns of the Town Hall (contact Krijn at 876-2755).
* The game of boule will be played at the DR church grounds on Saturday and Sunday, with the tournament final at the Bourdeaux Street Gallery (contact David Brass on 876-2577).
For more information contact the Franschhoek Information Bureau at tel 876-3603 or send email toinfo@franschhoek.org.za or visit www.bastillefestival.org.za. |
 |
|
|
|
 |
Verkragter gesoek |
|
|
 |
|
 |
 |
|
DIE soektog duur voort na die aanvaller van Anne van Zyl (55), die skoolhoof wat twee weke in haar woning in Franschhoek oorval en ernstig beseer is.
In 'n dapper stap het die hoof van Bridge House privaatskool in Groot Drakenstein besluit om bekend te maak dat sy deur die inbreker verkrag is.
Sy meen: "My leerders moet weet dat hierdie dinge gebeur. Net deur die aaklige realiteit te erken, het kinders 'n kans op 'n toekoms sonder geweld."
Van Zyl is verras nadat die inbreker deur 'n badkamervenster gebars het. Sy is herhaaldelik met 'n mes gesteek, gewurg en verkrag.
Sy het ontsnap en by bure om hulp aangeklop.
As verkragtingslagoffer is sy na die distriksgeneesheer geneem, en het sy anti-retrovirale middels teen moontlike Vigsopdoening begin neem.
'n Operasie is hierdie week op haar hand gedoen om die meswonde te herstel, voordat Van Zyl na Frankryk gevlieg het waar sy aan 'n onderwyskongres deelneem.
Van Zyl het die begin van vanjaar die hoofskap van die skool oorgeneem.
Speur-inspekteurs Lucas Lourens en Lood Muller glo hulle is op die spoor van die aanvaller.
* Die tergende moord vroeër vanjaar van die oud-burgemeester Jan Roux van Franschhoek, word nou ook deur Paarl speur-insp Lourens ondersoek.
Die Roux familie het 'n beloning van R30 000 uitgeloof vir inligting wat sal lei tot 'n suksesvolle inhegtenisname.
Jan Roux is in Februarie in die badkamer van sy herehuis in Akademiestraat dood aangetref.
* Police are leaving no stone unturned in the quest to find a Franschhoek rapist. |
 |
|
 |
Aanval op seuns |
|
|
 |
TWEE jong seuns is Donderdag verlede week helder oordag in die Paarlse middedorp met messe aangeval en van kontant en 'n selfoon beroof.
Die 14-jarige seuns was om 13:30 van een van hul ouers se spreekkamers in Kasteelstraat onderweg toe drie aanvallers - tussen 16 en 20 jaar oud - hulle op die sypaadjie buite Kasteelhof woonstelle voorgekeer het.
'n Aanvaller het 'n mes teen die een seun se keel gedruk en hom van sy selfoon en geld beroof.
Toe die ander seun hom teësit, is hy met 'n mes in die arm gesteek. Die mes het geglip en hom in die sy gewond. 'n Tweede messteek het hom weer in die arm getref voordat 'n verbyganger hom te hulp gesnel het.
Die aanvallers het in die rigting van Bredastraat weggehardloop.Paarl speur-insp Lizl Burden (807-4000) ondersoek die voorval.
Die afgelope twee weke was daar verskeie roof-aanvalle op jong kinders in diue middedorp. |
 |
Bendelede gevonnis |
|
|
 |
 |
|
DRIE bendelede is verlede week in die Paarl landdroshof gevonnis vir gewapende roof in Chicago.
Gerhard Timotheus (20), Donovan Africa (33) en Bernard Adams (24), almal van Gemsbokwoonstel C2, sal effektief drie jaar agter tralies wees.
Die mans het Maandag 17 Februarie vanjaar om 20:15 'n voetganger naby Orleanspark in Van der Stelstraat met vuurwapens aangehou en van sy selfoon beroof.
In 'n ander hofsaak in die Paarl landdroshof verlede week, is 'n bendelid wat sy vriendin aangerand het, ook tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis.
Christo Filander (33) van Springbokstraat 34 het sy vriendin met 'n matsnyer aangeval in die straat by die woning wat hulle gedeel het.
Volgens landdros Gregory Jacobs is die beskuldigdes gewoontemisdadigers.
Sou hulle in die streekhof verskyn het, kon hulle vonnisse tot so hoog as 15 jaar gevangenisstraf elk gewees het, het die landdros gesê.
Die sake is ondersoek deur Paarl-Oos speur-insp Steven Reid. |
 |
Dominee se kluis terug |
|
|
 |
 |
|
DIE kluis wat verlede week uit die NG Kerk pastorie in Agter-Paarl gesteel is, is deur polisiebeamptes onder die grond uitgegrawe.
Inligting deur die publiek het die polisie op die spoor gesit van vier mans wat moontlik by verskeie inbrake op plase in die Slot van die Paarl omgewing betrokke was.
Franklin en John Esau en Willem Lewies is op plase in Klein Drakenstein aangekeer nadat klere wat moontlik uit die pastorie kom, in hul besit gevind is.
'n Faksmasjien, televisiestelle, rekenaars en 'n kassetspeler is nog soek nadat inbrekers Donderdagnag by 'n badkamervenster van die pastorie ingebreek het.
Die gesteelde kluis is agter die Agter-Paarl Store, skaars 100m van die pastorie, ontdek. 'n Werker daar, Patrick Rajana, is by sy woning in Mbekweni aangehou vir ondervraging.
Volgens ds Rudolf Maree was daar geen vuurwapens in die kluis nie, dié het hy in veiliger bewaring gelaat voordat hy met vakansie vertrek het. |
 |
Inbraak by speurdiens opgelos |
|
|
 |
|
 |
'n INBRAAK by die Wellingtonse speurderskantore in Junie verlede jaar was net dit - 'n gewone inbraak.
'n Hawelose man, Reasons Kabonie (45), het die nag deur 'n skuifraamvenster toegang tot die kantore verkry en sakrekenaars en twee verwarmers gesteel.
Kabonie is deur middel van vingerafdrukke met die inbraak verbind.
Hy het ook kort ná die inbraak op Wellington by die speurderskantore in die Strand ingebreek, waar hy aangekeer is.
Volgens 'n psigiatriese verslag is Kabonie "ontoerekeningsvatbaar" om verhoor te word as gevolg van die kliniese diagnose "mania."
Tydens ondervraging van die verdagte het hy aangevoer dat hy slaapplek gesoek het.
Kabonie word ook gesoek in Kaapstad, Bellville, Kemptonpark en Krugersdorp vir klagtes van diefstal en betreding.
Kapt John Adams, Wellington speurtakbevelvoerder, het hierdie week "onomwonde" gestel dat daar, anders as wat destyds geïnsinueer is, "geen polisiebetrokkenheid of korrupsie by die speurderskantore was nie en dat die voorval 'n gewone inbraak" was. |
 |
|
|
|
 |
Mense geskiet, beseer |
|
|
 |
|
 |
 |
|
'n JONG man van Bordeaux-plaas op Franschhoek, Kobus Groenewald (29), is verlede Maandag in 'n Franschhoekse dokter se spreekkamer in die sy geskiet.
Hy is per ambulans na Paarl Medi-Clinic vervoer.
In nog twee afsonderlike gevalle is mans by Mbekweni gewond.
Cupido Mdingi (43) van V-Blok 32 is in die regterbeen geskiet tydens 'n stryery en Patrick Ludwe van New Rest 75 is in die linkerbeen gewond. Albei is in die Paarl Hospitaal behandel.
Maandag het Dawid Pietersen (34) hoofbeserings opgedoen, nadat hy om 07:55 van sy fiets gestamp is op die hoek van Pentz- en Hoofstraat in Wellington.
Will Visagie (3) van Commissionerstraat 6A het 'n geringe borsbesering opgedoen toe hy 19:15 voor 'n aankomende voertuig in Hoofstraat beland het. Hy is in Paarl Medi-Clinic behandel.
Saterdag het Roseline Kamfer (4) van De Hoop plaas op die Wemmershoekpad ook voor 'n voertuig by E De Waal Skool beland. Sy het beenbeserings opgedoen.
Alistair Harding (11) van Michellestraat 5 in Klein Parys, Paarl, was Sondag die passasier in 'n bakkie wat gerol het naby sy woning. Hy is met 'n rugbesering in Paarl Hospitaal opgeneem. |
 |
|
|
Rowers 'galant' weens gebed |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
ONGELUK ry 'n mens in reekse, en ook rowers kan deur gebed in galante here gebid word.
Dit is die lewensles wat Paarliete Jannie en Esther Smith geleer het, toe hulle na vele terugslae verlede week ook nog deur gewapende rowers aangehou is.
Die ongeluk het die Smiths begin ry kort na hul troue in April.
Terwyl hulle op wittebrood was, het hul twee vrieskaste besluit "om krag te spaar" en ná die drie weke was die inhoud vrot.
'n Nuwe vrieskas was skaars volgepak toe laat 'n fabrieksfout dit ontvries.
"Het jy al honde gesien wat smeek om 'n slaggie pille te vreet?," spot Smith oor al die vleis wat hondekos geword het.
Daarna het die skottelgoedwasmasjien met 'n lek die gees gegee.
En om alles te kroon ry 'n vrou met 'n Mercedes-Benz vir Esther se metaalgroen Toyota Tazz 'n skraap van voor tot agter.
"Ek het getroos," vertel Jannie. "Die Here is aan ons kant."
Verlede naweek is die Smiths toe in hul nuutgemaakte motor Kaap toe om van hul laaste trougeld 'n musieksentrum en 'n olieverwarmer te koop.
Vyf minute voor toemaaktyd het die egpaar by 'n winkel in Milnerton opgedaag om skoonmaakgoed aan te koop.
"Ons was so bly ons was nog betyds, maar ons was skaars binne of vier mans, almal met vuurwapens, sê die deure moet toe en ons moet ons beursies oorhandig."
Selfs toe die vuurwapens oorgehaal word, het Esther nog gevra of hulle moeilikheid het in die winkel, min wetende dat die mans rowers is.
"Die mans het haar uitgelos, maar my beursie met dokumente, kaarte en kontant gevat.
"Hulle was op hul senuwees. Hulle vingers kon enige tyd gly, maar nie een skoot is geskiet nie. Hulle wou ons sleutels hê en is weg met Esther se motor."
Toe die Smiths saam met 'n polisiebeampte na 'n kantoortjie in die winkel stap, het die ongeluk weer toegeslaan. Jannie het op 'n nuutgeverfde vloer gegly en sy knie so erg beseer dat hy hospitaalbehandeling moes kry.
"Terug by die huis het ons gebid - vir die rowers, en dat ons ons kar kan terugkry.
"Daardie selfde aand het die speurders gebel. Ons motor is twee strate van Woodstock se polisiestasie gelaat, silwerskoon, die sleutel daar, die biltong en my knipmes, die uittrekradio nog veilig, en ons aankope onaangeraak, behalwe die verwarmer wat op die agterste sitplek was.
"Die Here was daar. Hy het ons en die ander mense in die plek bewaar en hy het van die rowers here gemaak," sê Jannie.
* A Paarl couple believe their prayers ensured their safety during a robbery. |
 |
|
|
|
 |
Seun dalk betrokke by ma se moord |
|
|
 |
|
 |
 |
|
'n TIENERSEUN is aangekla van betrokkenheid by die moord vroeër vanjaar op sy ma, die bekende haarkapper Lorna Januarie van Paarl-Oos.
Die moord in die haarsalon in Klein Drakensteinweg het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur en spekulasie oor die moontlike moordenaar het wyd geloop. Darrian (19) het die nag in April voordat sy moeder met dagbreek in die salon geskiet is, nie by die huis geslaap nie.
Sy pa, Colin Januarie, is die oggend deur die moordenaar in die onderbeen geskiet en is aangesê om in die egpaar se slaapkamer aangrensend aan die salon, te bly.
Die man het Lorna tot in die salon laat stap, voordat sy doodgeskiet is. Haar grootmaakbaba wat sy in haar arms gehad het, was ongedeerd.
Die moordenaar het met kontant en 'n selfoon uit die gebou gevlug, in 'n motor geklim en weggery.
Volgens ooggetuies het 'n jong man op die stoep van die salon gestaan tot kort voordat die skoot geklap het. Hy het toe in Hermitagestraat verdwyn, dieselfde straat waarin die motor gedraai het.
Darrian het in Junie in die Paarl landdroshof verskyn op 'n aanklag dat hy sy pa se vuurwapen gesteel het.
Hy is gevonnis tot R500 boete of vyf maande gevangenisstraf en vir die besit van ammunisie tot 18 maande, opgeskort vir vyf jaar.
Hy verskyn vandag in die landdroshof op aanklag van die gewapende roof en moord op sy moeder. Die ondersoekbeampte is insp Graham Adams.
* A Paarl teenager has been charged with the murder of his mother. |
 |
|
 |
Meisie verwurg |
|
|
 |
Die HALFNAAKTE lyk van 'n meisie, vermoedelik jonger as 15, is gisteroggend in die veld naby Huis Samuel, koshuis van Hugenote Kollege op Wellington, ontdek.
Ds André du Toit, dosent by die Kollege, het om 09:00 die gruvonds gedoen terwyl hy in die rigting van die Kromrivier gesoek het na leidrade nadat sy skootrekenaar die vorige nag by Clairvaux, sy woning op die perseel, gesteel is.
Die eerste aanduidings is dat die meisie Dinsdagnag verwurg is en op haar maag in die grasveld gelaat is. Sy was geklee in 'n rooi trui.
Wellington speur-insp Karl Rossouw (873-1141) is die ondersoekbeampte. |
|